Mulder kritiseer VSA se landbougesindheid

“Die geskiedenis gaan ‘n harde oordeel vel oor die lande van die Wêreld Handelsorganisasie wat ‘n wag en sien houding inneem oor die belangrike Doha-voorstelle terwyl duisende mense in die landbousektor hulle werk verloor en miljoene honger moet gaan slaap,” het dr. Pieter Mulder, adjunkminister van Landbou gesê.

Dr. Mulder het as hoof van die Suid-Afrikaanse afvaardiging by die Cairns-groep se 36ste ministeriële vergadering in Saskatoon, Kanada aan die bespreking rakende die Doha-onderhandelinge deelgeneem.

Die Cairns-groep bestaan uit 19 voedseluitvoerlande wat hulle beywer vir billike en vrye internasionale handel van landbouprodukte. Tans is dit veral lande soos die VSA en die Europese Unie wat met groot landbousubsidies die internasionale mark verwring en dit baie moeilik maak vir onder andere Suid-Afrikaanse landbouers om internasionaal op gelyke vlak te kan meeding.

Suid-Afrika is die enigste Afrikaland wat lid van die Cairns-groep is.

“Landbou is steeds een van die sektore in die wêreld wat die meeste verwringing van markte ervaar. Dit moet reggestel word. Daarom is voorstelle van lande soos die VSA dat daar van die Doha-mandaat afgestap moet word, onaanvaarbaar,” het dr. Mulder gesê.

Volgens dr. Mulder ondersteun Suid-Afrika die G20-standpunt dat al die beperkinge wat tans deur lande op die uit- en invoer van voedsel geplaas word, net daartoe lei dat dié mense wat voedsel die nodigste het, die swaarste onder hierdie onbillike reëls ly.

Die vergadering van ministers vind oor twee dae plaas en duur nog tot Vrydag 9 September 2011.

лобановский александр досье

Minister ontken plaasmoorde

Nathi Mthethwa, minister van polisie, het gesê alle plattelanders word deur misdadigers as sagte teikens beskou, want plase is moeilik bekombaar weens slegte paaie en groot afstande. Plattelandse polisiekantore bedien ‘n uitgestrekte gebied, het hy gesê. 

Die minister het gesê die moordkoers is die laagste sedert die einde van apartheid. In dié tyd het die ANC ‘n veldtog in Natal geloods om Zoeloe-ondersteuners wat nie by die party wou inval nie, by die honderde te vermoor.

Mthethwa het Donderdagoggend tydens ‘n mediakonferendie in Pretoria oor misdaadstatistiek gepraat. Moord is moord en plaasmoorde verskil nie van enige ander moorde nie, het hy gesê.

Mthethwa het gesê die hele platteland is kwesbaar vir misdaad, en wou nie moorde op wit boere uitsonder nie. Die moordsyfer op plase is in die orde van 85 per 100 000 inwoners, wat reeds dui op etniese vervolging.

Genocide Watch, ‘n internasionale organisasie wat volksmoorde ontleed, het reeds aangedui dat ‘n gevorderde stadium van etniese vervolging in Suid-Afrika bereik is.

Genl. Bheki Cele, nasionale polisiehoof, het Mthethwa ondersteun en gesê veediefstal is die werklike probleem alhoewel dit die afgelope jaar met 8,2% afgeneem het. Die minister het die hoop uitgespreek dat boere nie uit radeloosheid moet ophou om veediefstal aan te meld nie.

Ten spyte van sy weiering om plaasmoorde uit te sonder, het die minister aangedui dat verkragting vir die eerste keer sedert die Wet op Seksuele Oortredings in 2007 in werking gestel is, as ‘n aparte misdryf gelys word.

Nie net is die aantal verkragtings nog te hoog nie, maar daar moet ook seker gemaak word slagoffers die misdaad aanmeld, het Mthethwa gesê. Wêreldwyd is dit ‘n tendens dat verkragtingsslagoffers uit skaamte nie na die polisie gaan nie.

Volgens nie-amptelike statistieke van TLU SA is meer as 2 600 plaasaanvalle die afgelope 20 jaar aangemeld. Volgens Solidariteit is dit nie bekend hoeveel mense daar in sulke aanvalle gesterf het nie.

‘n Nuwe misdaadtendens is waargeneem met die yslike toename van 61% in klein bomaanvalle om OTM’s mee oop te breek om kontant te steel. Die meerderheid van sulke aanvalle vind in Gauteng plaas, veral Johannesburg en Pretoria.

