ANC-besluit teen stakende onderwysers verwelkom

Die Nasionale Kongres van Skoolbeheerliggame, die NCSGB, het die ANC se besluit verwelkom om onderwys as noodsaaklike diens te verklaar.

Die sekretaris-generaal van die organisasie, Monokoane Hlobo sê daar was verlede jaar tydens hulle beleidskonferensie ‘n besluit dat die regering versoek moet word om onderwys as noodsaaklike diens te verklaar.

Hy sê die besluit is selfs aan die ANC gestuur met die oog op sy kongresse verlede jaar. Die ANC het die besluit om onderwys ‘n noodsaaklike diens te maak, vroeër die week by ‘n vergadering van sy NUK geneem.

Verskeie onderwysvakbonde, waaronder Sadou, die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie en Nehawu het reeds hulle teenkanting teen die plan uitgespreek.

Nog onderwysvakbonde het die ANC se plan gekritiseer om onderwys as noodsaaklike diens te verklaar. Die grootste onderwysvakbond Sadou het hom reeds teen die plan uitgespreek, nadat die regerende party die besluit op sy afgelope Nasionale Uitvoerende Komitee vergadering geneem het.

Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie sê die voorstel is strydig met plaaslike en internasionale definisies van noodsaaklike dienste.

Die SAOU sê ingevolge die definisie van die Internasionale Arbeidsorganisasie verwys noodsaaklike dienste na die beroepe waar lewe of dood ter sprake kom indien dienste weerhou word.

Die vakbond Nehawu sê alle partye in die onderwyssektor moet samesprekings voer met die ANC sodat die voorstel duidelik uiteengesit kan word. Vroeër het jeugorganisasies wat hulle by die ANC skaar, hulle ook teen die planne uitgespreek.

Die Progresiewe Jeugalliansie, wat organisasies soos die ANC-jeugliga, die Jong Kommunisteliga, die Suid-Afrikaanse Studentekongres, SASCO, en die Jong Christenstudente insluit, het by die ANC se hoofkantoor in Johannesburg vergader om oor sake van openbare belang te besin.

Die besluit om onderwys as ‘n noodsaaklike diens te verklaar, sal beteken dat leerkragte nie mag staak nie.

Фильчаков прокурор харькова

Maak 'n opvolg-bydrae