Moet ‘God’ weggelaat word?

AfriForum Jeug hou more ʼn referendum by die Universiteit van die Vrystaat (UV) oor die weglating van God se naam uit die universiteit se leuse. Die UV-bestuur het besluit om die woord “God” in sy leuse deur die woord “waarheid” te vervang ná die ontbinding van die verteenwoordigende studenteraad (VSR) by dié instelling verlede jaar. Gevolglik is studenteverteenwoordigers nie oor die kwessie geraadpleeg nie.

Aangesien hierdie besluit sonder ʼn deeglike konsultasieproses met studenteverteenwoordigers geneem is, word die referendum gehou om te bepaal of studente by dié instelling met die besluit saamstem of nie. Volgens Nikke Strydom, AfriForum Jeug-woordvoerder, is studente die hartklop van ʼn tersiêre instelling en besluite van so ʼn omvang kan nie geneem word sonder behoorlike raadpleging met studente nie.

Die referendum sal van 08:00 tot 13:00 plaasvind. Daar sal stempunte by die hoofingang, die mediese ingang en die Roosmaryn-ingang van die kampus wees. Maatreëls word getref om die geloofwaardigheid van die referendum te beskerm en om te verhoed dat buitepersone aan die referendum deelneem of dat enige student meer as een keer stem.

Die uitslag van die referendum sal op 26 Januarie bekendgemaak word.

пескоструй купить киевлобановский александр дети

Doen iets omtrent die water!

Die VF Plus het vandag in ‘n sterk bewoorde verklaring geëis dat die regering sy grondwetlike plig nakom en op ‘n drastiese wyse moet ingryp in die omvattende waterkrisis in Suid-Afrika.

Die Vryheidsfront Plus se hoofwoordvoerder oor Water- en Omgewingsake, mnr. Jaco Mulder, het gesê dat die onlangse hoë reënvalsyfer bewys dat die regering se oorkoepelende water-beheerstelsels totaal ontoereikend is.

Terwyl die departement van Waterwese se hantering van die heersende vloede onder verdenking is vanweë swak monitering en bestuur van watervloei uit damme, is die suur mynwaterkrisis in Gauteng vererger deur die hoë reënval van die afgelope tyd. Die VF Plus waarsku vir ‘n geruime tyd reeds daarteen.

Berigte oor stygende watervlakke in Gauteng by veral die Grootvleimyn aan die Oos-Rand en onlangse visvrektes in die Wieg van die Mensdom dui daarop dat ‘n noodsituasie reeds bestaan.

Daar is swak koördinering tussen die drie sfere van regering asook tussen verskillende departemente onderling. Die regering het tot dusver traag reageer op die waarskuwings en versoeke van die VF Plus en ander omgewingsdrukgroepe.

Die VF Plus eis nou dat die regering onmiddellik ‘n nasionale koördinerende liggaam in die lewe roep om die Suid-Afrikaanse watersituasie as ‘n nasionale prioriteit te hanteer.

Die regering sal moet verantwoording doen vir lewensverlies en skade aan die omgewing.

купить декоративная штукатуркаФильчаков прокурор харьков

Mugabe se sterkmanne sak op wit sakeondernemings toe

Ondersteuners van President Robert Mugabe se party het klopjagte op bootklubs en toerisme-oorde buite Harare, die hoofstad se gewildste visvang- en ontspanningsgebied, geloods, het belanghebbendes in die toerismebedryf Sondag gesê.

‘n Safarikamp sowat 30 km wes van Harare het Sondag heropen nadat dit sedert Vrydag deur meer as 200 Zanu-PF-ondersteuners afgesper is, het die kamp se eienaar, Gary Stafford, gesê.

Die Kuimba Shiri-kamp, met sewe wooneenhede, is ‘n gewilde wegbreekplek vir plaaslike en buitelandse besoekers, asook diplomate en personeel van die Verenigde Nasies.

Stafford het gesê die leiers van die ondersteuners het ‘n lys van die oord se besittings opgeskryf en dat daar “geen geweld of stropery” was nie. Hulle het aan hom gesê hulle doen ‘n voorraadopname en evaluering van eiendomme, ter ondersteuning van Mugabe se beleid dat 51 persent van sakeondernemings deur swartes besit moet word.

Een paartjie wat op besoek aan die oord was, was ‘n dag lank vasgekeer en die kamp “kon geen besoekers ontvang het nie”.

Bootklubs en ‘n karavaanpark is ook deur ondersteuners, waarvan sommige met knopkieries gewapen was en slagspreuke van Mugabe se party geskree het, besoek.

blood suckers slotФільчаков прокурор

AfriForum aanvaar Malema uitdaging

AfriForum het in reaksie op Julius Malema se uitspraak gister, naamlik dat hy bereid is om tot in die Grondwetlike Hof te veg om liedere met opruiende slagspreuke te verdedig, gesê AfriForum aanvaar Malema se uitdaging en dat AfriForum se regspan self gereed staan om die saak tot in die Grondwetlike Hof en selfs tot op internasionale forums te beveg.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, beskou sy organisasie hierdie saak as so belangrik dat geen koste ontsien sal word om Malema tot orde te roep nie. Kriel voer aan dat dit onverantwoordelik van Malema is om voort te gaan om slagspreuke soos “Skiet die Boer” te probeer verdedig in omstandighede waar geweldsmisdaad en moorde krisisafmetings in Suid-Afrika aanneem. “Terwyl Malema probeer aanvoer dat sy opruiende uitsprake nie letterlik bedoel word nie, word mense tans letterlik vermoor,” het Kriel gesê.

Kriel het aangedui dat AfriForum die Stop Malema-veldtog gaan voortsit om soveel mense as moontlik teen Malema se verdelende uitsprake te mobiliseer. AfriForum se veldtog is gister weer in ʼn Sondagkoerant geadverteer en meer as 70 000 mense het reeds hulle steun per SMS of deur AfriForum se Stop Malema-Facebookgroep aan die veldtog toegesê.

casino onlineФільчаков прокурор

Umalusi se verskoning flou

“Die Vryheidsfront Plus verwerp die verskoning van Umalusi dat inligting oor die standaardisering van die matriekeksamen nie bekend gemaak kan word nie, omdat die proses van standaardisering te ingewikkeld en tegnies is en sensitiewe inligting verkeerd geïnterpreteer kan word. Dit klink eerder of Umalusi iets het om weg te steek as wat die organisasie uit besorgdheid vir leerlinge se privaatheid optree. Deur sy weiering, skaar Umalusi hom by die ANC-regering wat in toenemende mate inligting vir die publiek wegsteek,” het adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor Basiese Onderwys gesê.

Die VF Plus is steeds van mening dat dit nie net in die publiek se belang is nie, maar ook die van leerlinge is, dat besonderhede oor die vakaanpassings wat vir 2010 se matriekleerlinge gemaak is bekend gestel moet word. Individuele leerlinge sal nie benadeel kan word deur die bekendmaking van daardie inligting nie, omdat die inligting wat die party aangevra het ‘n aanduiding van nasionale en streekstendense sal gee en nie inligting oor die prestasie van individuele leerlinge nie.

Die VF Plus het daarom in sy aansoek aan Umalusi in terme van die Wet op die Bevordering van die Toegang tot Inligting versoek dat inligting oor die grondslag vir die aanpassing, die spesifieke vakke waarin ‘n aanpassing gemaak is asook met watter persentasie die aanpassing gemaak is, bekendgemaak moet word. Die VF Plus het voorts ook versoek dat inligting oor streeksuitslae bekendgemaak moet word aangesien vakaanpassings net in sekere streke gedoen is. Hierdie stap dui op moontlike diskriminasie.

“Die VF Plus wil egter vasstel of Umalusi ‘n regverdige benadering gevolg het. In gevalle waar vraestelle vanuit Engels na Afrikaans vertaal is, was die vertalings so swak dat dit leerlinge verwar het. Ons wil weet of Umalusi die feite in ag geneem het tydens die besluit om vakverstellings te maak. Indien dit nie gedoen is nie, kan die optrede van Umalusi op ‘n stilswyende beleid van diskriminasie dui,” het adv. Alberts bygevoeg.

Die VF Plus sal daarom druk op Umalusi aanhou uitoefen om te verseker dat Umalusi aan die eise van die publiek vir groter deursigtigheid, gehoor gee.

оборудование для автосервиса в москвелобановский александр игоревич

Nie genoeg bewyse vir Livni se ‘oorlogsmisdade’ nie

Die Valke het ‘n versoek van die hand gewys om ‘n arrestasielasbrief vir Israel se voormalige minister van buitelandse sake Tzipi Livni uit te reik, want daar is nie genoeg bewyse om dit te doen nie.

“Na baie beraadslaging, het die kantoor van Anwar Dramat besluit om die versoek van die twee organisasies van die hand te wys. Daar is nie genoeg gronde vir ons om ‘n lasbrief te bekom nie,” sê Valke-woordvoerder McIntosh Polela Woensdag gesê.

“Ons het besluit dat dit sou uiters onverantwoordelik wees vir ons om ‘n lasbrief te verkry sonder om die letter van die wet na te kom.”

Hy het gesê die Valke het wel die regsbevoegdheid om ‘n arrestasielasbrief soos versoek deur die Media Review Network (MRN) en die Palestynse Solidariteit Alliansie (PSA) te verkry.

