Arlington-plaasaanval: Vyf voor

Vyf swartes wat verlede week in hegtenis geneem is in verband met die plaasaanval op ‘n vrou naby Arlington sal weer in die hof vandag verskyn.

‘n Polisiewoordvoerder, Zweli Mohobeleli sê neefs Tseko Radebe (30), Ramonyaduwa Radebe (37), Mokwanyane Radebe (33), saam met Mhlupheki Malindi (32) en Pule Motlong sal na verwagting om borgtog aansoek doen.

Die vyf is in hegtenis geneem in verband met die aanval op Pauline van Zyl van die Roodekraal plaas. Van Zyl was het tuis gekom uit die dorp, vroeg Maandagaand, toe die aanvallers toegeslaan het.

Haar man Stefan was nie by die huis ten tyde van die aanval nie. Mohobeleli het gesê die swart aanvallers het geld geëis en Van Zyl gedwing om die kluis oop te sluit. Sy is vasgebind en drie vuurwapens is gesteel.

Twee van die verdagtes is in hegtenis geneem kort ná die aanval, terwyl die ander ‘n paar dae later in hegtenis geneem is in Arlington en Lindley.

Wêreldrekord vir springhaas-jag by veiling

Drie buffel-jagpakette ter waarde van R130 000 elk is tydens die eerste Philippolis-wildsveiling van die jaar verkoop. Ander jagpakkette het tussen R25 000 en R35 000 behaal. En dan was daar ook die springhaas-jagpakket.

‘n Tong-in-die-kies wêreldrekord is tydens hierdie veiling opgestel.

“Ja en dan het ons ‘n nuwe wereldrekord opgestel in Philippolis. Sover ons weet is dit ‘n eerste wat ‘n springhaaspakket verkoop is gesamentlik met springbokke, en hierdie pakket het dan ook R8 000 behaal. So ons is baie opgewonde oor die springhase wat in die pakket dan as ‘n wêreldrekord aangebied word. Baie geluk Philippolis hier op Otterskloof!” vertel Lukas Kleynhans, afslaer van Vleissentraal.

Kleynhans wat die veiling aangebied het, sê daar was ‘n verskeidenheid van wild, onder meer nyalas, springbokke, blou- en swartwildebeeste, asook blesbokke, op die veiling te koop.

Kleynhans se die jagpakkette wat aangebied is, het skaflike pryse behaal. Bykans 400 stuks wild is op die veiling op die Otterskloof Private Wildsplaas naby Philippolis in die Vrystaat te koop aangebied.

Graanswendelaar vas

‘n Man wat graanboere in die Vrystaat, Noordwes en Noord-Kaap glo uit R7,6 miljoen met graantransaksies verkul het, verskyn na verwagting vandag weer in die Odendaalsrus-landdroshof.

Gavin Stanley (46) is vroeër op borgtog van R50 000 vrygelaat.

S’fiso Nyakane, woordvoerder van die Valke in die Vrystaat, sê die beweerde bedrog het in 2013 plaasgevind. Vyf graanboere van die Noordwes, Vrystaat en Noord-Kaap is na bewering deur Stanley bedrieg.

Stanley het glo voorgegee dat hy ’n koper het wat bereid was om goeie pryse vir graan te betaal. Die boere het glo ooreengekom dat Stanley die graan kon oplaai, waarna hy na bewering verdwyn het.

Volgens die aanklagte teen hom het hy in al die gevalle boere op dieselfde wyse bedrieg.

Bron: OFM Nuus

Onthou Majuba!

Die Boere van die ZAR (Transvaal) het te Majuba op 27 Februarie 1881 ’n klinkende oorwinning oor die Britte in die laaste veldslag van die Eerste Vryheidsoorlog behaal.

Op 12 Februarie 1877 annekseer Groot-Brittanje die Zuid Afrikaansche Republiek tot ’n kolonie van Brittanje. Brittanje het daardeur nie bloot die Sandrivier Konvensie van 1854 waarin die ZAR se vryheid gewaarborg verbreek nie, maar ook die Boere se vryheidstrewe ernstig aangetas. Ongeveer drie jaar opper die Boere protes teen die Engelse bewind maar word aan hul eise nie gehoor gegee nie. Op 10 Desember 1880 vergader 10 000 Boere by Paardekraal (Krugersdorp) en die besluit word geneem om tot ’n gewapende vryheidstryd oor te gaan.

Britse garnisoene is regoor Transvaal deur Boeremagte beleër terwyl ’n Britse konvooi by die Slag van Bronkhorstspruit op 20 Desember 1880 verslaan is. Die Boeremagte was bykans deurgaans in die minderheid en met meestal uitgediende wapentuig. ’n Deel van die burgers is aan die grens tussen Transvaal en Natal (destyds ’n Britse kolonie) geplaas om die opmars van die Britse Generaal George Colley wat die Britte in Transvaal weer moes ontset te stuit. Die onderskeie slae van Laingsnek (aan die suidelike hange van Majuba berg) asook Skuinshoogte het aan die begin van 1881 daarop gevolg. In beide veldslae het die Boeremagte as oorwinnaars uit die stryd getree, maar is die oorlog nie beslissend ten gunste van die Boere beklink nie.

Ten einde die Boeremagte te Laingsnek te omseil het Generaal Colley gedurende die nag van 26 Februarie 1881 met ongeveer 405 manskappe die berg Majuba vanuit Mount Prospect aan die suidekant bestyg. Weens die steilte en die nag was die bestyging van die berg uiters moeilik. Die Britse manskappe is op die kruin van die berg geplaas ten einde met die hoogte en ligging daarvan ’n strategiese oorwinning oor die Boere te kon behaal.

Die Boere het eers die oggend van 27 Februarie 1881 besef dat die Britse mag die berg bokant hul stellings beset het. Die Boere het egter nie gevlug nie maar onder aanvoering van Generaal Nicolaas Smit georganiseer en so gou doenlik die berg bestorm. Veldkornet Fanus Roos en sy manne het reguit op na Gordon’s Knoll beweeg. Kommandant Joachim Ferreira en sy manne het parallel met Roos aan sy westekant teen die berg opgeklim. Veldkornette Malan en Trichardt met hulle manne het parallel met Roos aan sy oostekant die berg bestyg. Die kruin is gevolglik vanuit drie rigtings deur die jonger Boere bestorm, terwyl burgers oor die ouderdom van 50 jaar oor ’n lang afstand vanaf die groot terras teen die berg met akkurate vuur die Britte op die kruin onder druk geplaas het. Generaal Smit se opdrag was dan ook dat elke Engelsman wat sy kop oor die kruin steek onder lood gesteek moes word.

Die Britse magte was magteloos teenoor die moordende vuur wat die Boere op hul losgelaat het en het konsternasie uitgebreek toe die jonger Boere bykans gelyk vanuit die ooste, noorde en weste die kruin bereik het. Generaal Colley het midde die geveg op die kruin gesneuwel. Die Britte het suidwaarts oor die kruin begin vlug, soms blindelings van vrees na hul dood. Die Britse verliese was groot: Van die 405 het net 118 ongeskonde oorgebly. Die 120 Skotte het die swaarste gely – slegs 24 kon van die Boere se koeëls ontsnap. Die Slag van Majuba was ’n reuse-terugslag en verleentheid vir Brittanje.

Ongeveer 350 Boere het aan die slag deelgeneem, waarvan slegs 2 gesterf het. Na afloop van die Slag is die ZAR en die Boerevolk se vryheid met ’n vredesverdrag aan die hange van die berg in O’Niell se kothuis onderteken weer herstel.

Bron: Majubatrust

Oesskattings lyk rooskleurig vir 2017

Suid-Afrika sal na verwagting byna 80 persent meer mielies in die 2017-seisoen produseer as in die vorige seisoen.

Dit is aan die lig gebring deur die Oesskattingskomitee wat sy eerste produksieskatting vir somergewasse gedoen het.

Dit dui op ‘n verwagte kommersiële mielie-oes van net meer as 13,9 miljoen ton, wat meer as 6 miljoen ton meer sal wees as verlede jaar se oes.

Die grondbone-oes sal intussen na verwagting met net minder as 400 persent vanjaar toeneem tot ‘n verwagte totaal van net meer as 88 000 ton.

Sojaproduksie sal na verwagting met meer as 44 persent styg, droë bone sal met byna 82 persent toeneem en sorghum met sowat 100 persent. Sonneblomsaadproduksie sal na verwagting daal met 23 persent vanjaar.

Die volgende produksieskatting vir somergewasse sal vrygestel word op 28 Maart.

Twee bruin plaasaanvallers voor in Luckhoff

Twee vermeende bruin plaasaanvallers is terug in die Luckhoff-landdroshof. Hulle sal na verwagting vandag verskyn in verband met die aanval op ‘n bejaarde egpaar op hul plaas naby die dorp, in die Vrystaat.

David Kanon, 41, en Shadrack Diffel, 35, staan ​​tereg op aanklagte van roof met verswarende omstandighede. Hulle is in polisie-aanhouding.

Dit volg nadat Rudolf en Aletta van Heerden, beide in hul sewentigs, oorval en aangerand is in hul plaashuis by Avondsrus verlede maand.

Die twee bruin verdagtes het gevlug met die voertuig die egpaar ná die diefstal, van onder andere, geld, vuurwapens en selfone. Die gesteelde voertuig is later gevind by die Havenga-brug op die Petrusville-pad.

Die aanvallers het daarna blykbaar ander vervoer gereël.

