Mabel Jansen moet boet vir wat reeds algemene kennis is

Die Black Lawyers Association (BLA) het gevra dat die Hooggeregshofregter, Mabel Jansen, moet bedank in die lig van uitsprake wat sy in ‘n privaat gesprek op Facebook gemaak het.

Die opmerkings is vervat in ‘n gesprek tussen Jansen en die aktivis, Gillian Schutte, en is die naweek op sosiale media geplaas. Jansen het gesê dat 99% van swart pa’s, ooms en broers, kinders so jonk as vyf jaar verkrag.

Die president van die BLA, Lutendo Sigogo, sê hulle is woedend oor die uitlating waarin onder meer ook gesê is in swartmense se kultuur is vroue slegs daar om aan mans se behoeftes te voldoen en dat toestemming nie nodig is nie.

Die Demokratiese Alliansie (DA) het eerste op die wa gespring om die probleem van swartes wat kinders verkrag te probeer toesmeer met die rassismekaart.

Die party het regter Mabel Jansen by die Regterlike Dienskommissie (RDK) gaan verkla wat nou verplig is om haar te ondersoek.

Jansen het ongetwyfeld uit haar ervaring op die regbank empiriese getuienis gedeel, soos blyk uit haar privaat gesprek met die anti-wit strydros Gillian Schutte.

“In hulle kultuur is ‘n vrou daar vir plesier. Punt. Dit word beskou as ‘n absolute reg en ‘n vrou se toestemming word nie vereis nie,” het die regter gesê.

Verskeie akademiese studies het ook reeds bevind dat verkragting deel is van swart kultuur.

Vermeende verkragter én polisiebeampte voor

‘n Bloemfonteinse polisiebeampte, wat na bewering dossiere uit die hof gesteel het, en ‘n plaaslike sakeman verskyn na verwagting vandag weer in die plaaslike landdroshof.

Patricia Pitt, van die Parkweg-polisiekantoor, is vroeër op borgtog van R3 000 uitgelaat terwyl Thulani Qhiti in aanhouding bly.

Pitt het glo dossiere by die Bloemfonteinse landdroshof gesteel. Qhiti word glo in een van die gesteelde dossiere weens beweerde verkragting ondersoek.

Albei staan tereg op aanklagte van diefstal en dwarsboming van die gereg.

België sê nee vir Namibiese indringerbos

Die Belgiese minister van energie, me. Annemie Turtelboom, is sterk gekant teen dié regering se subsidiëring van ’n kragstasie in die stad Gent wat elektrisiteit sal opwek met indringerbos uit Namibië.

Die Vlaamse dagblad De Morgen berig die rede hiervoor is die Namibies-­Israeliese sakeman mnr. Gershon Ben-Tovim, hoof uitvoerende beampte van Greencoal­ (Namibia) Limited wat die hout sal lewer, se vermeende bande met die Italiaanse Mafia.

Greencoal is in 2010 in Namibië geregistreer en die maatskappy se registrasienommer is 2010/0314.

Ben-Tovim was ’n sakevennoot van die omstrede Vito Palazollo wat tans tronkstraf in Milaan, Italië, uitdien vir sy betrokkenheid by die Cosa Nostra-­mafia se geldwassery-skandaal waarby US$80 miljoen se dwelmgeld betrokke was.

Belgian Eco Energy (BEE), die Belgiese maatskappy wat die kragstasie wil oprig, het na wat berig word ’n ooreenkoms met Ben-Tovim gesluit vir die verskaffing van biomassa uit Namibië om as grondstof in die opwekkingsproses te gebruik.

De Morgen het vroeër die week ’n “ingeligte bron” aangehaal wat gesê het die laaste ding wat die (Belgiese)­ regering wil doen, “is om miljoene se subsidie aan ’n buitelandse misdadiger te gee”.

Turtelboom het verlede Vrydag op grond van die inligting in ’n verslag oor Ben-Tovim se betrokkenheid, probeer om ’n stokkie te steek voor die subsidiëring van die kragstasie. Sy het egter nie genoeg steun daarvoor gekry nie.

BEE maak aanspraak op subsidie van meer as 2 miljard euro oor die volgende 15 jaar vir dié projek en is van voorneme om ’n kwart van die biomassa wat vir opwekking gebruik gaan word, uit Namibië in te voer.

’n Groot deel van dié subsidie sal volgens die berig in De Morgen aan­gewend word om Ben-Tovim vir die lewering van die indringerbos te betaal.

Ben-Tovim en Palazollo se­ ­sakebande strek terug tot kort ná Namibië se onafhank­likwording.

Hulle het in die negentigerjare saam ’n volstruisbroeiery op Palazollo se plaas naby Omaruru begin. In 1995 het Palazollo vir hom geld geleen om ’n diamantmyn in Rusland te koop.

Verder het hy eksklusiewe regte bekom om diamante in Diamantgebied 1 tussen Oranjemund en Bogenfels te ontgin.

Die Instituut vir Sekuriteitstudies (ISS) het vroeër in ’n verslag oor geörganiseerde misdaad in Namibië sy bedenkinge uitgespreek oor waarom een van die mees winsgewende konsessies binne ’n De Beers-diamant­gebied aan ’n buitelander soos Ben-Tovim toegeken is.

Volgens die instituut se verslag het hy ook bande gehad met August 26, die kommersiële arm van die Namibiese weermag.

De Morgen berig Ben-Tovim se naam duik ook op in skandaal waarin die Britse parlementariër Tony Baldry daarvan beskuldig is dat hy in 2012 sy invloed gebruik het om ’n ­diamantonderneming in Sierra Leone wat aan eersgenoemde behoort, van die swartlys in dié land te haal. Baldry is glo 65 000 euro daarvoor betaal.

Bron: Die Republikein

Sadou dreig Onderwysdepartement met regstappe

Die onderwysvakbond, Sadou dreig om die departement van basiese onderwys hof toe te sleep oor die bekendmaking van die verslag oor die ondersoek na die geld-vir-poste-skandaal waarin die vakbond glo impliseer word.

Sadou sê hulle is die reg ontneem om op die Ministeriële Taakspan se oorspronklike dokument te reageer, het RSG berig.

Die departement het besluit om dit met twee weke terug te hou sodat gesprekke met vakbonde en ander belangegroepe kan plaasvind.

Die verslag moes aanvanklik in Februarie bekendgestel word. Daarna sou die minister, Angie Motshekga dit verlede Vrydag bekendmaak.

‘n Ondersoek deur ‘n Sondagkoerant twee jaar gelede het onthul hoe onderwysposte vir R30 000 rand verkoop word.

Sadou sê sy versoeke aan die regering word geïgnoreer.

Die departement van basiese onderwys sê hulle kan nie verstaan hoekom Sadou met regstappe dreig nie.

Matthew Theunissen teken amptelik verskoning aan vir gebruik van ‘K-woord’

Matthew Theunissen, die nagraadse student wat uit protes teen rassekwotas in sport op Facebook gesê het, “die land word deur ‘n spul kaffers regeer”, het nou via sy vader se prokureur amptelik verskoning aangeteken. Sy skrywe, wat aan “sy edele minister Fikile Mbalula, die mense van Suid-Afrika, die regering van Suid-Afrika en die Suid-Afrikaanse menseregtekommissie” gerig is, heet “Ope brief (en) onvoorwaardelike verskoning”.

In die brief, wat op Engels vrygestel is, en elders op PRAAG in die oorspronklike te lese is, druk hy sy spyt uit oor sy verklaring op Facebook “wat ‘n invloed op sy lewe had, maar belangriker, die uiterste leed en belediging aan ander aangerig het”. Hy bied “onvoorwaardelik verskoning vir sy gedrag, sy taalgebruik, rassistese opmerkings [aan] en die wyse waarop hy in dié oomblik sy gevoelens verwoord het”.

Terwyl Theunissen se oorspronklike uitbarsting veral teenoor die minister van sport, Fikile Mbalula, geskied het, bied hy nou insgelyks ‘n verskoning aan die minister aan deur te sê:

“Minister, u het ontelbare pogings aangewend en vordering in die departement van sport en ontspanning gemaak om Suid-Afrika te verenig en om grondwetlike waardes hoog te hou wat daarop gerig is om Suid-Afrika die groot nasie te maak wat dit is.

“Dit ly geen twyfel dat my verklaring aanstootlik was nie, en sou, in weerwil van u posisie, u persoonlik leed aandoen. Daar is geen verskoning vir my om die taal te gebruik wat ek wel gebruik het nie, en ek kan my bloot beskikbaar stel aan u, u genade en raad oor hoe ek kan begin om die skade wat ek u berokken het, reg te stel.”

Teenoor die ANC-bewind, wat enkele dae tevore nog ‘n klomp swartnerwe en “d*se” was, bied Theunissen insgelyks verskoning aan deur te sê:

“Ongeag (my) politieke posisies en mening, is my gedrag onverskoonbaar en my verklarings oor u ongegrond. Ek het geen idee wat dit behels om ‘n land te bestuur nie, wat nog te sê om mense van ‘n apartheidsbewind na vryheid te neem nie. My gedagtes word toegeskryf aan ‘n grondige gebrek aan begrip en my verklaring was nie net in swak smaak nie, maar blatant oneerbiedig. Ek vra opreg om verskoning daarvoor.”

Intussen het die kleurlingrubriekskrywer Eusebius McKaiser geweier om Matthew Theunissen se verskoning te aanvaar en gesê hy beskou hom steeds as ‘n “rassis”.

Onder andere skryf McKaiser in sy rubriek op IOL:

“Die woord ‘kaffer’, vrees ek, is so uniek gelaai met minagting, kwaadwilligheid, haat en boosaardigheid dat niemand wat nie ‘n rassis nie, dit sou gebruik nie.”

 

ANC se komplot-kommer: Is Indië nog deel van BRICS?

Die ANC in KwaZulu-Natal sê die VSA en Brittanje voer ‘n komplot om van President Jacob Zuma en sy Brasiliaanse eweknie, Dilma Rousseff ontslae te raak.

Die rede daarvoor is glo dat Anglo-Amerikaanse beleidsmakers die Brics-lande as ‘n bedreiging vir hul ekonomiese beheer beskou.

Indië word egter nie deur die VSA en Brittanje as ‘n bedreiging gesien nie, maar as ‘n bondgenoot.

Die verhouding met China kan op die langduur problematies raak aangesien Rusland goeie verhoudinge met die Chinese aangeknoop het.

Die voorsitter van die ANC in KwaZulu-Natal, Sihle Zikalala het ‘n lesing by die Universiteit van Zululand naby Empangeni gelewer.

Zikalala het die totstandkoming van die Brics-ontwikkelingsbank as ‘n keerpunt beskryf, wat politieke aanvalle in vlae sal meebring, het RSG berig.

Die geopolitieke omstandighede is egter meer verwikkeld as wat die Zoeloeleiers en Gupta-vennote wil voorhou.

Indië se premier Modi het ‘n reeks besluite oor die afgelope maand geneem wat toon dat sy land se strategiese berekeninge radikaal verander het sedert die Amerikaanse minister van verdediging Ashton Carter se besoek verlede maand.

Elemente van ‘n anti-Chinese spilpunt is in Indië se jongste beleidsverklarings opgemerk na die “logistieke dienste-ooreenkoms” (LSA) met die VSA wat glo tans onderhandel word.

Reuters haal Amerikaanse militêre amptenare aan wat beweer dat die LSA die twee lande “sal toelaat om mekaar se grond-, lug- en vlootbasisse vir voorrade, brandstof en rus te deel”.

Dit beteken in werklikheid dat die VSA effektief die reg verkry het om volle spektrum rotasiemagte oral in die hele Indië op ‘n gereedheidsgrondslag te plaas ten einde China te beheer.

Alhoewel Rusland voorheen wapens aan Indië verskaf het, het die VSA intussen oorgeneem as die land se grootste verskaffer. Die Indiërs is selfs ‘n Amerikaanse vliegdekskip belowe.

Indië was sigbaar ontsteld na China verlede jaar aangekondig het dat $46 miljard bestee sal word aan ‘n China-Pakistan Ekonomiese Korridor (CPEC) wat deur die Pakistani-geadministreerde Kasjmir sal loop.

Nieu-Delhi het klaarblyklik Amerikaanse planne om Eurasiese integrasie te saboteer verwelkom deur ‘n konferensie te reël van Chinese dissidente, iets wat Indië met sy botsende etniese groepe skaars kan beskostig.

ANC verwerp Tsonga-minderheidsaansprake

Die ANC het nie ‘n saak met minderhede nie. Die minister van staatsveiligheid, David Mahlobo het die Tsonga-minderheid in Limpopo gewaarsku dat hulle eise om ‘n eie munisipale gebied en skole nie geduld sal word nie.

President Zuma het Mahlobo glo gestuur om te gaan ondersoek instel. Volgens die Business Day is daar “baie agterdog” oor die geweld en oproer in die gebied omdat 17 skole afgebrand is.

Mahlobo het ontken dat misdaadintelligensie misluk het, en dat dit die rede is hoekom die 24 skole wat aan die brand gesteek is, nie gered kon word nie.

Die minister van samewerkende regering, David van Rooyen het ook sê die regering gaan nie die besluit deur die Munisipale Afbakeningsraad omkeer nie.

Tsongas is woedend oor die samesmelting van Vuwani en Malamulele in Limpopo.

Hulle sê hulle wil nie onder Vendas se gesag wees nie. Oproer en onrus teister die gebied al maande lank terwyl die ANC leë beloftes maak oor inspraak en toegewings.

Verskeie skole is tydens gewelddadige protesoptrede afgebrand nadat die Hooggeregshof vroeër ten gunste van die Afbakeningsraad beslis het.

Van Rooyen het Donderdagaand in Thohoyandou gesê inwoners wat teen die besluit is, moet teen die hofbeslissing appelleer.

Intussen is nog sewe verdagtes in hegtenis geneem nadat 17 skole in die gebied afgebrand is.

Dit bring die aantal verdagtes wat in hegtenis geneem is vir openbare geweld, brandstigting en opsetlike saakbeskadiging in Vuwani, op twaalf te staan.

Die Menseregtekommissie sê kommer heers oor 26 000 swart skoolkinders in Vuwani in Limpopo se reg tot toegang tot onderwys, wat geskend word.

Onderrig in die gebied is gestaak te midde van voortslepende gewelddadige betogings, en sowat 24 skole is al aan die brand gesteek en beskadig.

Die provinsiale Menseregtekommissaris, Victor Mavhidula het die geweld veroordeel. Hy sê mense kan ook sukses bereik deur om ‘n tafel te sit en hul griewe te spreek, eerder as om eiendom aan die brand te steek.

Booswigte slaan op Bethal toe

Booswigte het op Bethal toegeslaan wat tot skietgevegte tussen hulle en die polisie gelei het.

Konst. Thomas Mogadime van die plaaslike polisiestasie het bevestig dat rowers weer eens die dorp geteister het.

Die Delicatessen in Chris Hanistraat is die week beroof.

North City Wholesalers is ook op 4 Mei beroof.

Na wat verneem word, was daar ‘n hewige skietery tussen die polisie en die rowers.

Inwoners het hul kommer uitgespreek oor misdaad wat op Bethal hand uitruk.

OFM ‘plaasmoord’: Met ysterpyp en houtpaal

‘n Swarte wat in hegtenis geneem is in verband met die beweerde moord op sy vriendin op ‘n plaas naby Smithfield, sal na verwagting vandag weer in die plaaslike landdroshof verskyn.

Petrus Lempetjhe (28) het glo sy vriendin op die plaas Haasfontein naby Smithfield met ‘n ysterpyp en houtpaal aangerand. Hy is enkele minute ná die voorval verlede naweek in hegtenis geneem.

Die 32-jarige slagoffer se tweejarige seuntjie was by haar toe haar liggaam gevind is.

Vrystaatse polisiewoordvoerder, Yanga Ngcukana het vroeër aan OFM-nuus gesê die saak is vroeër vir verdere ondersoek uitgestel.

OFM het in hul opskrif na die moord as ‘n “plaasmoord” verwys, ‘n opsetlike poging om gewone swart misdaad met etniese uitwissing van wit plaaseienaars te verwar.

Die waarnemende polisiekommissaris, Khomotso Phahlane, sê hulle het misdaad en geweld op plase en kleinhoewes as ‘n opkomende prioriteit vir die 2016/17 finansiële jaar geïdentifiseer.

Hy het met Afriforum vergader oor die prioritisering van plaasmoorde, nadat die Suid-Afrikaanse polisie het aangedui dat plaasmoorde as ‘n prioriteitsmisdaad beskou sal word.

Phalane sê dit is deel van die geïntegreerde benadering om misdaad en misdadigheid in die land uit te roei.

Hy sê die landelike veiligheidstrategie is reeds ver gevorder, maar dat dié misdade slegs bestry kan word met die hulp van plaasgemeenskappe wat in forums soos gemeenskapspolisiëringsforums betrokke raak.

Statistiek SA ontdek etniese seksuele teistering

Seksuele misdrywe is glo ‘n “moeilike misdaad” om te bestudeer omdat verskeie aspekte daarvan as skadeloos beskou word deur sekere gemeenskappe.

Vermoedelik is dit “moeilik” omdat dit byna verbode is in Suid-Afrika om na ras en etnisiteit te verwys.

Statistiek Suid-Afrika se navorsing toon dat meer vroue slagoffers word van seksuele misdrywe as mans. Die oortreders is normaalweg mense wat bekend is aan die slagoffers.

Statistiek Suid-Afrika se Isabelle Schmidt sê ‘n bekommernis is dat ‘n beduidende hoeveelheid vroue seksuele teistering ervaar by die werksplek.

Sy sê vroue rapporteer nie sulke oortredings wat vir wittes totaal onaanvaarbaar is nie, omdat “ander kulture” dit nie veroordeel nie.

Schmidt het nie uitgebrei oor die verskillende kulture waarna sy verwys het nie, maar het vermoedelik na die gebrek aan respek vir vroue in die Moslem- en swart kulture verwys.