Александр Фильчаков

Minister wil kleinboere help

Suid-Afrika het tans ongeveer 40 000 kommersiële boere wat 95 persent van die land se voedsel produseer, sê minister van ekonomiese ontwikkeling, Ebrahim Patel. Hy het Dinsdag in Johannesburg gepraat.

Slegs ongeveer 600 000 mense word egter erken as plaaswerkers in hierdie sektor, maar dié sektor is nogtans geïdentifiseer as sou hulle oor die potensiaal  beskik om werk te skep.

Patel het gesê dat die wetgewing plaaswerkers se salarisse tot “net” oor die R1000 vasgestel het, maar ten minste die helfte van die arbeidsmag word minder as R100 ‘n maand betaal.

Baie van hulle werk is gekoppel aan akkommodasie, en dit maak van hulle ‘n kwesbare sektor, het Patel gesê. Klein grondeienaars kan skaars hul lappies grond bestuur om genoeg te groei vir hulself.

Patel het gesê dat grondhervorming nie langer kan bly stilstaan by die uitdeel van grond nie.

Die landbou-sektor se persentasie van die BBP het van vier persent in 1994 tot sowat twee persent gedaal. Kleiner boere moet hulp met die bemarking, vaardighede, toegang tot finansiering vir toerusting, brandstof en kunsmis ontvang, volgens Patel.

Hy het ‘n beroep op die Food and Allied Workers Union (Fawu) se lede gedoen om hierdie sektor te organiseer om te help met die regering se planne om koöperasies te bou en om meer mense te kry om kommersieel te produseer.

Hy was die spreker by Fawu se nasionale kongres, wat in Braamfontein gehou word.

Олександр Васильович Фільчаков

VF+ vra Grondwethof om in te gryp in Inligtingswet

Die Vryheidsfront Plus gaan die Inligtingskonsepwet in terme van artikel 80 van die grondwet na die Konstitusionele Hof verwys weens die gebrek aan die insluiting van die ‘openbare belang’-verweer. Dit is van die uiterste belang dat die verweer om inligting in die openbare belang bekend te maak bygewerk word ten einde die reg op inligting in terme van artikel 32 van die grondwet na behore te eerbiedig.

“Die beginsel is juis soveel meer van belang om korrupsie in die regering aan die kaak te stel gegewe die korrupsieplaag wat endemies aan die ANC-regering geword het. Dit blyk egter nou dat die konsepwet aanvaar gaan word sonder om die verweer in te sluit en daarom sal die VF Plus gebruik maak van artikel 80 sodat die Konstitusionele Hof kan besluit of die weglating van die verweer grondwetlik is, al dan nie. Ons glo egter dat die weglating van die verweer te veel mag aan die regering gee om inligting as vertroulik te klassifiseer en sal daarom nie die konstitusionele toets deurstaan nie. Die Konstitusionele Hof sal moontlik ook kan help om die verweer van ‘openbare belang’, wat ook te vinde is in die Mediakode, verder te omskryf sodat dit nie sonder meer misbruik kan word nie. Dis belangrik dat ‘n goeie balans daargestel word tussen wat die publiek mag weet en wat in hulle belang is en wanneer die staat en individue se regte wesenlik aangetas word. Hierin kan die Konstitusionele Hof ‘n groot rol speel,” het adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor kommunikasie gesê.

topcargo отзывы

Afrikanereenheid mag volg ná historiese vergadering

Die vergadering wat Saterdag 3 September deur mnr. Jaap Kelder se NBU en PRAAG gereël is, het ‘n kantonale oplossing vir Suid-Afrika bespreek, maar ook die gedagte van ‘n strategiese toekomsplan vir die Afrikaner. Uiteindelik is twee komitees aangewys om albei prosesse voort te sit.

PRAAG het gesorg dat die vergadering direk op die internet uitgesaai word en ongeveer 55 mense het dit interaktief gevolg, benewens die 80 mense wat die fisieke vergadering in die Centurion- munisipale raadsaal gevolg het. PRAAG sal voortaan gereeld politieke en filosofiese webinare aanbied waaraan mense regoor die wêreld kan deelneem om sodoende ‘n ideologiese en politieke basis aan die Afrikanervryheidstryd te verleen.

Organisasies en politieke partye waarvan verteenwoordigers die vergadering bygewoon het, is: Die Nasionale Belastingbetalersunie (NBU), PRAAG, die Afrikanerbond, die Vryheidsfront Plus, die African Christian Democratic Party en Boerevryheidstigting. Die voorsitter van die Afrikanerfront, mnr. Andries Breytenbach, wat ‘n vorige vergadering bygewoon het, was afwesig.

