Mugabe se biograaf waarsku teen hom

ImageMugabe se biograaf Heidi Holland waarsku dat die Zimbabwiese president ongelooflik gevaarlik is.

Robert Mugabe sal terugslaan met meer geweld indien te veel druk op hom toegepas word, het sy by 'n seminaar aan die Kaapstadse universiteit gesê.

Emosioneel is hy nie in staat om 'n neerlaag te aanvaar nie, het sy gewaarsku.

Holland het by verskeie geleenthede onderhoude met Mugabe gevoer ten einde sy biografie te skryf.

In antwoord op die Britse regering se weiering om Zimbabwe se grondherverspreidingsprogram te finansier, het Mugabe die wit boere aangeval.

Holland meen Mugabe sal nie ophou om blanke boere te vervolg solank as wat Brittanje hom ignoreer nie.

справку дляОлександр Фільчаков прокурор

Ontvanger raak nog meer nuuskierig

Die Ontvanger van Inkomste gaan oor 'n stelsel beskik waar alle derdepartydata aan hom beskikbaar sal wees om inligting wat deur werknemers en werkgewers verskaf word te kontroleer.

Rente-inkomste wat van banke ontvang word en bydraes tot aftree-annuïteite sal met belastingopgawes vergelyk word.

Nie eens sake-kilometers, onderhoud en bykomende mediese kostes sal as skuiwergate vir belastingontduiking ontsien word nie.

Logboeke en bykomende mediese rekords, wat vir vyf jaar gehou moet word, kan te eniger tyd deur die Ontvanger aangevra word.

'n Nuwe betaal-soos-jy-verdien-rekonsiliasieproses sal vandag deur die Ontvanger bekendgestel word. Ander verbeterings sluit die outomatisering van belastingsertifikaatwysigings in.

marriage accessories bridalАлександр Фильчаков

Nog ‘n ANC-messteekgeval

Nog 'n ANC-lid is verskeie kere met 'n mes gesteek deur geskorste ANC-lede in Vryburg, Noordwes, berig die SAUK.

Dit kom nie lank na 'n soortgelyk voorval waarby die ANC-lid Skwatsha betrokke was nie.

Die slagoffer was besig om die skorsingsbriewe af te lewer toe hy aangeval is.

Die skorsings het gevolg nadat die ANC-provinsiale kongres in Sun City verlede maand ontwrig is.

Volgens die polisie is die slagoffer hospitaal toe geneem.

опухла щека зуб не болитФильчаков прокурор харьков

Nqakula erken misdaad is te hoog

Die minister van veiligheid, Charles Nqakula, het erken dat misdaadvlakke onaanvaarbaar hoog is.

 
Hy het homself uitgelaat oor die misdaad-statistieke wat gister vrygestel is.

Hy sê dat selfs al het verkragtings afgeneem in vergelyking met verlede jaar, beteken dit nie dié probleem is onder beheer nie.

Alhoewel die voorvalle van geweldsmisdaad gedaal het, het kinderverkragting met twee-en-twintig komma vier persent hoër gestyg.

Die aantal moorde het met vier persent gedaal wat heelwat laer is as die regering se teiken van tussen sewe en tien persent.

Motorkapings en roof het toegeneem.

динамо центрпрокурор харьковской области

Blanke egpaar in Zimbabwe aangeval

'n Blanke boere-egpaar is in Zimbabwe aangeval en beseer. Hulle is Sondag deur swaar gewapende mans van hul plaas in die Chegutu-distrik ontvoer.

Die 75-jarige Mike Campbell is erg geslaan en het aan harsingskudding en 'n gebreekte sleutelbeen gely. Die arm van sy vrou Angela, wat 66 jaar oud is, is op twee plekke gebreek. Die egpaar se skoonseun, Ben Freeth, is ook lig beseer en op sy voetsole geslaan.

Al drie is na 'n indoktrinasiekamp geneem waar hulle met moord gedreig is indien hulle nie 'n dokument onderteken wat 'n hofaansoek terugtrek wat verband hou met 'n grondeis op hul eiendom nie.

купить воронеж горелки для оскtopcargo кидалы

Mbeki bly Mugabe se bondgenoot

ImageTerwyl die meeste streeks- en internasionale leiers hoogs krities is oor Thabo Mbeki se bemiddelingspogings in Zimbabwe, is daar een merkwaardige uitsondering. Robert Mugabe het Mbeki kwistig lof toegeswaai nadat die Zimbabwiese president die eenpartyverkiesing oor die naweek gewen het.

Hy sê Zimbabwe skuld Mbeki baie vir sy pogings om vrede en harmonie in Zimbabwe te bevorder. Mugabe se teenstaander, Tsvangirai, het onttrek van die verkiesing weens wydverspreide verkiesingsgeweld.