Maar die wet vereis dat Livni ondersoek word oor die bewerings van oorlogsmisdade teen haar indien sy in die land is.

Livni sou Suid-Afrika hierdie week op uitnodiging van die SA Joodse Raad van Afgevaardigdes besoek. Haar reis is Woensdag uitgestel.

Die MRN en PSA wou haar in hegtenis laat neem en vervolg vir die rol wat sy gespeel het in die 2008/2009 Gaza-oorlog.

Na die oorlog het die MRN en die PSA ‘n dossier opgestel van sowat 3000-bladsye lank, en dit voorgelê aan die Nasionale Vervolgingsgesag. Livni word aangehaal in die dossier as een van die “sleutelargitekte” van die aanslag op Gasa se burgerlike bevolking.

Polela het gesê die bewyse wat gelewer is, was egter nie genoeg om voort te gaan met ‘n ondersoek nie.

“Dit bevat baie aannames en nie veel feite nie.”

Polela het gesê dat die ondersoek sou vereis dat die Valke Israeliese Kabinetrekords verkry om Livni se rol in die Gaza-oorlog duidelik te belig.

Die Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes (SAJBD) het Woensdag aangekondig dat Livni haar Suid-Afrikaanse besoek agv ‘n arbeidstaking in Israel uitgestel het.

Kommunikasie hoof Charisse Zeifert gesê Livni se reis sal uitgestel word tot later vanjaar.

“Die Suid-Afrikaanse Joodse leierskap het Livni uitgenooi en haar reisprogram gereël.”

Zev Krengel, SAJBD-voorsitter, het beklemtoon dat die uitstel “niks te doen het met dreigemente deur die plaaslike anti-Israel aktiviste nie”.

“Eerder was dit geheel en al te danke aan tegniese administratiewe struikelblokke wat veroorsaak word deur Israel se arbeidsuniestaking wat verhoed dat die nodige reëlings gemaak kan word,” het Krengel gesê.

Die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie (Samwu) het gesê dat die besoek uitgestel is as gevolg van die oproepe vir Livni se arrestasie.

“Terwyl die Suid-Afrikaanse Sioniste Federasie sê dit [die uitstel] is as gevolg van probleme om te reis, is dit ook as ‘n gevolg van die toenemende druk van die pro-menseregte-aktiviste se oproep vir haar arrestasie,” het Samwu-woordvoerder Tahir Sema in ‘n verklaring gesê.

“As die koalisie vir ‘n Vrye Palestina, sal ons alles moontlik doen om te verseker dat diegene wat verantwoordelik is vir oorlogsmisdade, misdade teen die mensdom en skendings van menseregte nie voet in ons land sit nie, ongeag of die oortreder uit Israel of Swaziland kom.”

оборудование для диагностикипрокурор Фильчаков

Angolese ‘sportvroue’ glo mans

Namibië sal amptelik beswaar maak dat bewys van die geslag van drie spelers van die Angolese vrouesokkerspan gelewer moet word voordat die herontmoeting met die Brave Gladiators oor twee weke in Windhoek plaasvind, het mnr. Barry Rukoro, sekretaris- generaal van die Namibiese Sokkervereniging (NSV), gister teenoor Republikein bevestig.

Rukoro het gesê hy skaar hom by die Gladiators se tegniese span en glo dat hulle geldige redes het vir hul aantygings teen sekere spelers van die Angolese span wat die naweek in Luanda met 2-2 teen Namibië gelykop gespeel het.

Rukoro het ook die Gladiators se kommer gedeel dat die drie Angolese spelers onder verdenking – Patricia Seteco, Flora Lacho en Veronica José – se paspoorte eers drie dae voor die eerste kwalifiserende wedstryd vir die 2012 Olimpiese Spele uitgereik is.

“‘n Soortgelyke voorval was die Nigeriese Sokkervereniging wat verlede jaar ‘n protes oor die geslag van een van die spelers van Ekwatoriale Guinee in die sewende Afrika Vrouekampioenskap in Suid-Afrika ingedien het,” het Jacky Gertze, uitvoerende raadslid van die NSV gesê.

Lees die berig hier.

децкие игрылобановский александр игоревич класс

Skokverslag oor reeksverkragters dui op nood in SAPD

“Die verslag van die Polisie se Nasionale Sielkundige Ondersoekeenheid waarin gewaarsku word dat ondersoeke na reeksmoordenaars en –verkragters die Polisie in ‘n verleentheid kan stel as gevolg van swak en patetiese ondersoekwerk, is ‘n bewys dat spesialiseenhede heringestel moet word in die Polisie,” sê mnr. Pieter Groenewald (LP), hoofwoordvoerder van Polisie vir die Vryheidsfront Plus.

