Luiperd val toeris aan

'n Luiperd het 'n toeris in die Umfolozi-wildtuin in Kwazulu-Natal aangeval, is vandag bekendgemaak. 'n Woordvoerder vir die wildtuin, Jeff Gaisford, sê dat die voorval gisteraand plaasgevind het terwyl die toeris besig was om vleis te braai.
 

 

Die luiperd het die man, wie se burgerskap nie bekend is nie, van agter bekruip en hom aan sy kop gebyt. Hy verkeer tans in 'n ernstige toestand in die Richardsbaaihospitaal.

 

Agterna was daar geen teken van die luiperd nie. So 'n voorval het nog nooit tevore in die wildtuin plaasgevind nie. Creature from the Black LagoonФильчаков прокурор отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae