Baie aanvalle het op die plase van blanke kommersiële boere plaasgevind, en wil voorkom asof dit ras-gemotiveerd is, maar dit is nie die geval nie, het Zuma aan die koerant in ‘n onderhoud Dinsdag gesê.
Hy het gesê dat baie moorde plaasvind in Suid-Afrika se swart woongebiede, en dit word nie altyd in die media gerapporteer nie.
Die regering verwerp plaasaanvalle en sal aandag gee aan die boere se kommer dat die omvattende landelike veiligheid nie van die grond af kom nie.
Gevra hoekom plaasmoorde nie as ‘n prioriteitsmisdaad beskou word nie, het Zuma gesê Nathi Mthethwa, minister van polisie, het in die Parlement gesê dat plaasaanvalle net so veel van ‘n prioriteit as enige ander misdaad is.
Die onlangse hofsaak teen die moordenaars van die AWB- leier Eugene Terreblanche het weer getoon dat misdaad, eerder as politiek, die beweegrede agter die aanvalle is, het hy gesê.
Zuma het die land se kommersiële boere geprys en gesê: “Waar ek gaan, het gevestigde boere my vertel dat hulle bereid is om op te tree as mentors vir opkomende boere.”