Hoewel alle Afrikaanse organisasies nie teenwoordig was nie, het die vergadering op ‘n sterk noot van onderlinge samewerking afgesluit. By die volgende geleentheid oor ongeveer ‘n maand, sal daar gepoog word om elke moontlike Afrikaanse organisasie te betrek.

Die momentum na groter Afrikanereenheid wat Saterdag opgebou is, kom reeds vanaf die einde van die negentigerjare toe allerlei samesprekings tussen Afrikanerorganisasies plaasgevind het, onder andere in Mei 2000 te Hammanskraal toe die Groep van 63 gestig is. Vanaf 31 Mei 2003 het PRAAG deur middel van vergaderings in die Ou Raadzaal op Kerkplein verdere stimulus aan die proses verleen. Binne die FAK- en Solidariteitgroepering is die Afrikaanse Burgerlike Netwerk opgerig wat insgelyks gepoog het om Afrikaanse organisasies nouer saam te snoer.

Mnr. Jaap Kelder sal voortgaan om onder die vaandel van die NBU die plaaslike kantons te organiseer, hoewel hierdie kantons dikwels multikultureel van aard is en daarom mobilisering op ‘n Afrikanergrondslag uitsluit.

Intussen sal die verteenwoordigers op die strategiese toekomskomitee, waaronder mnr. Pierre Hough, dr. Dan Roodt en mnr. Werner Weber voortgaan om ander organisasies te nader met die oog op globale Afrikanersamewerking. Mnr. Botha Laubscher sal as die sameroeper optree.

Van die sprekers, soos mnr. Christo Kotze en dr. Johann Wingard, het die dringendheid van optrede om Afrikaners in een beweging saam te snoer, beklemtoon. Die vele bedreigings wat daar tans sigbaar en voelbaar is, soos radikale grondhervorming en nasionalisering, maak dit gebiedend noodsaaklik.

‘n Volledige video-opname van die verdadering sal ook binnekort op YouTube beskikbaar wees.

Фільчаков прокурор

Grondvoorstelle plaas druk op voedselsekerheid

“Daar is verbeteringe in die groenskrif op grond wat verwelkom moet word. Deurdat die groenskrif op grond egter steeds ‘n plafon voorstel op die hoeveelheid privaatgrond wat ‘n individu mag besit, skep dit ‘n resep vir voedseltekorte in Suid-Afrika. Ongeveer 15% van Suid-Afrika se kommersiële boere produseer tans 80% van die kos wat gebruik word. Deur grondbeperkings op hierdie groot boere te plaas, gaan die hele landbou-ekonomie verwring sonder om die grondhervormingsprobleme van die regering op te los,” volgens dr. Pieter Mulder, adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye. Dr. Mulder was ‘n spreker by die TLU se jaarlikse kongres in Pretoria.

“In Suid-Afrika het die hoeveelheid grond wat onder landbouproduksie is, met 30% afgeneem van 1994 tot 2009,” volgens dr. Mulder. “Dit plaas baie groter druk op landbouers om steeds genoeg voedsel vir die Suid-Afrikaanse bevolking van 50 miljoen te produseer op minder grond. Grondhervorming, klimaatsverandering en die wisselkoers is van die belangrikste redes wat daartoe gelei het dat hierdie grond nie meer onder produksie is nie. Dit terwyl Suid-Afrika maar 13% grond het wat geskik is vir volhoubare intensiewe boerdery,” het Mulder bygevoeg.

“Suid-Afrika se kommersiële boere het van 60 000 in 1996 afgeneem na minder as 40 000 vandag. Ongeveer 40 miljoen mense van Suid-Afrika se bevolking van 50 miljoen kan nie in hulle eie voedselbehoeftes voorsien nie. Dit beteken dat elke kommersiële boer vir ongeveer 1100 mense kos moet produseer. Suid-Afrika behoort in die lig van hierdie syfers baie meer te doen om te verseker dat die kommersiële landbousektor nie tot niet gaan nie. As ‘n land een keer sy kommersiële landbousektor verloor het, soos in Zimbabwe gebeur het, is dit amper onmoontlik om dit weer op te bou,” het dr. Mulder gesê.

Александр Фильчаков

Pik stabiel

Pik Botha, minister van buitelandse sake in die Apartheid-era, is in ‘n stabiele toestand en op die oomblik onder toesig by die Netcare Akasia Hospitaal in Pretoria-Noord, het die hospitaal Woensdag gesê.

“Ons kan weens vertroulikheidsredes nie eintlik kommentaar lewer oor die besonderhede nie, maar ons kan bevestig dat hy opgeneem is vir hartversaking en steeds in die hospitaal behandel word,” het die hospitaal se bestuurshoof, Priscilla Botha, gesê.

