Twee kritiek na afsonderlike huisaanvalle in Gauteng

Twee slagoffers verkeer in ‘n kritieke toestand na afsonderlike huisaanvalle in Gauteng.

‘n Bejaarde vrou is na die naaste hospitaal geneem nadat sy in die oprit van haar huis deur ‘n onbekende aantal swartes aangeval is.

Die vrou is verkeie kere geskiet tydens ‘n motorkaping voor haar huis in Weltevredenpark, Roodepoort. Dit is nie duidelik hoeveel keer sy geskiet is nie.

‘n Woordvoerder van Netcare 911 sê die voorval het Maandag net na 12:00 gebeur. Paramedici het haar gestabiliseer en na die hospitaal geneem.

Die 68-jarige vrou is in die tuin gevind. Dit is nie duidelik of die verdagtes met haar motor gevlug het nie.
Die polisie ondersoek die voorval.

Volgens Netcare 911 is ‘n man in sy vyftigs ook Maandag in die oprit na sy huis in Boksburg oorval in ‘n kaping en verskeie kere geskiet. Hy verkeer in ‘n ernstige toestand.

3 thoughts on “Twee kritiek na afsonderlike huisaanvalle in Gauteng”

  1. En die Volksmoord gaan voort terwyl almal bek uitspoel om tog net nie haatspraak te verkondig nie ……pateties!!!! te bang om net nie as regs gebrandmerk te word nie .Ek het nuus vir diesulkes ; hulle is ook teikens in hulle naiewiteit .

Maak 'n opvolg-bydrae