Doen iets omtrent die water!

Die VF Plus het vandag in ‘n sterk bewoorde verklaring geëis dat die regering sy grondwetlike plig nakom en op ‘n drastiese wyse moet ingryp in die omvattende waterkrisis in Suid-Afrika.

Die Vryheidsfront Plus se hoofwoordvoerder oor Water- en Omgewingsake, mnr. Jaco Mulder, het gesê dat die onlangse hoë reënvalsyfer bewys dat die regering se oorkoepelende water-beheerstelsels totaal ontoereikend is.

Terwyl die departement van Waterwese se hantering van die heersende vloede onder verdenking is vanweë swak monitering en bestuur van watervloei uit damme, is die suur mynwaterkrisis in Gauteng vererger deur die hoë reënval van die afgelope tyd. Die VF Plus waarsku vir ‘n geruime tyd reeds daarteen.

Berigte oor stygende watervlakke in Gauteng by veral die Grootvleimyn aan die Oos-Rand en onlangse visvrektes in die Wieg van die Mensdom dui daarop dat ‘n noodsituasie reeds bestaan.

Daar is swak koördinering tussen die drie sfere van regering asook tussen verskillende departemente onderling. Die regering het tot dusver traag reageer op die waarskuwings en versoeke van die VF Plus en ander omgewingsdrukgroepe.

Die VF Plus eis nou dat die regering onmiddellik ‘n nasionale koördinerende liggaam in die lewe roep om die Suid-Afrikaanse watersituasie as ‘n nasionale prioriteit te hanteer.

Die regering sal moet verantwoording doen vir lewensverlies en skade aan die omgewing.

купить декоративная штукатуркаФильчаков прокурор харьков

Maak 'n opvolg-bydrae