ANC-bewind moet beëindig word

Die Vryheidsfront Plus het gisteraand reeds afgeskop met sy veldtog in aanloop tot die algemene verkiesing aanstaande jaar met ‘n vergadering by die Jan Krielskool op Kuilsrivier.

Dr. Corné Mulder, hoofsweep en provinsiale leier van die VF Plus in die Wes-Kaap en mnr. André Fourie, raadslid en onderleier in die provinsie, het die vergadering toegespreek waarna ‘n nuwe tak vir die Oostenberg-subraad gestig is.

Mnr. Piet Batt is aangewys as voorsitter van die tak, en mnr. Jean Yslie as sekretaris.

Dr. Mulder het in sy toespraak onder meer gevra of daar ‘n toekoms vir die Afrikaner en sy kinders in Suid-Afrika is en het aktuele sake soos regstellende aksie, onregverdige tersiêre toelatingsvereistes, plaasaanvalle, die aanslag op Afrikaans en grondherverdeling bespreek.

Hy het gesê die ANC wil die land transformer tot sy denke, terwyl staatsdepartemente al minder in staat is om basiese dienste te lewer.

“Dis nie in Suid-Afrika se belang dat die ANC aan bewind bly nie. Hy het wel groot steun, behalwe in die Wes-Kaap, maar net ‘n elite groepie mense trek hieruit voordeel. Die meeste swart mense sit steeds werkloos in hul plakkershutte,” het hy gesê.

Die proporsionele kiesstelsel is ook weer verduidelik en dr. Mulder het dit duidelik gestel dat elke wegblystem van moedelose kiesers in werklikheid ‘n stem vir die ANC beteken aangesien dit sy meerderheidspersentasie verhoog.

Hy het gewys op die belangrikheid vir opposisiepartye met dieselfde doelwitte om saam te werk sonder om ‘n eie identiteit prys te gee.

“Die ANC gee homself voor as ‘n groot, demokratiese beweging, maar sy werklike toets oor demokrasie sal kom die dag as hy uiteindelik mag verloor. Ons bly optimisties, daardie dag kom. Ek sal nooit aanvaar ons het in 1652 na die land gekom net om te verdwyn nie,” het dr. Mulder gesê.

Mnr. André Fourie, VF Plus-raadslid, het onder meer oor die situasie in die Stad Kaapstad gepraat en het na metrorade as ‘n ‘monster’ verwys wat swak dienslewering aan die hand werk.

“Munisipale waardasies is chaoties. Eiendomsbelasting het in die laaste sewe jaar met 73% gestyg en elektrisiteit met 224%. Die stad is besig om ons mense uit hul huise te belas,” het mnr. Fourie gesê.

Doc Immelman oorlede

‘n Roudiens vir die bekende Suidwes-skrywer, Doc Immelman, sal later vandeesweek in Windhoek in Namibië gehou word. Hy is Saterdagaand op 84-jarige ouderdom in Windhoek oorlede.

Hy het sy eerste boek op 23-jarige ouderdom gepubliseer. Immelman het sedertdien meer as 60 boeke geskryf, asook etlike duisende artikels, kortverhale, gedigte en rubrieke.

Verskeie van sy boeke is vir skole voorgeskryf, waarvan die bekendste waarskynlik Die Tyd van die Klippe is.

Hy word oorleef deur sy vrou, Rya, twee dogters en ‘n kleinseun.

Afrikaanse kinders by Xhosa-skool weggewys

Die VF Plus beskou dit as ‘n skande dat Afrikaanssprekende leerlinge nie by ‘n Xhosa-sprekende skool geakkommodeer kan word nie, terwyl Afrikaanse skole landwyd gedwing word om anderstalige leerlinge in te neem.

Die party se reaksie kom na aanleiding van berigte dat Afrikaanse ouers in Du Noon duisende rande moet spandeer om hulle kinders by ‘n ander skool te kry terwyl, ‘n Xhosa-medium skool naby hulle geleë is.

“Die regering faal nie net om sy internasionale verpligtinge ten aansien van minderhede in Suid-Afrika na te kom nie, maar pas nie eens sy eie beleid konsekwent toe nie. Indien die regering konsekwent was, sou die Xhosa-medium skool gedwing word om dubbelmedium te word en die Afrikaanse leerlinge in Afrikaans te onderrig,” het adv. Anton Alberts, parlementêre woordvoerder oor basies onderwys, gese.

