Afrikaanse kinders by Xhosa-skool weggewys

Die VF Plus beskou dit as ‘n skande dat Afrikaanssprekende leerlinge nie by ‘n Xhosa-sprekende skool geakkommodeer kan word nie, terwyl Afrikaanse skole landwyd gedwing word om anderstalige leerlinge in te neem.

Die party se reaksie kom na aanleiding van berigte dat Afrikaanse ouers in Du Noon duisende rande moet spandeer om hulle kinders by ‘n ander skool te kry terwyl, ‘n Xhosa-medium skool naby hulle geleë is.

“Die regering faal nie net om sy internasionale verpligtinge ten aansien van minderhede in Suid-Afrika na te kom nie, maar pas nie eens sy eie beleid konsekwent toe nie. Indien die regering konsekwent was, sou die Xhosa-medium skool gedwing word om dubbelmedium te word en die Afrikaanse leerlinge in Afrikaans te onderrig,” het adv. Anton Alberts, parlementêre woordvoerder oor basies onderwys, gese.

Die VF Plus is van voorneme om ‘n parlementêre vraag oor die diskriminasie aan die minister van basiese onderwys te rig. Indien die minister nie die diskriminasie aanspreek nie, sal die VF Plus die saak by die Menseregtekommissie aangee.

Maak 'n opvolg-bydrae