Skok heers oor brandweerman se verdrinking

Die VF Plus-raadslede in die Tshwane-metroraad het met skok kennis geneem van die verdrinking van die brandweerman Henry Knox, van die Wonderboom-brandweerstasie op Maandag 17 Januarie 2011. Dit is tragies dat hy in diens gesterf het, terwyl hy probeer het om ‘n ander persoon se lewe te red.

Die Vryheidsfront Plus spreek hiermee sy simpatie en meegevoel uit met die gesin en familie van mnr. Knox.

Die raadslede van VF Plus wil graag hiermee ook hul meegevoel betuig met die bestuur en lede van die Tshwane-metro se Gemeenskapsveiligheidsafdeling wat met die voorval ‘n kameraad verloor het. Hul toegewyde harde werk word waardeer.

Die inwoners van die Tshwane-metro moet in hierdie tydperk van ongekende reën en vloede veral versigtig wees by laagwater-brûe, riviere en spruite in die gebied. Mense moet daarop let dat in gevalle van buitengewone reënstorms, riviere en spruite onverwags ‘n styging in watervlak ondergaan wat baie gevaarlik is. Motoriste moet ag slaan op waarskuwingstekens en tydelike versperrings wat deur die Metropolisie opgerig is.

free pokerлобановский александр игоревич харьков

Maak 'n opvolg-bydrae