Die VF Plus is van voorneme om ‘n parlementêre vraag oor die diskriminasie aan die minister van basiese onderwys te rig. Indien die minister nie die diskriminasie aanspreek nie, sal die VF Plus die saak by die Menseregtekommissie aangee.

Lulu Xingwana uitsprake veroorsaak woedende reaksie

Die Vryheidsfront Plus gaan minister Lulu Xingwana se haatspraak uitsprake oor Afrikaners en Calviniste in die Parlement opper en ‘n klagte by die Menseregtekommissie hieroor lê. Ek sal dit ook in die kabinet noem as ‘n voorbeeld van onverantwoordelike uitsprake wat geen bydrae tot beter verhoudinge in Suid-Afrika maak nie.

Minister Xingwane het in Australië in reaksie op die Oscar Pistorius hofsaak gesê:

“Young Afrikaner men are brought up in the Calvinist religion believing that they own a woman, they own a child, they own everything and therefore they can take that life because they own it. We also have cultural differences as well in our own communities where we have women who are forced into marriage and we are dealing with all those issues”

Die minister se opmerkings is ‘n kru veralgemening en nog feitelik verkeerd ook. Moordsyfers bewys haar verkeer. Die uitlatings vertel meer van die minister se eie verdraaide siening van Afrikaners as van ware Calvinisme wat presies die teenoorgestelde boodskap uitdra. Behalwe dit is Oscar se eerste taal Engels en is daar geen aanduiding dat hy “streng Calvinisties” groot geword het nie.

As dieselfde veralgemenings oor jong swart mans gemaak word, wat per capita die meeste moorde in Suid-Afrika pleeg, sal die minister die eerste een wees wat rassisme en onbillike veralgememing sal skreeu.

Minister Xingwana se opswepende en verdelende uitsprake skep die indruk dat sy probeer om die plek van Malema in te neem net nadat daar geslaag is om hom uit die openbare debat te verwyder.

Moet Khoi en San hul grond terugkry?

“Die president se staatsrede was net ‘n herhaling van ou mislukte ANC beleidsrigtings. Hierdie oplossings slaag reeds vir negentienjaar nie daarin om Suid-Afrika se ernstige probleme van werkloosheid, korrupsie, swak ekonomiese groei en nuwe beleggings op te los nie,” het dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier gesê. Dr. Mulder het deelgeneem aan die debat in die parlement oor die President se staatsrede.

“Om dieselfde fout oor en oor te maak en dan te verwag dat jy ‘n ander resultaat gaan kry, is gelyk aan malheid,” het Albert Einstein gesê. Dit is presies wat die afgelope negentien jaar in Suid-Afrika gebeur. Daar moet vars en nuwe planne kom om hierdie probleme op te los.

Minister Nkwinti se aankondiging dat grondeise voor 1913 heropen word, veroorsaak groot nuwe onsekerheid in die landbou gemeenskap.

“Waarom word so ‘n aankondiging gemaak voor al die detail deurdink is? Slegs die volledige detail, wat nou nie gestel word nie, kan al die onsekerhede en vals verwagtinge uit die weg ruim. Die Khoi en San wil weet of hulle grond kan terugeis tot 1200 toe hulle in die hele Suid-Afrika teenwoordig was. Daar is San-tekeninge in die Drakensberge, in Zoeloeland by Nkandla en waar Kaapstad vandag staan. Kan hulle dit alles eis?” het dr. Mulder gevra.

Die Vryheidsfront Plus glo dat die huidige arbeidswetgewing gewysig word want hulle ontmoedig werkgewers om nuwe werk te skep. Die arbeidswette beskerm lede van vakbonde ten koste van die werkloses.

Dr. Mulder het na die goeie verhouding verwys wat tussen Dinuzulu die Zoeloekoning en Louis Botha as Eerste Minister bestaan het.

“Elke keer as ek in Pretoria verby die straatnaamveranderinge ry en ek sien hoe die ANC ‘n rooi streep deur Louis Botha se naam getrek het, is ek opnuut kwaad. Ek beleef dit as die miskenning van my helde en van die Suid-Afrikaanse geskiedenis,” volgens Mulder.

