‘Plaasaanvalle nie rasgemotiveerd nie’

Plaasaanvalle moet gesien word binne die konteks van die land se hoë misdaadsyfers, en nie as ras-gemotiveerd nie, het President Jacob Zuma aan Beeld gesê.

Baie aanvalle het op die plase van blanke kommersiële boere plaasgevind, en wil voorkom asof dit ras-gemotiveerd is, maar dit is nie die geval nie, het Zuma aan die koerant in ‘n onderhoud Dinsdag gesê.

Hy het gesê dat baie moorde plaasvind in Suid-Afrika se swart woongebiede, en dit word nie altyd in die media gerapporteer nie.

Die regering verwerp plaasaanvalle en sal aandag gee aan die boere se kommer dat die omvattende landelike veiligheid nie van die grond af kom nie.

Gevra hoekom plaasmoorde nie as ‘n prioriteitsmisdaad beskou word nie, het Zuma gesê Nathi Mthethwa, minister van polisie, het in die Parlement gesê dat plaasaanvalle net so veel van ‘n prioriteit as enige ander misdaad is.

Die onlangse hofsaak teen die moordenaars van die AWB- leier Eugene Terreblanche het weer getoon dat misdaad, eerder as politiek, die beweegrede agter die aanvalle is, het hy gesê.

Zuma het die land se kommersiële boere geprys en gesê: “Waar ek gaan, het gevestigde boere my vertel dat hulle bereid is om op te tree as mentors vir opkomende boere.”

Олександр Фільчаков прокурор

VF+-toespraak by Kohesieberaad

Die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-, Godsdiens- en Taalgemeenskappe het misluk. Vanaf die Kommissie se aanvang het dit niks gedoen om die regte van minderhede en gemeenskappe te bevorder en te beskerm nie. Indien ons ernstig is oor sosiale kohesie en nasiebou, het die tyd geword om ‘n nuwe departement vir minderheidsaangeleenthede te skep. ‘n Toegewyde departement wat ‘n sin van behoort sal vestig en wat daarin sal slaag om die groeiende gevoel van vervreemding, wat tans ervaar word deur minderhede en gemeenskappe, uit te roei.

Die aanhef van ons grondwet sê duidelik: “Ons, die mense van Suid-Afrika, glo dat Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin woon, verenig in ons verskeidenheid.” Dit is ‘n baie sterk stelling. Indien hierdie stelling ernstig opgeneem is, sou ons reeds sosiale kohesie gehad het en sou ons, tot ‘n groot mate, ook geslaag het met nasiebou in Suid-Afrika. Maar, dit is duidelik nie die geval nie. Die blote feit dat ons nodig het om hierdie nasionale beraad oor sosiale kohesie en nasiebou te hê 18 jaar na 1994, is ‘n duidelike aanduiding dat ons gefaal het.

Suid-Afrika is een van die mees diverse gemeenskappe in die wêreld. Ons is ‘n land met baie rasse, kulture, gelowe en tale. Met ‘n verdelende verlede en met verskillende perspektiewe op die geskiedenis. Dit is ook waar dat oor baie eeue ons ekonomies deurvleg geraak het en afhanklik van mekaar. Ons deel almal dieselfde geografiese area in die Suidelike deel van Afrika – naamlik Suid-Afrika. Hierdie is ons gemeenskaplike huis en land. Die mense wat ek verteenwoordig, het geen ander nie. Hulle glo ook in eenheid in diversiteit. Maar dan moet ons diversiteit respekteer en akkommodeer en ophou om net oppervlakkige lippetaal te gebruik. Hierdie land is groot genoeg, met genoegsame potensiaal en geleenthede om vir almal ruimte te laat onder die pragtige Afrika-son. Dit is moontlik, maar dan benodig ons die beste resep vir ware sosiale kohesie en nasiebou. Ons glo dat die huidige resep gefaal het en dit sal aanhou faal want dit beklemtoon net een deel van die waarheid van hierdie land en sy mense.