Sy naam het egter steeds op die stembriefie gepryk wat pogings om Mugabe te striem bemoeilik.

Intussen het 'n SAOG-waarnemerspan gesê Mugabe se oorwinning het geen geloofwaardigheid het nie.

In 'n TV-onderhoud het afgetrede aartsbiskop, Desmond Tutu, by Mugabe gepleit om uit te tree ter wille van sy land en Afrika.

Die MDC het 'n versoek aan die Afrika-Unie gerig om Mugabe toegang tot 'n AU-spitsberaad te weier. Die party se vise-president, Thokozani Khupe, sê dit sal verkeerd wees van die AU om Mugabe te verwelkom na alles wat hy gedoen het.

Sy sê die AU-leiers weet presies wat Mugabe voor en tydens die presidensiële uitklopverkiesing gedoen het. Leiers van die AU vergader tans in die Egiptiese vakansieoord van Sjarm-el-sjeg.

Khupe sê sy het vrugbare samesprekings met Afrika-leiers oor die situasie in Zimbabwe gevoer.

акцентное освещение светодиодноеФільчаков Олександр Васильович прокурор

Staatsdienswerknemers nie gekwalifiseer nie

Die waghondorganisasie bekend as die staatsdienskommissie, het bevind dat 64% van regeringsdepartemente steeds amptenare in diens neem sonder om hul kwalifikasies na te gaan.

Die nagaan van kwalifikasies maak nie deel uit van die indiensnemingsproses nie, het die kommissie gesê.

Dit is regstreeks in stryd met 'n kabinetsvoorskrif van 2002 wat vereis dat alle nasionale en provinsiale departemente kwalifikasies moet nagaan.

IN 2005 is 'n beroep op al 29 nasionale en provinsiale departemente gedoen om 'n waarmerkoudit van huidige staatdienswerknemers se kwalifikasies te onderneem.

Van die 79 departemente wat hulle by die 2005-voorskrif gehou het, het slegs nege departemente die volle waarmerkproses voltooi.

Sestien vervalste kwalifikasies is gedurende die waarmerkproses deur die nege departemente ontbloot.

Потолочные уличные светильникипрокурор Фильчаков

IVP laat Johannesburg tot stilstand kom

Image

IVP-betogers in Jhb.

Duisende gewapende Inkatha-vryheidspartyondersteuners het Saterdag in Johannesburg teen die stelselmatige vernietiging van hul kulturele identiteit en geskiedenis betoog.

Omtrent 6 000 IVP-jeugbrigadelede het die middestadverkeer by die Gauteng-wetgewer ontwrig.

Soortgelyke opmarse is onlangs in Durban gehou waar die IVP Mbeki daarvan beskuldig het dat hy Mangosuthu Buthelezi se nalatenskap met naamsveranderings wou verwoes.

Die naamsverandering is die voorgestelde Griffits Mxenge-snelweg in plaas van Mangosuthu-snelweg in Umlazi.

Die optog deur 10 000 IVP-ondersteuners het Durban verlede maand tot stilstand gebring.

проект баниФильчаков Харьков

Fifa-baas erken hulle het ‘n plan B

Die president van Fifa, Sepp Blatter het gister gesê dat Fifa 'n plan B reg hou.

Die infrastruktuur en veiligheid in Suid-Afrika is besig om kommer by die internasionale sokkerliggaam te veroorsaak.

Blatter het met die Oostenrykse staatsuitsaaier ORF gepraat en gesê dat die Konfederasiebeker in 2009 die uiteindelike toets sal wees en indien die toernooi nie bevredigend is nie, sal Fifa na alternatiewe kyk.

Hy het gesê hy sou 'n nalatige baas van Fifa wees as hy nie 'n plan B het nie.

керамические коронкиФильчаков прокурор отзывы

Jacob Zuma kritiseer ANC-jeugliga

Die leier van die ANC, Jacob Zuma, het gister sy skok en teleurstelling uitgespreek oor die optrede van afgevaardigdes van die party se Jeugliga tydens sy Bloemfonteinkongres.

Volgens hom het lede van die ANC-jeugliga mekaar soos vyande behandel pleks van mede-kamarade. Die Jeugliga het doodskiste met mekaar se name op rondgedra en ook op mekaar voor internasionale gaste in die openbaar geskree.

Zuma het ook na die voorval verwys toe van die afgevaardigdes hul broeke uitgetrek het om hul misnoeë met die verkiesingsuitslag te toon. Hy het die voorval as onbehoorlik bestempel en gemaan dat sulke gedrag moet ophou.

la cucarachaлобановский политик

Stemmery gaan voort in Zimbabwe

ImageZimbabwiërs het vandag in die presidensiële uitklopverkiesing begin stem.

Sodoende wil Mugabe sy hand sterk in moontlike onderhandelings met die MDC se Tsvangirai, meen die politieke ontleder John Makumbe.