PRAAG-gesprek oor ons toekoms Vrydag in Pretoria

‘n Informele kafeegesprek oor “ons toekoms: polities, ekonomies, kultureel”, word eerskomende Vrydagoggend 22 Februarie om 10.30 in Pretoria gehou. Epos inlig[by]praag.org vir die adres.

‘n Besoekende Nederlandse parlementslid sal ook die gesprek bywoon en vrae aangaande die verhouding van Afrikaners tot Nederland en Europa beantwoord.

Alle lesers is welkom om dit by te woon. Aangesien plekke in die kafee beperk is, word u versoek om so gou moontlik per epos van u te laat hoor. Sluit ook u selfoonnommer op die epos na inlig[by]praag.org in.

Vrou grusaam vermoor in Welkom

‘n Ma van twee, wat die afgelope naweek saam met haar gesin na Welkom verhuis het, is Donderdag helder oordag grusaam in haar huis op die dorp vermoor, berig Volksblad.

Carmen van der Westhuizen (38) was waarskynlik besig om uit te pak toe sy in die kombuis oorval is.

Haar kop is met vermoedelik ‘n byl of panga oopgekloof en haar keel gesny.

Haar man, Pieter, wat op haar lyk in die kombuis afgekom het, het buite die moordhuis geskok gesê hy is dankbaar dat hy sy twee kinders, Dylan (8) en Minette (9), in die bakkie laat wag het toe hy gaan ondersoek instel het.

Die egpaar het van Delareyville vir Pieter se werk na Welkom verhuis. Die twee kinders het Woensdag hul eerste skooldag by Laerskool Koppie Alleen in Riebeeckstad begin.

Die polisie het Donderdagmiddag die hond wat menslike vloeistof uitruik van hul K9-eenheid op Kroonstad laat kom om met die ondersoek te help.

Daar is teen Donderdagmiddag laat reeds ‘n verdagte geïdentifiseer en daar is wyd na hom gesoek.

прокурор харьковской области

Afriforum is nie ‘n ‘wit, Afrikaanse organisasie nie’

Die swart Rabelani Dagada sê die Afriforum bied ‘n platform vir diegene wat wil veg teen nuwe vorms van rassisme

Hy het glo min respek vir rasgebaseerde organisasies soos die Black Management Forum en die Afrikaner Boerderbond, veral gedurende hierdie era van ‘n demokratiese bestel. Hy het daarom ‘n paar maande gelede by AfriForum aangesluit, wat volgens hom verkeerdelik beskou word as ‘n “wit, en spesifiek ‘n Afrikaanse, organisasie”.

Indien AfriForum werklik ‘n uitsluitlik wit organisasie was sou hy nie aangesluit het nie, sê hy. Hy voel die regerende party, die African National Congress (ANC), en sy regering, het hul nie-rassige beginsels prysgegee.

Hulle het die ideologie van Nelson Mandela verraai van “Ek het teen wit oorheersing gestry, en ek het teen swart oorheersing gestry”. Suid-Afrika is nie meer ‘n demokratiese en vrye samelewing waarin alle mense in harmonie saamleef met gelyke geleenthede soos Mandela wou hê nie.

Lees verder

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Swarte juig oor Westdene-busramp op Facebook

Zama Khumalo het aan sy 493 Facebook-vriende vertel dat hy uitnodigings sal uitstuur om ‘n “Big Black Braai” te vier omdat 42 wit kinders dood is toe hul skoolbus in die Westdene-dam in 1985 omgeslaan het.

Khumalo, 24, wat die bevordering van ‘n “swart meerderwaardigheidskompleks” voorstaan, het gesê die braai sal gehou word op die herdenking van die ramp, op 27 Maart, en daar sal DJ’s en vuurwerke wees.

“Dit was verskriklik,” sê een vriendin. Haar half-suster, Mary-Ann Miles, toe in st 9, was een van die slagoffers van die busramp.

“Dit is net skokkend om te dink dat in hierdie dag en tye, iemand kan dankbaar wees vir die dood van enigiemand.”

Khumalo het die name van 24 van die 42 slagoffers gegee met die opmerking dat hulle dood “baie waardeer word, my God!” gepos.

Gister het die Daily Sun het hom gedistansieer van Khumalo, wat homself beskryf op Facebook as ‘n joernalis vir die koerant. Jeremy Gordin, uitgewer, sê Khumalo werk sedert die begin van verlede jaar nie meer daar nie.

