Oproer by Olifantshoek, 10 vas

Tien mense is in hegtenis geneem na gewelddadige betogings oor dienslewering in Olifantshoek, het die Noord-Kaapse polisie Donderdag gesê.

Polisiewoordvoerder Kaptein Cherelle Ehlers het gesê vier van hulle het in die Kathu-landdroshof vir openbare geweld verskyn en is op borgtog vrygelaat.

Sy het gesê dat nog ‘n munisipale raadslid se huis aan die brand gesteek is Woensdagaand.

‘n Woordvoerder vir die Gamagara plaaslike Munisipaliteit, Kamagelo Semanai, het gesê die huis van die uitvoerende burgemeester Gaetsewe distriksmunisipaliteit, Sophia Mosekatse, is afgebrand.

Mosekatse en haar familie was nie by die huis nie.

“Hulle is veilig en dit gaan baie goed met hulle,” het Semanai gesê.

Die polisie ondersoek ‘n saak van brandstigting en openbare geweld. Die polisie ondervra ‘n paar mense in verband met die brandstigting.

Die huis van die Gamagara munisipale bestuurder Charles Phuti is ook beskadig toe dit aan die brand gesteek is Dinsdag, blykbaar deur die betogers. Die dorp word geteister deur protes sedert die begin van die maand.

Die betogers eis die onmiddellike bedanking van Gamagara se uitvoerende burgemeester Maria Diniza en haar raad.

‘n Woordvoerder vir die inwoners, Sheperd Mines, het vroeër gesê hulle het betoog oor ‘n gebrek aan basiese dienslewering en onvervulde beloftes van werk op die myne in Kathu.

лобановский александр фото

Maak 'n opvolg-bydrae