Pik stabiel

Pik Botha, minister van buitelandse sake in die Apartheid-era, is in ‘n stabiele toestand en op die oomblik onder toesig by die Netcare Akasia Hospitaal in Pretoria-Noord, het die hospitaal Woensdag gesê.

“Ons kan weens vertroulikheidsredes nie eintlik kommentaar lewer oor die besonderhede nie, maar ons kan bevestig dat hy opgeneem is vir hartversaking en steeds in die hospitaal behandel word,” het die hospitaal se bestuurshoof, Priscilla Botha, gesê.

Sy het gesê personeel by die hospitaal “hou ‘n oog oor die situasie”.

Die 76-jarige oud-politikus is Woensdagoggend in die hospitaal opgeneem nadat hy gesukkel het om asem te haal terwyl hy saam met sy vrou, Ina, met vakansie was.

Ina het aan die SAUK Radio gesê sy hart het ingegee weens die toestand van sy longe.

“Die longe is ‘n probleem, aangesien dekades van rook hom nie goed gedoen het nie. Die situasie in sy longe kan nie omgekeer word nie,” het sy gesê.

“Wat die hart betref, sal ons nadat hy ontslaan is ‘n kardioloog konsulteer en dit van daar af vat.”

Dokters het hom herhaaldelik gewaarsku om op te hou rook indien hy nie verdere hartprobleme wil ervaar nie.

Botha het as minister van buitelandse sake gedien in die laaste jare van apartheid en het as minister van minerale- en energiesake gedien onder Nelson Mandela, Suid-Afrika se eerste demokraties verkose president.

Hy het in 1996 uit die politiek getree.

александр лобановский харьков

Maak 'n opvolg-bydrae