Aangesien hierdie besluit sonder ʼn deeglike konsultasieproses met studenteverteenwoordigers geneem is, word die referendum gehou om te bepaal of studente by dié instelling met die besluit saamstem of nie. Volgens Nikke Strydom, AfriForum Jeug-woordvoerder, is studente die hartklop van ʼn tersiêre instelling en besluite van so ʼn omvang kan nie geneem word sonder behoorlike raadpleging met studente nie.
Die referendum sal van 08:00 tot 13:00 plaasvind. Daar sal stempunte by die hoofingang, die mediese ingang en die Roosmaryn-ingang van die kampus wees. Maatreëls word getref om die geloofwaardigheid van die referendum te beskerm en om te verhoed dat buitepersone aan die referendum deelneem of dat enige student meer as een keer stem.
Die uitslag van die referendum sal op 26 Januarie bekendgemaak word.
