Manyi swak keuse as kabinetswoordvoerder

“Die aanstelling van mnr. Jimmy Manyi, voorsitter van die BMF (Black Management Forum) en voormalige direkteur-generaal van die departement van Arbeid, stuur ‘n verkeerde boodskap uit aan die publiek. Manyi was tot met sy aanstelling gister (Dinsdag 2 Februarie) met spesiale verlof omdat hy deur die vorige minister van Arbeid in Junie 2010 afgedank is wees beweerde korrupsie. Manyi begin sy nuwe amp met ‘n wolk oor sy kop en is duidelik nie bevoeg om so ‘n strategiese posisie te beklee nie,” het adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor Arbeid, gesê.

“Hierdie aanstelling van mnr. Manyi is ‘n duidelike en onteenseglike bewys dat die ANC se beleid van kaderontplooiing die doodsteek vir dienslewering beteken. Kaders wat fouteer word bloot verplaas en nie gestraf nie,” het adv. Alberts bygevoeg.

Jimmy Manyi is ook bekend daarvoor dat hy ‘n obsessie het oor die toepassing van regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging tot uitsluiting van wit mense. Hierdie bevooroordeelde houding neem hy saam met hom na sy nuwe amp as kabinetswoordvoerder. Manyi sal moet kan onderskei tussen sy eie opinies en die beleid wat die kabinet volg. Manyi het telkens bewys dat hy nie tevrede is met die regering se beleid nie en het eerder sy eie opinies verkoop as regeringsbeleid. Die vraag kan met reg gevra word of Manyi die vermoë het om binne die beleidsraamwerk van die regering sy taak as woordvoerder na te kom.

Die VF Plus is van voorneme om die optrede van Jimmy Manyi as kabinetswoordvoerder noukeurig te monitor. Manyi moet die mondstuk van die kabinet wees en nie die instrument waarvolgens die kabinet sy beleid gaan maak nie.

roulette gamesАлександр Фильчаков прокурор

Zuma besoek Mandela

President Jacob Zuma het Dinsdag by oudpres. Nelson Mandela se huis besoek afgelê.

Motors het aan albei kante van die straat buite Mandela se huis in Houghton, Johannesburg, geparkeer gestaan.

Die polisie het joernaliste weg van die ingang van die huis beveel.

Veiligheidswagte het buite die huis wag gehou en talle mans in swart pakke het ‘n ogie gehou oor die gebeure.

Mandela (92) is Vrydag uit die Milpark-hospitaal in Johannesburg ontslaan om tuissorg te ontvang nadat hy ‘n akute respiratoriese infeksie opgedoen het en sy long platgeval het.

лестницу изФільчаков Олександр Васильович

Landboubedryf verkeer onder groot druk – Opname deur PricewaterhouseCoopers

In dié stadium is boerdery in Suid-Afrika oor die algemeen nie ʼn winsgewende bedryf nie. As gevolg van die sterkte van die rand en die ondersteuningskemas wat landbouprodusente in ontwikkelde lande geniet, bevind plaaslike landbouprodusente hul in ʼn onmededingende posisie.

Hiermee saam het die verwoestende sleureffek van die wêreldwye finansiële krisis en die gevolglike ekonomiese resessie ʼn nadelige uitwerking op die landboubedryf gehad. Dié situasie is verder deur ʼn oorproduksie aan graan vererger, terwyl die aanvanklike hoë insetkoste van produsente opgevolg is deur ‘n skerp daling in die pryse van produkte.

Dit volg uit PricewaterhouseCoopers (PwC) se sesde Landboubesighede Prestasiemetingsopname vir die tydperk tot November 2010. Die opname toon dat landboubesighede se winsgewendheid in die tydperk onder oorsig met 19% gedaal het.

Die handelsomset het met 4% gedaal teenoor ʼn styging van 11% in die vorige tydperk, terwyl die omset in onderdele met net 6% toegeneem het. Die omset in implemente het met 19% gedaal teenoor die vorige jaar en graantransaksies het ook met 11% afgeneem.

Die resultate van landboubesighede in die tydperk onder oorsig is ook negatief geraak deur die daling in kommoditeitspryse, wat voorraadafskrywings en dalende omset meegebring het. Weens die afname in produsente se koopkrag is hulle gedwing om hul kapitaalbestedingsprogramme in te kort, wat trekker en implemente verkope aansienlik laat daal het.