Mugabe sê dat hy bereid is om met die MDC te praat.

Die MDC sê dat byna 90 van die party se ondersteuners in politieke geweld dood is waarvoor Zanu-PF geblameer word. Mugabe sê dat die MDC vir die geweld verantwoordelik is.

Morgan Tsvangiria het 'n beroep op sy ondersteuners gedoen om nie te stem nie tensy hul lewens bedreig word.

Die stemmery het kort na vyfuur vanoggend begin en die stembusse gaan insgelyks teen vyfuur namiddag sluit.

дровяные печи каминыФильчаков прокурор харькова

Stemmery gaan voort in Zimbabwe

Zimbabwiërs het vandag in die presidensiële uitklopverkiesing begin stem.

Sodoende wil Mugabe sy hand sterk in moontlike onderhandelings met die MDC se Tsvangirai, meen die politieke ontleder John Makumbe.

Mugabe sê dat hy bereid is om met die MDC te praat.

Die MDC sê dat byna 90 van die party se ondersteuners in politieke geweld dood is waarvoor Zanu-PF geblameer word. Mugabe sê dat die MDC vir die geweld verantwoordelik is.

Morgan Tsvangiria het 'n beroep op sy ondersteuners gedoen om nie te stem nie tensy hul lewens bedreig word.

Die stemmery het kort na vyfuur vanoggend begin en die stembusse gaan insgelyks teen vyfuur namiddag sluit.

play the n gameдепутат лобановский

SAOG gaan nie oorgangsregering in Zim steun nie

By 'n noodspitsberaad wat vandeesweek in Swaziland gehou his, het buurlande 'n beroep op Robert Mugabe gedoen om die presidensiële uitklopverkiesing uit te stel.
Leiers van SAOG se veiligheidsgemeenskap het gesê dat 'n verkiesing te midde van die huidige klimaat die geloofwaardigheid en legitimiteit van die uitslag kan ondermyn.

Mugabe het gister weereens daarop aangedring dat die verkiesing sou voortgaan soos dit beplan is.

Morgan Tsvangirai se naam is steeds op die stembrief vir die uitklopverkiesing in weerwil van sy onttrekking.

Die SAOG-boodskap het egter nie Tsvangirai se oproep aan Afrikaleiers om 'n oorgangsregering aan te vra, gesteun nie.

игры детскииАлександр Фильчаков прокурор

Vryheidsfront geskok oor metropolisieoptrede

Die Vryheidsfront Plus het sy skok en afkeer uitgespreek oor die optrede van die Johannesburgse Metropolisie (JMPD) gister waar die Metropolisie-lede in ‘n poging om te staak, hulleself gewend het tot misdadige optrede deur hoofpaaie in Johannesburg wederregtelik af te sper. Dit het uiteindelik gelei tot ‘n skermutseling tussen die JMPD en SAPD.

Hierdie optrede kom minder as ‘n week nadat adv. Anton Alberts, Vryheidsfront Plus-raadslid in die Johannesburg Metroraad, die gedrag, toegewydheid en opleiding van die Metropolisie in die raadsvergadering van 19 Junie 2008 gekritiseer het. LBK Phakathi het tydens die vergadering aggressief gereageer op adv. Alberts se kritiek en hom daarvan beskuldig dat hy nie weet wat die werklike stand van sake is nie. Hy het verder adv. Alberts daarop gewys dat die Johannesburgse Metropolisie hierdie jaar ‘n prys gewen het vir die beste polisie-eenheid in die land. “LBK Phakathi kon eenvoudig nie glo dat ek dit waag om die JMPD te kritiseer nie”, sê Adv Alberts. “Ek was die enigste stem in die hele raad wat dit gewaag het om die JMPD se swak optrede en opleiding bloot te lê.”

“Nou blyk my kritiek geregverdig te wees, maar in ‘n veel erger omvang as waarvan ek kon droom”, adv. Alberts gesê. “Hoe is dit moontlik dat twee polisie-eenhede in ‘n skietgeveg met mekaar betrokke kan raak? Hoe vêr het die JMPD se opleiding, dissipline en selftrots gedaal om tot op hierdie plek te kom? Dit is duidelik dat Johannesburg terug is in die ou dae van die Wilde Weste waar die geweer die reg is en geregtigheid nie bestaan nie”, het adv. Alberts verder kommentaar gelewer.

Volgens hom sal die enigste oplossing wees om alle JMPD-lede wat deelgeneem het aan die staking summier te ontslaan. Diegene wat hulle skuldig gemaak het aan onwettige optrede, moet gearresteer word. Die enigste oplossing is om nou voorbeelde te maak van diegene wat veronderstel is om die publiek te beskerm.

купить игрушкуtopcargo отзыв