Nie genoeg bewyse vir Livni se ‘oorlogsmisdade’ nie

Die Valke het ‘n versoek van die hand gewys om ‘n arrestasielasbrief vir Israel se voormalige minister van buitelandse sake Tzipi Livni uit te reik, want daar is nie genoeg bewyse om dit te doen nie.

“Na baie beraadslaging, het die kantoor van Anwar Dramat besluit om die versoek van die twee organisasies van die hand te wys. Daar is nie genoeg gronde vir ons om ‘n lasbrief te bekom nie,” sê Valke-woordvoerder McIntosh Polela Woensdag gesê.

“Ons het besluit dat dit sou uiters onverantwoordelik wees vir ons om ‘n lasbrief te verkry sonder om die letter van die wet na te kom.”

Hy het gesê die Valke het wel die regsbevoegdheid om ‘n arrestasielasbrief soos versoek deur die Media Review Network (MRN) en die Palestynse Solidariteit Alliansie (PSA) te verkry.

Maar die wet vereis dat Livni ondersoek word oor die bewerings van oorlogsmisdade teen haar indien sy in die land is.

Livni sou Suid-Afrika hierdie week op uitnodiging van die SA Joodse Raad van Afgevaardigdes besoek. Haar reis is Woensdag uitgestel.

Die MRN en PSA wou haar in hegtenis laat neem en vervolg vir die rol wat sy gespeel het in die 2008/2009 Gaza-oorlog.

Na die oorlog het die MRN en die PSA ‘n dossier opgestel van sowat 3000-bladsye lank, en dit voorgelê aan die Nasionale Vervolgingsgesag. Livni word aangehaal in die dossier as een van die “sleutelargitekte” van die aanslag op Gasa se burgerlike bevolking.

Polela het gesê die bewyse wat gelewer is, was egter nie genoeg om voort te gaan met ‘n ondersoek nie.

“Dit bevat baie aannames en nie veel feite nie.”

Polela het gesê dat die ondersoek sou vereis dat die Valke Israeliese Kabinetrekords verkry om Livni se rol in die Gaza-oorlog duidelik te belig.

Die Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes (SAJBD) het Woensdag aangekondig dat Livni haar Suid-Afrikaanse besoek agv ‘n arbeidstaking in Israel uitgestel het.

Kommunikasie hoof Charisse Zeifert gesê Livni se reis sal uitgestel word tot later vanjaar.

“Die Suid-Afrikaanse Joodse leierskap het Livni uitgenooi en haar reisprogram gereël.”

Zev Krengel, SAJBD-voorsitter, het beklemtoon dat die uitstel “niks te doen het met dreigemente deur die plaaslike anti-Israel aktiviste nie”.

“Eerder was dit geheel en al te danke aan tegniese administratiewe struikelblokke wat veroorsaak word deur Israel se arbeidsuniestaking wat verhoed dat die nodige reëlings gemaak kan word,” het Krengel gesê.

Die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie (Samwu) het gesê dat die besoek uitgestel is as gevolg van die oproepe vir Livni se arrestasie.

“Terwyl die Suid-Afrikaanse Sioniste Federasie sê dit [die uitstel] is as gevolg van probleme om te reis, is dit ook as ‘n gevolg van die toenemende druk van die pro-menseregte-aktiviste se oproep vir haar arrestasie,” het Samwu-woordvoerder Tahir Sema in ‘n verklaring gesê.

“As die koalisie vir ‘n Vrye Palestina, sal ons alles moontlik doen om te verseker dat diegene wat verantwoordelik is vir oorlogsmisdade, misdade teen die mensdom en skendings van menseregte nie voet in ons land sit nie, ongeag of die oortreder uit Israel of Swaziland kom.”

оборудование для диагностикипрокурор Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae