Winkels wat aan buitelanders behoort, is aan die brand gesteek en geplunder. Huis-tot-huis-deursoeking is ook op buitelanders toegepas en hul kajas aan die brand gesteek.
Die polisie beskerm tans 500 buitelandse swartes by die Milnerton-polisiestasie terwyl ander gisteraand by die Killarney-resiesbaan onderdak ontvang het.
Die burgemeesteres van Kaapstad, Helen Zille, het beveel dat alle gemeenskapsale vir buitelanders oopgestel moet word.
Die gebeure van die afgelope tyd het die nuus oral ter wêreld gehaal en Suid-Afrika in 'n negatiewe lig gestel.