Ware nasiebou en sosiale kohesie sal nie slaag indien ons bloot voortgaan om van een sporthoogtepunt tot die volgende een te struikel sonder om suksesvol ‘n ware sin van behoort onder al ons mense te skep nie. Dit het begin met die Rugbywêreld-beker in Suid-Afrika in 1995. Daarna was dit die Krieketwêreld-beker in 2003. Kaapstad se onsuksesvolle Olimpiese bod het in 2004 gevolg. Daarna was dit die Fifa Sokkerwêreldbeker in 2010. Elke keer het ons ‘n oplewing van nasionale trots beleef, net om knap daarna weg te kwyn en in die sand te verdwyn. Hierdie kunsmatige proses van nasiebou sal nooit daarin slaag om ‘n langdurige gevoel van behoort en ware nasiebou onder die mense en gemeenskappe binne Suid-Afrika teweeg te bring nie. Daarom was dit so maklik vir Julius Malema om ons gemeenskap totaal te polariseer met sy opruiende stellings. Dit is die rede hoekom ons gesien het wat met ons gemeenskap gebeur het toe die sogenaamde “Spies”-skildery sy verskyning gemaak het. Ons kan soveel sportgebeurtenisse hê as wat ons begeer, maar dit sal nooit ‘n langdurige en volhoubare gevoel van behoort skep en ‘n ware plek vir almal in die son nie.

Suksesvolle sosiale kohesie en nasiebou sal net slaag indien ons regte eenheid in diversiteit het. Dit sal slegs slaag indien dit gevestig word op ‘n “beter lewe vir almal” in die ware sin van die woord. Wanneer “almal” ook minderhede insluit. Wanneer gelyke geleenthede gelyke geleenthede vir almal beteken. Wanneer julle kinders, maar ook myne, weet dat daar nie teen hulle gediskrimineer sal word oor hierdie of daardie rede nie.

Ons almal weet daar is ‘n politieke meerderheid in Suid-Afrika, maar dit is ook waar dat ons oor verskeie minderhede beskik, insluitend politieke minderhede. Mag ek ons almal aan die volgende bepaling in die Vryheidsmanifes herinner:

All National Groups Shall have Equal Rights!

There shall be equal status in the bodies of state, in the courts and in the schools for all national groups and races;

All people shall have equal right to use their own languages, and to develop their own folk culture and customs;

All national groups shall be protected by law against insults to their race and national pride; (Changing names of towns and streets named after my heroes, is an insult to my national pride.)

Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin bly, swart en wit. Wat beteken hierdie “behoort”? Daardie sake wat minderhede affekteer, het ons enige sê daaroor? Op die oomblik is die antwoord nee. Slegs paaibeleid. Ons betaal belastings, maar ons het geen sê oor hoe ons geld aangewend word nie. Ons het geen sê oor naamsveranderinge en oor hoe ons helde beledig word nie.

Die Vryheidsmanifes gaan voort deur te sê dat geen regering billik kan regeer sonder dat dit gebaseer is op die wil van al die mense nie. Nie die wil van die meerderheid nie, maar die wil van AL DIE MENSE… Het minderhede dan geen sê nie?

Ware sosiale kohesie en nasiebou sal slegs slaag indien ons die realiteite van Suid-Afrika aanvaar en daarop bou. Ons minderhede is deel van die realiteite. Die toets vir ‘n ware grondwetlike demokrasie is hoe jy die minderhede en gemeenskappe in die land akkommodeer. Suid-Afrika sal hierdie toets nie ontsnap nie.

Ons het ‘n droom. ‘n Droom om ‘n sterk nasie van gelukkige nasies in Suid-Afrika te bou. ‘n Suid-Afrika bestaande uit gelukkige, vooruitstrewende en vreedsame gemeenskappe, minderhede en mense. ‘n Suid-Afrika waar niemand vervreemd voel van sy/haar geboorteland nie. Waar daar ‘n plek onder hierdie pragtige Afrika-son is vir julle kinders, maar ook vir myne. Dit kan gedoen word.