“Dit is duidelik uit die verslag dat ondersoekbeamptes nie die nodige kennis het om hierdie tipe misdade behoorlik te ondersoek nie en dat die sake spesialisopleiding vereis van ondersoekers. Hoewel kommissaris Bheki Cele gesê het daar moet weer gekyk word na spesialiseenhede, gebeur dit nie in praktyk nie. Die hoë misdaadvlakke in Suid-Afrika vereis spesialiseenhede om te verseker misdadigers word suksesvol opgespoor en vervolg. Spesiale eenhede, soos die destydse moord- en roofafdeling het verseker dat misdadigers suksesvol vervolg word omdat die ondersoek behoorlik was. Te veel misdadigers in Suid-Afrika loop vry rond en pleeg meer misdaad as gevolg van gebrekkige polisie-ondersoeke wat nie die toets in die howe slag nie,” het Groenewald gesê.

Die Polisie se Nasionale Sielkundige Ondersoekeenheid het ‘n verslag saamgestel en aan verskeie polisie kommissarisse gestuur. Gauteng se kommissaris, lt.genl. Mzwandile Petros, het ook die verslag ontvang. Die verslag verwys na 160 sake die afgelope drie jaar in Gauteng en vra dat die ondersoeke bespoedig moet word. Dit verwys na patetiese ondersoeke en waarsku dat dit ‘n verleentheid vir die Polisie kan word.

домашние тапочки для мальчика купитьлобановский обыск

Buitelanders in ons tronke

Volgens die minister van Korrektiewe Dienste, me. N Mapisa-Nqakula, word 595 buitelanders vir moord, 253 vir poging tot moord, 1 359 vir roof met verswarende omstandighede, 812 vir gewone roof en 431 vir verkragting in Suid-Afrikaanse tronke aangehou. Sy het geantwoord op ‘n vraag van Pieter Groenewald van die Vryheidsfront Plus in die parlement. Die meerderheid van buitelanders vir hierdie misdrywe is Zimbabwiërs en Mosambiekers. In die geval van roof met verswarende omstandighede (58,6%) en gewone roof (61,9%) is Zimbabwiërs die meerderheid.

“Die syfers is ‘n bewys dat grensbeheer, veral met Zimbabwe en Mosambiek, opgeskerp en strenger toegepas moet word. Die pogings van Binnelandse Sake om veral Zimbabwiërs se dokumentasie in orde te kry, of anders word hulle gedeporteer, moet in die praktyk toegepas word,” sê Pieter Groenewald (LP), hoofwoordvoerder van Polisie vir die Vryheidsfront Plus.

Op ‘n vorige vraag van Groenewald het die minister bevestig daar is tans 8 580 buitelanders wat in Suid-Afrikaanse tronke aangehou word. Hiervan is 4 868 reeds gevonnis en 3 712 is verhoorafwagtend. Die meeste is Zimbabwiërs (3 712) en Mosambiekers (2 337). Buitelanders uit Afrika is verreweg die meeste met 8 011 uit 36 Afrika-lande.

Van die buitelanders vorm Zimbabwiërs en Mosambiekers die meeste vir moord (73,3%), roof met verswarend omstandighede (86,02%), roof gewoon (85,5%), poging tot moord (75,5%), ernstige aanranding (80,9%), huisbraak (75,6%) en verkragting (70,5%) van buitelanders in ons tronke. (Volledige lys hieronder)

Gevangenes van 99 lande word in SA-tronke aangehou. Van die VSA en Brittanje word elk sewe burgers aangehou.

компрессор переноснойАлександр Фильчаков Васильевич

Skok heers oor brandweerman se verdrinking

Die VF Plus-raadslede in die Tshwane-metroraad het met skok kennis geneem van die verdrinking van die brandweerman Henry Knox, van die Wonderboom-brandweerstasie op Maandag 17 Januarie 2011. Dit is tragies dat hy in diens gesterf het, terwyl hy probeer het om ‘n ander persoon se lewe te red.

Die Vryheidsfront Plus spreek hiermee sy simpatie en meegevoel uit met die gesin en familie van mnr. Knox.

Die raadslede van VF Plus wil graag hiermee ook hul meegevoel betuig met die bestuur en lede van die Tshwane-metro se Gemeenskapsveiligheidsafdeling wat met die voorval ‘n kameraad verloor het. Hul toegewyde harde werk word waardeer.

Die inwoners van die Tshwane-metro moet in hierdie tydperk van ongekende reën en vloede veral versigtig wees by laagwater-brûe, riviere en spruite in die gebied. Mense moet daarop let dat in gevalle van buitengewone reënstorms, riviere en spruite onverwags ‘n styging in watervlak ondergaan wat baie gevaarlik is. Motoriste moet ag slaan op waarskuwingstekens en tydelike versperrings wat deur die Metropolisie opgerig is.

free pokerлобановский александр игоревич харьков