Die swart Rabelani Dagada sê die Afriforum bied ‘n platform vir diegene wat wil veg teen nuwe vorms van rassisme
Hy het glo min respek vir rasgebaseerde organisasies soos die Black Management Forum en die Afrikaner Boerderbond, veral gedurende hierdie era van ‘n demokratiese bestel. Hy het daarom ‘n paar maande gelede by AfriForum aangesluit, wat volgens hom verkeerdelik beskou word as ‘n “wit, en spesifiek ‘n Afrikaanse, organisasie”.
Indien AfriForum werklik ‘n uitsluitlik wit organisasie was sou hy nie aangesluit het nie, sê hy. Hy voel die regerende party, die African National Congress (ANC), en sy regering, het hul nie-rassige beginsels prysgegee.
Hulle het die ideologie van Nelson Mandela verraai van “Ek het teen wit oorheersing gestry, en ek het teen swart oorheersing gestry”. Suid-Afrika is nie meer ‘n demokratiese en vrye samelewing waarin alle mense in harmonie saamleef met gelyke geleenthede soos Mandela wou hê nie.
Lees verder