Данильченко Юрий отзывы

Steun vir Afrikaans in PVV-verkiesingsprogram

Voor het eerst heeft een partij buiten Zuid-Afrika het Afrikaans genoemd in haar verkiezingsprogramma. De Partij voor de Vrijheid doet dit in haar programma dat gepresenteerd wordt:

Citaat:

Onze mooie Nederlandse taal verdedigen we. Dus communiceert de overheid alleen in het Nederlands. Het Afrikaans is nauw verwant met het Nederlands. De taal, gesproken in Zuid-Afrika en Namibië, wordt steeds verder gemarginaliseerd. Nederland komt op voor het Afrikaans en zijn sprekers, bijvoorbeeld via de ambassades en de Taalunie.

En

• Steun aan het Afrikaans, de taal die zo nauw verwant is aan het Nederlands

Pagina 43 en 45:

http://pvv.nl/index.php/visie/verkiezingsprogramma-2012.html

topcargo отзывы сотрудников

DA, Afriforum hou witkruisoptog by plaasmoordbegrafnis

Gert Ehlers, oudpresident van TLU SA, het by die begrafnis van die vermoorde boer van Baltimore gesê die egpaar het ‘n hoë prys betaal “sodat die internasionale gemeenskap hopelik kan sien wat in Suid-Afrika gebeur”.

Die plaas Cosmopolite, 11km buite Baltimore, waar Johan van Rensburg vermoor is, is “boergrond wat nou treurgrond geword het”, het Ehlers gesê.

Van Rensburg en sy vrou, Gloudien (65), is Woensdag in hul bed geskiet. Gloudien veg steeds om haar lewe in die Mediclinic Limpopo. Sy sal waarskynlik nooit weer kan loop indien sy herstel nie.

“Die letsel wat die tragedie op die Bosveld gelaat het, gaan nie gou weggaan nie,” het Ehlers gesê.

‘n Vierde swart verdagte in die moord is ook intussen in hegtenis geneem.

Die drie ander het in die Tom Burke-landdroshof om regshulp aansoek gedoen.

Hulle is verlede Woensdag in Steilloop in hegtenis geneem en sal op 19 Julie weer in die hof verskyn. Hulle bly in aanhouding.

‘n Witkruisoptog wat deur die DA en Afriforum gereël is, en waaraan swart plaaswerkers van die gesin deelgeneem het, is vir die slagoffers gehou na afloop van die begrafnis.

топкарго

Vrystaatse naamsveranderinge vir magsvertoon

Die voorneme van die Vrystaatse Departement van Sport, Kuns, Kultuur en Ontspanning om die volgende name eersdaags te verander is vir die Vryheidsfront Plus totaal onaanvaarbaar:

Kroonstad: Maokeng

Pertus Steyn: Mamafubedu

Universitas Hospitaal: Albertina Sisulu Akademiese Hospitaal

Bloemfontein Internasionale lughawe: Braam Fischer Internasionale lughawe

Trompsburg Hospitaal: Albert Nzuka Hospitaal

Die Vryheidsfront Plus is van oordeel dat nie een van bogenoemde name aanstoot gee nie en daarom nie verander behoort te word nie.

Abrie Oosthuizen, LPW en Vrystaatse Leier van die VF Plus, het vandag gesê dat hierdie naamsverandering niks anders is as magsvertoon deur die ANC nie. Die ANC doen dit net om Afrikaners te boelie en mag te wys. Dit is nie bevorderlik vir goeie verhoudinge nie.

Sedert 1998 was daar ‘n informele ooreenkoms dat die 25 munisipaliteite (20 plaaslike en 5 distriks- munisipaliteite) in die Vrystaat almal Sesotho-name kry maar dat die dorpe binne die munisipaliteite hulle oorspronklike name sal behou. Vir meer as 12 jaar het die Vrystaat hiermee ‘n voorbeeld aan ander provinsies gestel. Die ANC bewys met hierdie naamsverandering weereens dat hulle woord niks werd is nie en dat hulle met niks vertrou kan word nie.

