Die besluit sal die voorleggings van persone op wie dit direkte gevolge het in ag neem, asook voorleggings van ander belanghebbendes.
Reitz het vroeër vanjaar 'n storm ontketen toe 'n studentevideo wat deur voormalige inwoners gemaak is, deur die media vertoon is.
Die video het veral die spot gedryf met die universiteit se koshuisintegrasiebeleid en het skoonmaaksters in die koshuis 'n ontgroeningsritueel laat ondergaan.
