“Die CDP het die inisiatief geneem en as gasheer vir samesprekings met die ACDP opgetree wat op 20 Maart 2010 in Pretoria plaasgevind het. Die ACDP is deur ‘n hoë profiel-afvaardiging verteenwoordig wat die destydse adjunk-leier, nasionale LP’s, lede van provinsiale wetgewers en nasionale uitvoerende komiteelede ingesluit het.
“Dit wil voorkom asof die ACDP partyleier, eerw. Kenneth Meshoe, nie die samesprekings as belangrik genoeg geag het om teenwoordig te wees nie. Die CDP is deur ‘n ewe hoë profielafvaardiging, onder andere die partyleier, verteenwoordig.
“Die samesprekings het in ‘n goeie gesindheid plaasgevind, en daar is tot die slotsom gekom dat die partye baie in gemeen het en dat dit belangrik was om maniere te vind om te verenig.
“Die ACDP-afgevaardigdes sou aan hul leier terugrapporteer, en het ‘n opvolgvergadering voorgestel wat die ACDP sou aanbied. Ongelukkig, so lyk dit, het die ACDP-leier sake gedwarsboom en die opvolgvergadering is nooit gereël nie.
“Na maande se korrespondensie het die ACDP uiteindelik enige vooruitsig op ‘n alliansie verwerp.
“Dit is ‘n treurige afloop dat twee Christen-partye mekaar nie kan vind nie,” aldus ds. Botha, “en nie die weg oopsien om saam te span in hul stryd om sekulêre humanisme wat die Suid-Afrikaanse politieke toneel oorheers, die stryd aan te sê nie.
“Ons glo steeds dat ‘n alliansie van alle Christelike partye die oplossing vir die land bied.”