Sy het gesê personeel by die hospitaal “hou ‘n oog oor die situasie”.

Die 76-jarige oud-politikus is Woensdagoggend in die hospitaal opgeneem nadat hy gesukkel het om asem te haal terwyl hy saam met sy vrou, Ina, met vakansie was.

Ina het aan die SAUK Radio gesê sy hart het ingegee weens die toestand van sy longe.

“Die longe is ‘n probleem, aangesien dekades van rook hom nie goed gedoen het nie. Die situasie in sy longe kan nie omgekeer word nie,” het sy gesê.

“Wat die hart betref, sal ons nadat hy ontslaan is ‘n kardioloog konsulteer en dit van daar af vat.”

Dokters het hom herhaaldelik gewaarsku om op te hou rook indien hy nie verdere hartprobleme wil ervaar nie.

Botha het as minister van buitelandse sake gedien in die laaste jare van apartheid en het as minister van minerale- en energiesake gedien onder Nelson Mandela, Suid-Afrika se eerste demokraties verkose president.

Hy het in 1996 uit die politiek getree.

александр лобановский харьков

Vergadering oor selfbeskikking verskuif na Centurion-saal

Die vergadering oor Afrikanerselfbeskikking en ‘n kantonstelsel wat op 3 September 2011 gehou word, is verskuif van die Ou Raadzaal na die Centurion- munisipale raadsaalop die hoek van Rabie- en Basdenstrate, Centurion.

Die vergadering begin om 10.00 en sal tot ongeveer 17.00 duur. Die saal is feitlik reeds vol bespreek, maar daar is nog plek vir enkele laat registrasies. Indien u die vergadering wil bywoon, stuur asb. ‘n e-pos met u naam en selfoon aan inlig@praag.org of registreer hier.

Die vergadering sal ook virtueel gevolg kan word via Skype en ‘n direkte oudiostroom op die webwerf afrikanerraad.org. Hou ook hierdie webwerf dop vir verdere besonderhede.

Фільчаков Олександр Васильович

Agterstand in vuurwapen-appèlle yslik

“Die minister van Polisie, mnr. Nathi Mthethwa, het bevestig dat die agterstand van appèlle op die aansoeke van vuurwapens tans 13 673 is. Hy het geantwoord op ‘n vraag van Pieter Groenewald van die Vryheidsfront Plus in die parlement. Volgens die antwoord van die minister was daar sedert 2008 tot 29 Julie 2011 reeds 26 709 aansoeke op appèl gewees. Hiervan was 10 953 toegestaan, 2 083 was verwerp en 13 673 is nog uitstaande.

“Hierdie is verdere bewys dat die nuwe Vuurwapenwet chaoties bestuur is en vuurwapeneienaars se regte aangetas word. Elke aansoeker van ‘n vuurwapenlisensie is grondwetlik geregtig op spoedige administratiewe handeling, maar die agterstand bewys die teendeel. As in ag geneem word dat oor ‘n tydperk van drie jaar ‘n agterstand van 50% ontstaan het, gaan dit minstens nog drie jaar neem om die agterstand te verwerk. Dit is onbillik teenoor aansoekers van vuurwapenlisensies,” sê mnr. Pieter Groenewald (LP), hoofwoordvoerder oor Polisie vir die Vryheidsfront Plus

“Die minister het reeds gefaal om sy belofte na te kom oor die uitwissing van die agterstand van aansoeke vir vuurwapenlisensies. Hy het in November verlede jaar belowe die agterstand sal binne nege maande uitgewis wees. Dit is tien maande later en daar is steeds ‘n groot agterstand. Die Vryheidsfront Plus het toe reeds gewaarsku dit is prakties nie haalbaar nie. Ons herhaal ons voorstel dat dringende wysigings aangebring moet word aan die wet sodat die administrasie verlig en bespoedig kan word,” het Groenewald gesê.

topcargo

Registreer vir vergadering oor selfbeskikking op 3 September

Soos reeds voorheen hier op Praag berig is, vind daar op 3 September 2011 om 10.00 ‘n belangwekkende en geskiedkundige vergadering oor selfbeskikking en ‘n kantonstelsel in die Ou Raadzaal, Kerkplein, Pretoria, plaas. Sitplekke is beperk, daarom moet u so gou moontlik by hierdie webwerf vir die vergadering registreer:

Sover moontlik moet ten minste een afgevaardigde van elke dorp of voorstad wat in die plan belangstel die vergadering bywoon.

poker free 10данильченко юрій броніславович компромат