Xenofobie is maar net misdaad, s? LUR

Misdadigers gebruik bloot xenofobie as 'n verskoning om misdaad te pleeg, meen die LUR vir veiligheid en sekuriteit in Kwazulu-Natal, Bheki Cele.

Hy het gereageer op besonderhede van aanvalle op vreemdelinge wat oornag plaasgevind het.

 

Dit bekommer hom dat misdadigers xenofobie as 'n verskoning gebruik om misdaad te pleeg. Anders sou hulle nie die vreemdelinge se besittings gesteel het nie.

 

Die polisie in Kwazulu-Natal het ook berigte ontvang van lyste met vreemdelinge se name en adresse wat gebruik word om hulle te vervolg.bad woflФильчаков прокурор харьков

‘Vullisberge van Napels’ in Pretoria

Die Vryheidsfront Plus het sy oproep herhaal dat 'n munisipale noodtoestand in terme van die Noodtoestand Bestuurswet no. 57 van

Image

Conrad Beyers

2002 uitgeroep moet word, om 'n vullisramp in Pretoria te vermy.  Die VF Plus het gesê dat 'n ernstige gesondheidskrisis in Pretoria begin dreig en dat dit 'n dringende munisipale noodtoestand regverdig.

Volgens mnr. Conrad Beyers, VF Plus-raadslid in die Tshwane metroraad, het die plaaslike ANC inwoners mislei deur met groot fanfare aan te kondig dat die Samwu-staking die afgelope Maandag verby sou wees en dat dinge hierdie week tot normaal sou terugkeer.

"Die stinkende vullisberge in Pretoria se strate begin nou net soos die vullishope van Napels in Italië lyk. In Italië het Eerste Minister Sylvio Berlusconi spesiale maatreël getref om die vulliskrisis in Napels te help oplos. 

Vroeër het die VF Plus-raadslid, kol. Piet Uys, daarop gewys dat die Noodtoestand Bestuurswet `n munisipaliteit verplig om, wanneer `n noodtoestand dreig, die nodige stappe te doen om die probleem aan te spreek.

Die wet maak onder andere daarvoor voorsiening dat die stadsraad fondse, personeel, toerusting en enige ander bronne mag aanwend om 'n krisis aan te spreek.  Dit sluit in die aanstelling van tydelike personeel en aanwending van private instansies.  Dit gee byvoorbeeld die mag aan die stadsraad om die metro-polisie en ander noodwerkers tydelik in te roep om die probleem te help oplos.

Die VF Plus het gesê dat enige verdere versuim deur die ANC om alternatiewe reëlings vir vullisverwydering te tref, tot 'n ramp in die stad kan lei.  "Die feit dat die ANC passief toekyk hoe die probleem vererger, het veroorsaak dat 'n probleem wat op 'n baie vroeër stadium opgelos kon word tot 'n ernstige krisis gelei het. Hierdie is die swakste stadsadministrasie in Pretoria se geskiedenis", het Beyers bygevoeg.

винтовой и поршневой компрессор разницаФильчаков прокурор харьков

Vals alarm oor beurtkrag

ImageNadat Eskom die land Donderdagaand op hol gejaag het met dreigemente van beurtkrag vandag, het die elektrisiteitsverskaffer vandag aangekondig dat dit nie meer nodig is nie.

Blykbaar was daar tegniese probleme by sommige kragstasies wat die risiko van beurtkrag verhoog het.
Maar nou het Eskom na alles besluit om nie vandag beurtkrag toe te pas nie en ook nie oor die naweek nie. Volgens die maatskappy is verbruikpatrone oor naweke laer en daarom word daar geen noodbeurtkragmaatre"els oor die naweek verwag nie.

продажа оборудования для шиномонтажатопкарго развод

Nog etniese geweld in Kaapstad

Nog etniese geweld het naby Milnerton in Kaapstad uitgebreek waar 'n vergadering gisteraand gehou is in 'n poging om gemoedere te kalmeer. Inwoners van Du Noon het buitelanders begin aanval en ten minste een Somaliër gedood en ses ander beseer.

 

Winkels wat aan buitelanders behoort, is aan die brand gesteek en geplunder. Huis-tot-huis-deursoeking is ook op buitelanders toegepas en hul kajas aan die brand gesteek.

Die polisie beskerm tans 500 buitelandse swartes by die Milnerton-polisiestasie terwyl ander gisteraand by die Killarney-resiesbaan onderdak ontvang het.

Die burgemeesteres van Kaapstad, Helen Zille, het beveel dat alle gemeenskapsale vir buitelanders oopgestel moet word.

