Pelgrimsrus gaan transformeer

Sewentien ondernemings in Pelgrimsrus, Mpumalanga is beveel om hul deure teen die einde van die maand te sluit, het ‘n berig Donderdag gelui.

The Times het berig dat die provinsiale departement van openbare werke, paaie en vervoer Vrydag uitsettingsbevele aan die ondernemings uitgereik het en hulle 31 dae gegee het om te sluit.

Die historiese goudmyndorp se argitektuur is sedert die 1800’s onveranderd gelaat en dit is in 1986 tot ‘n nasionale monument verklaar.

Dit is deur die departement van openbare werke bedryf en die ondernemings se wit eienaars het die eiendomme gehuur, het die koerant berig.

Die dorp se ekonomie is afhanklik van toerisme en het werk verskaf aan swart inwoners van die dorp Schoonplaas.

Dumisa Malamule, die departement se woordvoerder, het aan The Times gesê 17 ondernemings het uitsettingsbevele ontvang.

Hy sê die departement het in ‘n advertensie in Oktober verlede jaar die tender vir die huur van die geboue geadverteer, en die sluitingsdatum was in November.

“Die tenderproses is in Junie 2012 gefinaliseer,” het hy gesê.

Die departement het egter die aankondiging oor die toekenning van die tenders vir die huur van die geboue, aanhou uitstel.

Die huurkontrakte van al die ondernemings wat uitsettingsbevele ontvang het, het verval, en dis nie duidelik aan wie die tenders vir die geboue toegeken is nie.

Sherry Goodwin, ‘n beampte vir die Pelgrimsrus-toerismeraad, het gesê sy glo die motivering vir die uitsettingsbevele is om die ekonomie van die dorpie te transformeer, en om die “voorheen benadeelde” gemeenskap meer eienaarskap te gee.

Die Vryheidsfront Plus gaan die Openbare Beskermer versoek om vas te stel of die statutêre vereistes nagekom is in die toeken van tenders aan nuwe winkelhuurders van staatseiendomme in Pelgrimsrus. Volgens mediaberigte is bestaande winkelhuurders deur die departement van openbare werke 30 dae geleentheid gegee om die winkels te ontruim en om plek te maak vir die nuwe tenderwenners.

“Daar is egter klagtes dat die bestaande winkelhuurders geen terugvoering oor hulle eie tenderaansoeke sedert November 2011 gekry het nie. Dit blyk ook dat sommige van die huurders gedreig was deur regeringsamptenare dat hulle van die persele verwyder sal word indien die huurders nie die persele teen die einde van hierdie maand ontruim het nie. Volgens berigte word die winkelhuurders geteiken omdat hulle wit is,” het adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor ekonomiese sake, gesê.

“Die VF Plus neem sterk standpunt in teen intimidasie van minderhede en sal sorg dat die departement van openbare werke verantwoording doen vir hulle optrede. Indien ons eie ondersoek bevind dat die departement rassisties opgetree het, sal ‘n saak ook by die Menseregtekommissie gemaak word,” het Alberts bygevoeg.

Die VF Plus vind hierdie optrede bisar teen die agtergrond van die ANC se poging om sosiale kohesie te bou deur die beraad wat tans in Soweto gehou word. Dit blyk net lippediens te wees en daarom sal die VF Plus ferm optree om minderhede te beskerm.

Александр Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae