“Die syfers is ‘n bewys dat grensbeheer, veral met Zimbabwe en Mosambiek, opgeskerp en strenger toegepas moet word. Die pogings van Binnelandse Sake om veral Zimbabwiërs se dokumentasie in orde te kry, of anders word hulle gedeporteer, moet in die praktyk toegepas word,” sê Pieter Groenewald (LP), hoofwoordvoerder van Polisie vir die Vryheidsfront Plus.
Op ‘n vorige vraag van Groenewald het die minister bevestig daar is tans 8 580 buitelanders wat in Suid-Afrikaanse tronke aangehou word. Hiervan is 4 868 reeds gevonnis en 3 712 is verhoorafwagtend. Die meeste is Zimbabwiërs (3 712) en Mosambiekers (2 337). Buitelanders uit Afrika is verreweg die meeste met 8 011 uit 36 Afrika-lande.
Van die buitelanders vorm Zimbabwiërs en Mosambiekers die meeste vir moord (73,3%), roof met verswarend omstandighede (86,02%), roof gewoon (85,5%), poging tot moord (75,5%), ernstige aanranding (80,9%), huisbraak (75,6%) en verkragting (70,5%) van buitelanders in ons tronke. (Volledige lys hieronder)
Gevangenes van 99 lande word in SA-tronke aangehou. Van die VSA en Brittanje word elk sewe burgers aangehou.
