‘n Derde swart man is in hegtenis geneem in verband met die moord van ‘n dagmoeder en ‘n vyf-maande-oue babaseuntjie in Delmas, Mpumalanga, het polisie Vrydag gesê.
Lt-kol Leonard Hlathi, het gesê die 24-jarige man is in hegtenis geneem in Springs, oos van Johannesburg, Donderdagoggend.
“Die man is in besit van ‘n selfoon betrap, wat die polisie glo aan die slagoffer behoort het.”
Hy staan tereg op aanklagte van moord en verskyn na verwagting vandag in die Delmas-landdroshof.
Die ander twee mans wat ook beskuldig word van die moorde sal na verwagting in die Delmas-landdroshof verskyn op 27 Junie, wanneer hulle om borgtogaansoek sal voortgaan.
Die vrou, Margrietha de Goede, 66, en baba Wiehan is verlede maand in haar huis verwurg aangetref.