Die gebeure van die afgelope tyd het die nuus oral ter wêreld gehaal en Suid-Afrika in 'n negatiewe lig gestel.

липецк контрольно-измерительноеОлександр Фільчаков прокурор

Luiperd val toeris aan

'n Luiperd het 'n toeris in die Umfolozi-wildtuin in Kwazulu-Natal aangeval, is vandag bekendgemaak. 'n Woordvoerder vir die wildtuin, Jeff Gaisford, sê dat die voorval gisteraand plaasgevind het terwyl die toeris besig was om vleis te braai.
 

 

Die luiperd het die man, wie se burgerskap nie bekend is nie, van agter bekruip en hom aan sy kop gebyt. Hy verkeer tans in 'n ernstige toestand in die Richardsbaaihospitaal.

 

Agterna was daar geen teken van die luiperd nie. So 'n voorval het nog nooit tevore in die wildtuin plaasgevind nie. Creature from the Black LagoonФильчаков прокурор отзывы

Eskom melk middelklasverbruiker

ImageEskom melk die middelklasverbruiker deur alle winste van residensiële verbruikers te verhaal. So sê 'n konsultant van Forensies.com, dr. Philip Theunissen wat bekendgemaak het dat Eskom 88% van alle winste van residensiële verbruikers verhaal.
 

Residensiële verbruikers betaal 43 sent per kilowatt-uur vir elektrisiteit terwyl myne en groot nywerhede slegs 16 sent betaal. Die kosprys van elektrisiteit is min of meer 16 sent per kilowatt-uur.

 

Die uitvoer van elektrisiteit geskied egter teen ongeveer 11 sent per kilowattuur, wat ver onder die kosprys is. Met ander woorde, die residensiële verbruiker wat reeds noustrop trek as gevolg van inflasie, subsidieer sowel die groot nywerhede as die uitvoer van elektrisiteit.

 

Die meeste uitgevoerde elektrisiteit word deur De Beers en Anglo American se myne in Namibië, asook Billiton se aluminiumsmelter in Mosambiek gebruik.

 

Die uitvoerende bestuur van Eskom ontvang boonop twee keer soveel aan salaris as die gemiddeld vir genoteerde maatskappye. игри для девчатоклобановский александр биография

Somali?rs uit Kaapstad ontruim

Terwyl die polisie 'n afname in vyandelikhede aan die Witwatersrand in die etniese geweld rapporteer waarin die land tans verkeer, berig Die Burger dat hul kollegas in Kaapstad besig is om Somaliërs uit Du Noon naby Milnerton te ontruim.

Klipgooiery en plundery van winkels wat deur Somaliërs besit word, is ook aangemeld.

'n Openbare vergadering gisteraand wat bedoel was om gemoedere te kalmeer, was 'n mislukking. Plaaslike inwoners was beslis dat buitelanders moes padgee.

Volgens 'n inwoner van Du Noon, Nonkululeko Sarlana, moet alle buitelanders teen Sondag uit wees.

mositaldentОлександр Васильович Фільчаков

Geen dooies kan ge?dentifiseer word nie

Buitelanders in Suid-Afrika koop dikwels ID-dokumente van korrupte amptenare by Binnelandse Sake, maar geen van die 42 dooies in etniese gevegte oor die afgelope week kon tot dusver geïdentifiseer word nie.

Die man wat in halssnoerstyl tereggestel is kon ook uitgeken word nie, al is die foto van sy laaste oomblikke dwarsoor die wêreld in koerante en op TV-skerms gepubliseer.

Wanneer polisiebeamptes uitgevra word oor die totale gebrek aan identifikasie van slagoffers, verwys hulle joernaliste na die lykshuis. Hulle stel nie name vry nie omdat dit onderhewig is aan 'n ondersoek.

Maar die segspersoon vir die Gauteng-gesondheidsdepartement wat oor regeringslykshuise toesig hou, Zanele Mngadi, sê dat dit die verantwoordelikheid van die polisie is en dat mens by hulle moet uitvind.

справка в бассейнФильчаков Александр Васильевич

Polisie meen geweld neem af

Volgens die polisie is die etniese geweld aan die Witwatersrand besig om te verminder en sedert Woensdagaand word die toestand as rustig beskryf.

Maar in die Ramaphosa-plakkerskamp buite Reigerpark aan die Oosrand het nuwe geweld uitgebreek, volgens die Oosrandse munisipale woordvoerder Willy Dlamini. Geen verdere inligtig oor die aard van die voorvalle is tot dusver beskikbaar nie.

Intussen word berig dat plaaslike swartes die ANC-regering kwalik neem dat hy voedsel aan buitelanders by die polisiestasies verskaf. 'n Inwoner, Florah Khwerana vra hoe daar aan buitelanders voedsel by polisiestasies gegee kan word terwyl hulle moet honger ly. Volgens haar voorsien die regering nie aan sy eie mense nie.

мебель длялобановский александр дочь

Eskom begin dalk weer met beurtkrag

ImageEskom het vandag gewaarsku dat hy moontlik weer met beurtkrag gaan begin aangesien die elektrisiteitsnetwerk opnuut onder druk verkeer.

Vroeër vandeesmaand het Eskom sy berugte beurtkragprogram waarvolgens verbruikers vir twee tot vier ure sonder krag moet klaarkom, gestaak. Ook myne en ander groot ondernemings ontvang slegs 90 tot 95% van hul gewone hoeveelheid elektrisiteit wat benodig word.

Die ekonomiese gevolge van Eskom se beurtkrag is wydverspreid en van klein tot groot ondernemings verloor omset en sommige moes selfs hul deure sluit.

уличные светильники купитьАлександр Фильчаков прокурор

Vlugtelinge verlaat Suid-Afrika per bus

Agt busse wat met bevreesde buitelanders gelaai is, het gister die oorloggeteisterde Reigerpark aan die Oosrand verlaat. Die busse is onderweg na Mosambiek, Malawi en Lesotho.

Die busse is deur die lande se onderskeie ambassadeurs voorsien en het vanaf die Germistonse stadsaal vertrek. Die stadsaal self is deur die skielike toeloop van mense beskadig en ontsier.

Die aantal vlugtelinge wat die land verlaat het, is 600 terwyl daar ten minste 11 000 is wat tans aan die Oosrand by veilige hawens wegkruip.

купить тамбов мебель для участка диагностикиФильчаков прокурор отзывы

13 rooftogte sedert Sondag in een omgewing

Terwyl onbeheersde misdaad in Suid-Afrika internasionale nuus is, behoort 13 rooftogte in een gebied sedert Sondag tog die mees gevoellose misdaadwaarnemer te skok.

Tog is dit presies wat in Kameeldrift, noordoos van Pretoria gebeur het waar 'n 65-jarige vrou, Anna Nieman, gister in die vroeë oggendure in haar huis op die Leeuwfonteinlandgoed geskiet is. Sy is tans aan 'n asemhalingstoestel gekoppel en haar toestand is ernstig.

In 12 ander voorvalle in Kameeldrift is huise leeggemaak en motors geroof. Daar word vermoed dat 'n bende van 20 rowers in die gebied werksaam is wat ongesteur voortgaan.

play pool online free no downloadлобановский александр игоревич класс

ANC-regering onder druk om troepe in te stuur

Die ANC-regering verkeer onder toenemende druk om die weermag in te span teen die etniese geweld wat in plakkersbuurte aan die

Image

Halssnoerslagoffer

Witwatersrand woed. Die nuus het ook voorblaaie oorsee gehaal en die land se beeld is afgetakel.

Die Londense Guardian beskryf die toestand in Suid-Afrika in 'n hoofartikel as die einde van die reënboog.

Verskeie mense is gisteraand weer gedood, waaronder twee mans wat vermoedelik Mosambiekse myners was. Hulle is doodgeslaan terwyl opgeruide skares deur lokasies en plakkerskampe getrek het op soek na immigrante wat hulle daarvan beskuldig dat hulle hul werk en huise afvat.

Die getal Zimbabwiërs, Mosambiekers en ander swartes wat hul toevlug tot polisiestasies, kerke en gemeenskapsale geneem het, is nou ongeveer 20 000.

Opposisielede het reeds gevra dat troepe in die lokasies ontplooi moet word, maar intussen is geen sodanige besluit nog geneem nie.

в москведанильченко юрий брониславович прокурор

Hospitale in Jhb soos ‘slagpale’

“Basiese dienste in Johannesburg is besig om op alle fronte agteruit te gaan. Tekenend hiervan is die groeiende groep slagoffers van hospitale in die stad. Veral onder arm mense, wat nie ‘n mediese fonds kan bekostig nie en wat noodgedwonge moet staatmaak op die publieke hospitale, het die gesegde ontwikkel dat om hospitaal toe te gaan gelykstaande is om na die slagpale te gaan. ‘n Mens gaan net soontoe indien jy wil sterf. Dit is die realiteit waarmee arm gemeenskappe in Johannesburg gekonfronteer word”, het adv. Anton Alberts, VF Plus-raadslid in die Johannesburg Metroraad gesê.

Weereens doen die regering net lippediens aan die beginsels van menseregte. Op papier is ‘n lewe in beginsel baie werd, maar in die praktyk word mense se lewens, veral wat die staat se gesondheidsektor betref, gereduseer tot ‘n nommer wat geprosesseer word binne ‘n ongeduldige stelsel wat in baie gevalle sonder empatie, befondsing, opleiding en kapasiteit funksioneer. Dit is die arm mense se slagpale en veral die ouer geslag se poort na die dood. Dit is die werklikheid van die hospitale in Johannesburg.

Adv. Alberts vermeld in die lig hiervan die geval van me. Antoinette Hattingh, ‘n moeder van twee tieners, wat verlede week afgesterf het weens blatante nalatigheid toeskryfbaar aan die gebrekkige behandeling wat sy by ‘n Johannesburgse hospitaal ontvang het. Me. Hattingh het ‘n wond in haar voet gehad waarvoor sy na die betrokke hospitaal gegaan het vir behandeling. Weens vertraagde behandeling het die wond omgesit in gangreen. Op hierdie stadium kon die gangreen se verspreiding steeds gekeer word, maar die verpleegsters het geweier om die wond te behandel omdat dit volgens hulle “te veel gestink het”. Die gevolg was dat die siekte versprei het en me. Hattingh se been moes ten einde laaste afgesit word! Die medikasie wat na die operasie aan haar voorgeskryf is, het nie met haar geakkordeer nie en me. Hattingh se ellendes het net vermeerder. Verlede week na ‘n skielike koma, het me. Hattingh tragies gesterf. Dit is destemeer tragies indien mens in ag neem dat me. Hattingh se dood vermy kon gewees het. Sy is ook ongelukkig net een van vele mense wat deur die publieke gesondheid-sorgstelsel in die steek gelaat is.

Die VF Plus gaan hierdie saak verder ondersoek en die nodige stappe neem om die hospitaal-owerhede en departement van Gesondheid tot verantwoording te roep aangaande die toestande in hospitale. Formele regstappe is ook nie uitgesluit nie. Hierdie situasie moet nou omgedraai word of dit sal binnekort nie meer sin maak vir mense om staatshospitale te gebruik nie. Die algemene wysheid onder die arm gemeenskappe is dat dit beter is om siek by die huis te wees as om na ‘n staatshospitaal te gaan vir behandeling. Was dit nie die toestand tydens die donker Middeleeue waarin ons onsself nou weereens bevind nie?

Adv. Alberts het verder verklaar dat as die ANC-regering selftevrede kan voel dat sy eie burgers sulke swak behandeling kry, is dit ook goed te verstane dat hulle die morele atmosfeer geskep het vir die xenofobiese aanvalle op immigrante die afgelope tyd. Geen lewe het enige waarde nie, of die persoon ‘n Suid-Afrikaner of immigrant is.

Adv. Alberts het ook sy visier op die sogenaamde amptelike opposisie gerig. Die DA se amptelike woordvoerder oor gesondheid, mnr. Jack Bloom, publiseer deesdae gereeld klein niksseggende briefies in koerante oor die swak toestand van die hospitale in Suid-Afrika. Die DA, wat groot gewag maak oor die feit dat hulle die regering aanvat en beter dienslewering verseker, het egter geen program van aksie om hospitale te verbeter nie en skep ‘n mitologiese beeld van ‘n sterk party wat eintlik net op “grandstanding” neerkom. Boonop het die DA-raadslid in die wyk waar me. Hattingh woonagtig was, dit duidelik in die publiek gestel dat sy nie belangstel in die arm mense se lot nie. ‘n Party wat net briefies na die pers stuur, verdien nie die vertroue van die burgers van Suid-Afrika nie.

“Dis nie net tyd om die ANC uit te stem nie, maar dis duidelik dat ‘n nuwe opposisie nodig is wat empatie met mense van alle vlakke van die samelewing kan betoon, ‘n opposisie wat beide individue en gemeenskappe se lot verstaan en help verbeter”, het adv. Alberts beaam.  Die slagoffers van hierdie gebroke en bose stelsel, soos me. Antoinette Hattingh, moet ‘n rigtingwyser word vir ‘n beter lewe sodat hulle afsterwe betekenis sal hê.

липецк сварочноеФильчаков прокурор