Die mans is in hegtenis geneem in Roodepan, Kimberley. Ten tyde het die polisie gesê hulle was in besit van eiendom van die Van Heerdens. Hulle het sedertdien ook in die Kimberley-landdroshof verskyn op aanklagte van die besit van gesteelde goedere.

Egpaar ernstig gewond na aanval op kleinhoewe

Die eienaar van ‘n kleinhoewe in die Rustenburg-gebied is Woensdag na ‘n plaaslike hospitaal gehaas nadat hy in ‘n aanval op hom en sy vrou ernstig gewond is.

Polisiewoordvoerder in Noordwes, Pelonomi Makau, sê die 65-jarige Niels Erichsen en sy 66-jarige vrou Leatitia is in hul bakkie by ‘n hek op die grondpad na hul kleinhoewe deur ‘n onbekende aantal rowers oorval. ‘n Vuurwapen is op hulle gerig, waarna die rowers die egpaar gedwing het om na hul huis te ry.

Makau sê Erichsen het in die huis twee skietwonde opgedoen. Die rowers het die huis omgekrap op soek na waardevolle artikels om te steel. Hulle het aangedring op geld. Die mans het hulself ook gehelp met kos en iets te drinke.

Sy sê bankkaarte en selfone is gebuit. Die rowers het ook die egpaar se silwer Nissan Nevara se sluitels geëis, waarna hulle op die vlug geslaan het. Geen geld is gevat nie. Die egpaar se verlate bakkie is later op die R24 naby Hekpoort gevind.

Nog niemand is in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek ‘n aanklag van poging tot moord en huisroof. Erichsen se toestand is onbekend.

Bron: OFM Nuus

Dinosourus-tand van Knysna vir navorsing geskenk

‘n Dertienjarige seun aan die Tuinroete het Knysna op die land se argeologiese kaart geplaas deur ‘n tand van ‘n dinosourus te ontdek.

Die seun, Ben Ingel, het die tand in ‘n klip van klei op ‘n Knysna-strand, twee jaar terug gekry en pas besluit om dit te skenk vir wetenskapnavorsing.

Ingel het egter sy bevinding veilig bewaar, totdat kenners die week bevestig het dat die tand afkomstig is van ‘n massiewe vleisvretende dinosourus uit die familie Allosaurus.

OFM-nuus se korrespondent Louise Karsten berig dat ‘n navorser in fossiele, dr. Robert Gess van die Albanymuseum op Grahamstad sê toe Ingel ‘n foto van die tand aan hom stuur, het hy onmiddelik geweet dat dit ‘n tand van ‘n dinosourus is.

Gess sê die tand sal verder geanaliseer word, maar hy skat dat dit sowat 120 miljoen jaar oud is.

Hierdie bevinding is die eerste van sy soort op Knysna.

Kind ontdek ma se verminkte lyk na skool

Die polisie in Limpopo is op soek na ‘n tweede swart verdagte na die grumoord op Tanya Wiers in Pietersburg (Polokwane).

Inwoners van Sterpark sê hulle leef in vrees vir swart aanvallers omdat misdaad skerp toegeneem het. Hulle hoor al hoe meer van kapings, sê hulle.

Die eerste swart verdagte het in die buurt gewerk. Van die items wat gesteel is tydens die moord is in sy besit gevind, waaronder ‘n skootrekenaar en juwele. Hy sal na verwagting Donderdag in die hof verskyn.

Wiers het verskeie steekwonde aan haar nek en ken gehad, asook aan haar hande, wat dui op pogings om haarself teen die moordenaar se mes te beskerm.

Haar oë is met ‘n skerp voorwerp verwyder.

Wiers se geskokte seun het Dinsdag op sy ma se naakte liggaam afgekom toe hy van die skool terugkom.

Volgens die polisie het die tweede swart verdagte by die Wierse gewerk.

Twee kritiek na afsonderlike huisaanvalle in Gauteng

Twee slagoffers verkeer in ‘n kritieke toestand na afsonderlike huisaanvalle in Gauteng.

‘n Bejaarde vrou is na die naaste hospitaal geneem nadat sy in die oprit van haar huis deur ‘n onbekende aantal swartes aangeval is.

Die vrou is verkeie kere geskiet tydens ‘n motorkaping voor haar huis in Weltevredenpark, Roodepoort. Dit is nie duidelik hoeveel keer sy geskiet is nie.

‘n Woordvoerder van Netcare 911 sê die voorval het Maandag net na 12:00 gebeur. Paramedici het haar gestabiliseer en na die hospitaal geneem.

Die 68-jarige vrou is in die tuin gevind. Dit is nie duidelik of die verdagtes met haar motor gevlug het nie.
Die polisie ondersoek die voorval.

Volgens Netcare 911 is ‘n man in sy vyftigs ook Maandag in die oprit na sy huis in Boksburg oorval in ‘n kaping en verskeie kere geskiet. Hy verkeer in ‘n ernstige toestand.