Die VF Plus in die Vrystaat doen ‘n beroep op die sake -gemeenskap van Kroonstad om ‘n koste-eis vir enige koste wat die naamsverandering op hulle besighede mag hê teen die Munisipaliteit en die Departement in te dien. Die VF Plus is bereid om so ‘n aksie van die sakegemeenskap van Kroonstad te koördineer en die sakegemeenskap met regsadvies te bedien waar nodig. Dit sal hopelik die ANC laat herbesin oor verdere naamsveranderinge.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Verdagtes aangekeer vir plaasaanval

Vier verdagtes is in hegtenis geneem in verband met ‘n plaasaanval Saterdagaand naby Kuruman deur die polisie in die Noord-Kaap. ‘n Bejaarde man is ernstig beseer in die aanval, berig RSG.

Volgens die polisie verkeer Joseph van Heerden tans in ‘n bestendige toestand in die Kuruman-hospitaal. Die aanvallers het met sy bakkie gevlug, maar die voertuig is later naby Vryburg verlate gevind.

Die aanval is die jongste in ‘n reeks plaasaanvalle sedert die begin van die maand.

‘n Boer van Lichtenburg is vroeër op sy plaas aangeval en ‘n bejaarde egpaar is kort daarna op hulle plaas naby Ladysmith in KwaZulu-Natal aangeval.

In Limpopo is ‘n 77-jarige boer verlede week in sy bed doodgeskiet. Sy vrou wat gewond is in die aanval op hulle plaas naby Baltimore in Limpopo, sal waarskynlik nooit weer die gebruik van haar ledemate hê nie, het haar geneeshere gesê.

Dokters het aan die familie gesê Gloudien van Rensburg (65) is nou ‘n parapleeg en sy het geen gevoel in haar lyf van haar bors tot by haar bene nie.

Van Rensburg se man Johan (77) is Woensdag op hul plaas doodgeskiet terwyl hy langs haar gelê en slaap het. Sy is drie keer geskiet.

“Sy lyk beter as Woensdag. Sy is kalmer en sy veg hard… maar is baie krities,” het haar skoonseun, Francois Drotskie, aan die koerant gesê.

Drotskie sê sy het Donderdag met haar twee dogters probeer praat, maar sy kon nie.

Van Rensburg, wat steeds in ‘n hospitaal in Polokwane is, moes die bloed uit haar longe laat dreineer.

Sy is steeds onder verdowing en moes verskeie bloedoortappings ondergaan.

Александр Фильчаков

Simposium oor ‘Afrikaans in die digitale tydvak’

Dan Roodt en Steve Hofmeyr is van die skrywers by Pretoria-PEN, die skrywersvereniging wat more-oggend ‘n gesprek sal hou oor:

Afrikaanse letterkunde in die digitale tydvak

Wanneer: Saterdag 23 Junie om tienuur die oggend.

Waar: Centurion- munisipale raadsaal, Jeanweg, Centurion (ou Verwoerdburg)

Die volgende onderwerpe sal bespreek word:
  • Oorsig oor e-boeke, met verwysing na die internasionale toneel
  • Die veranderende rol van die skrywer en die uitgewer
  • Poësie en sosiale media
  • Die stand van e-boeke in Afrikaans
  • Selfpublikasie: die nuwe mode?
  • Identiteitsvorming op die internet
  • E-boekstandaarde en apparatuur: e-lesers, tabletrekenaars, e-boekorganiseerders, ens.

Toegang is gratis. Laat weet asseblief indien u van plan is om dit by te woon deur ‘n e-pos te stuur aan: karin[aapstert]pretoriapen.co.za.

Олександр Васильович Фільчаков

Delmasmoorde: Derde verdagte vas

‘n Derde swart man is in hegtenis geneem in verband met die moord van ‘n dagmoeder en ‘n ​​vyf-maande-oue babaseuntjie in Delmas, Mpumalanga, het polisie Vrydag gesê.

Lt-kol Leonard Hlathi, het gesê die 24-jarige man is in hegtenis geneem in Springs, oos van Johannesburg, Donderdagoggend.

“Die man is in besit van ‘n ​​selfoon betrap, wat die polisie glo aan die slagoffer behoort het.”

Hy staan tereg ​​op aanklagte van moord en verskyn na verwagting vandag in die Delmas-landdroshof.

Die ander twee mans wat ook beskuldig word van die moorde sal na verwagting in die Delmas-landdroshof verskyn op 27 Junie, wanneer hulle om borgtogaansoek sal voortgaan.