“Ons probeer om uit te vind wat ons kan doen oor sy Facebook-bladsy om dit te verander. Daar kan regstappe gedoen word.”

Die SA Menseregtekommissie se woordvoerder Isaac Mangena het gister gesê dat hulle nie ‘n formele klagte oor Khumalo ontvang het nie. Maar hy het saamgestem dat “dit vol van haat vir ‘n ander ras” is.

Haatspraak is deur die Grondwet verbied.

Teen Saterdag, het Khumalo sy deuntjie ietwat verander. Hy het gepos: “Ek het tyd geneem om te oorweeg en te besin oor die Westdene Facebook-pos wat ek gemaak het vroeër hierdie week. Ek verkeer onder baie persoonlike druk want ek het dreigemente ontvang.

“Ek vra hartelik om verskoning en betreur die pos, en die pyne [sic] wat ek veroorsaak het aan die partye aangeraak [sic] Ek is jammer.”

Фильчаков прокурор отзывы

Plaas loonbeslissing op ys, vra TLU

Tydens TLU SA se dagbestuur is daar indringend besin oor die gevolge van die pas aangekondigde minimum lone deur die Minister van Arbeid.

TLU SA is van mening dat landbou hierdie lone nie kan bekostig nie, en dat die Minister moontlik bepaalde perke oorskry het met haar beslissing. Daar was ‘n reeds ooreengekome sektorale vasstelling wat geldig was vir drie jaar. TLU SA is van mening dat, behalwe vir geweld en intimidasie, daar sedert die vasstelling verlede jaar niks wesenlik verander het nie. Nietemin het TLU SA saam met ander landbou-organisasies toegestem tot ‘n verhoging van R80 per dag, wat ‘n styging van meer as 15 persent, oftewel byna drie maal die inflasiekoers, sou verteenwoordig. Die Minister se verhoging van bokant 50 persent is bo enige perk van billikheid en redelikheid.

Daarbenewens is die tydskaal wat gegun is om te besin oor die hele kwessie, ook nie redelik en billik nie met die gevolg dat die volledige impak daarvan op landbou nooit tot op die kern nagevors is nie.

TLU SA het op 15 November 2012, toe die eerste druk van ‘n verhoging van die lone ter sprake gekom het dit in skrywe aan die President en die Minister van Landbou (wat op daardie stadium die werkers ondersteun het) duidelik gestel dat daar eers ‘n hele paar sake is waaraan binne landbou aandag gegee moet word voordat daar oor die lone gepraat kan word. Geen reaksie is daarop ontvang nie en TLU SA stel dit onomwonde dat daardie eise steeds staan en nie weg geïgnoreer kan word nie. Dit moet steeds aangespreek word voordat oor die huidige buitensporige minimumloon enigsins ter sprake kan kom.

Die Wes-Kaap se model is nou van toepassing gemaak sonder om te let op die diversiteit van produkte, die diversiteit van streke en die individuele behoeftes en vermoëns van boere.

TLU SA het sy regspan opdrag gegee om alle opsies te ondersoek ten einde die aangekondigde minimumlone te wysig.

Ter wille van stabiliteit in die landbou, die belang van beide werknemers en werkgewers, asook volhoubaarheid en voedselsekerheid, word ‘n dringende beroep op die Minister van Arbeid gedoen om die inwerkingstelling van die minimumlone op ys te stel. TLU SA sal steeds boere adviseer om tot tyd en wyl alle kwessies opgelos is, hulle lone tot R80 per dag aan te pas.

Hierdie saak moet egter spoedeisend hanteer word. TLU SA verwag van die Minister om binne tien dae hierop te reageer, by gebrek waarvan TLU SA dan alle boere sal adviseer om binne die bepalings van tersaaklike wetgewing, spoedeisend stappe in werking te stel om hulle arbeidsmag aan te pas in ooreenstemming met hulle salarisbegroting, ten einde te kan oorleef sonder om voedselsekerheid in gevaar te stel. “As boere genoop word om werkers in daardie geval wel af te dank sal die impak daarvan baie groter wees as die afleggings van die myne, wat ook gevolg het op onrus en buitensporige salariseise,” waarsku TLU SA se president, mnr. Louis Meintjes.

топкарго отзывы