Die vrou, Margrietha de Goede, 66, en baba Wiehan is verlede maand in haar huis verwurg aangetref.

Фильчаков прокурор харьков

‘Geen ander keuse as oorlog’

“Dit wil voorkom asof boere geen ander keuse het nie as om hulleself te moet voorberei vir oorlog.”

So sê TLU SA se Adjunk-President en Voorsitter van die Veiligheidskomitee, mnr. Henry Geldenhuys. Mnr. Geldenhuys het gereageer op die moord op die 77-jarige mnr. Johan van Rensburg van die Baltimore-omgewing. “Hierdie moord kom skaars ‘n dag nadat die ANC Jeugliga se adjunk-president, Ronald Lamola, in Durban gesê het dat Suid-Afrikaners in ‘n illusie leef dat hulle hul grond vreedsaam sal terugkry. ‘Ons het ‘n gebeure so kragdadig as ‘n oorlog nodig om die land weer in besit van Afrikane te kry’, het Lamola volgens berigte gesê.”

Mnr. Geldenhuys het die moord op mnr. Van Rensburg in verband gebring met Lamola se uitsprake, nadat dit blyk dat hoofsaaklik wapens vermis is. “Waarvoor word wapens gesteel anders as om daarmee nog meer moorde te pleeg? Lamola skep die ideale atmosfeer vir radikale en roekelose jeugdiges om sy uitlatings letterlik op te neem. Boere kan hierdie uitsprake nie langer ignoreer nie en sal ter wille van oorlewing en behoud van hulle grond, insgelyks moet voorberei en organiseer vir die ergste moontlike scenario,” sê mnr. Geldenhuys.

Wyle mnr. Van Rensburg was lid van TLU SA en jare lank by die organisasie betrokke. Sy vrou, Gloudina, is drie keer in die bors raakgeskiet en sy is tans in ‘n stabiele toestand in ‘n hospitaal in Pietersburg. Hulle is vanoggend omstreeks 04:00 in hulle huis oorval. Dit is nie seker hoeveel terroriste betrokke is nie maar vier spore word tans opgevolg deur lede van die gemeenskap en die polisie, terwyl ‘n polisie helikopter asook ‘n private helikopter ingespan word om moontlike verdagtes aan te keer.

Mnr. Geldenhuys het namens TLU SA sy meegevoel met mnr. Van Rensburg se familie uitgespreek en mev. Van Rensburg spoedige herstel toegewens. Hy het ook sy waardering uitgespreek teenoor die gemeenskap en die polisie wat flink op die spoor van die moordenaars is. “Indien hulle gevang word moet daar geen genade met hulle betoon word nie, met inagneming van die wetlike voorskrifte,” sê mnr. Geldenhuys.

Фильчаков прокурор

Plaasmoorde bedreig voedselsekerheid

Die Vryheidsfront Plus is saam met die gemeenskap in die noorde van ons land, geskok met die onlangse vlaag plaasaanvalle wat hier voorkom. Gister se aanval op die Badenhorsts, noord van Pretoria, was die voorloper op die moord van Johan van Rensburg van Baltimore, wie se eggenote kritiek in die hospitaal is. Die Vryheidsfront Plus is van mening dat die owerheid faal in hul plig om wet en orde doeltreffend toe te pas. Wat ook verontrustend is, is dat voedselsekerheid deur plaasaanvalle benadeel word.

Plaasaanvalle behoort as ‘n saak van dringendheid tot prioriteitsmisdaad verklaar te word. Dit sal die polisie in ‘n posisie plaas om doeltreffend op te tree en ook landswyd voorkomende optredes in te stel. Indien die SA Polisiediens nie in staat is om aanvalle op plase stop te sit nie, moet die regering dringend ‘n kommando-stelsel in werking stel, om die aanvalle die hoof te bied.

Die wenslikheid van die herinstel van die doodstraf behoort ook dringend heroorweeg te word. VF Plus Limpopo is van mening dat diegene wat halsmisdade pleeg, hulself van hul grondwetlike regte, waaronder menseregte, ontneem en dus nie op daardie grondwetlike beskerming kan aandring nie.

лобановский александр отзывы