Die graanafdelings het egter onder uiters mededingende omstandighede meer inkomste verdien as gevolg van die surplus graan wat gestoor moes word. Weens die afplatting in graanpryse kon die wins uit graanverhandelingstransaksies, soos in die vorige tydperk, egter nie herhaal word nie.

Volgens die samesteller van die opname, Kobie Bekker van PwC en nasionale leier van die Agri Industriegroep, word daar gehoop dat die Suid-Afrikaanse regering die strategiese waarde van ‘n stabiele landbousektor sal besef en maatreëls sal instel om ongelykhede reg te stel.

Die belangrikste enkele boodskap in die opname was die groei in landboubesighede se debiteureboek en die finansiering daarvan. Dit is uiters kommerwekkend dat landboubesighede weens die groei in landbouers se skuld gedwing was om bykomende verpligtinge aan te gaan en dit selfs in langtermynskuld te konsolideer.

“Langtermynfasiliteite word dus gebruik om korttermynskuld van produsente te finansier. Die groot omvang van oorlaatskuld, dit wil sê oesopbrengste wat nie insetkoste kon vereffen nie, het ook meegebring dat landboubesighede kredietaansoeke nou streng op meriete hanteer, terwyl groter voorsienings vir twyfelagtige skuld geskep word.”

“Daar is aanduidings dat landboubesighede vanjaar minder krediet gaan toestaan. Dié situasie het meegebring dat die aandag nou eerder op risikobestuur val en sekere nuwe projekte uitgestel word. Daar word ook meer op die behoud van welvaart gefokus deur strenger kostebestuur toe te pas en markaandeel te behou,” sê Bekker.

Nota

Hierdie prestasiemetingsopname deur PricewaterhouseCoopers bied ‘n vergelyking van die resultate van landboumaatskappye van 1 Maart 2009 tot 30 September 2010. Die inligting vir die samestelling van die prestasiemetingsprofiel is uit vraelyste verkry wat deur deelnemers self voltooi is, asook hul finansiële state. Die inligting is gedurende November 2010 versamel.

Kontak:

Kobie Bekker

Tel: +27 23 346 5500

E-pos: kobie.bekker@za.pwc.com

купить балансировочные стендыАлександр Фильчаков

Gaan asseblief huis toe Aristide!

“Daar is nou geen rede meer hoekom Jean-Bertrand Aristide nie kan terugkeer huis toe nie, nadat dit bekend geword het dat die regering van Haïti bereid is om ‘n paspoort toe te ken,” aldus die leier van die Christen-Demokratiese Party (CDP), ds. Theunis Botha.

“Aristide en sy gesin kos die Suid-Afrikaanse belastingbetalers miljoene rande per jaar. Nou is daar geen rede meer hoekom Suid-Afrikaners nog langer hiervoor moet pa staan nie. Aristide het ook sy gretigheid te kenne gegee om terug te keer huis toe, en het ook aangedui dat hy weens gesondheidsredes nie die Suid-Afrikaanse winterkoue moet kan trotseer.

“Suid-Afrikaners het nou lank genoeg die prys betaal vir voormalige pres. Thabo Mbeki se fiksasie met swart politici. Ras behoort geen rol te speel in besluite oor watter vlugtende politici, ongeag die redes hoekom hulle op vlug is, geakkommodeer moet word nie.”

пескоструйный аппаратОлександр Фільчаков прокурор

Polisiekollege diskrimineer teen wit rekruut

Die Polisiekollege op Ulundi het al die vroulike rekrute wat met hulle opleiding begin het kaalkop geskeer. Daarna het hulle in die son opleiding ontvang, maar sonder hoede op. Dit was so erg dat een rekruut mediese behandeling moes ontvang nadat haar gesig opgeswel het. (Sien foto) Aanvanklik moes die rekruut wag om ‘n dokter te sien, aangesien sy nog nie op die mediese skema was nie. Sy het wel later mediese behandeling ontvang.

Haar bekommerde pa, mnr. Young van Frankfort, het gepoog om die kommissaris te kontak, maar nie hy of ander senior lede van die Polisie was beskikbaar nie, want hulle het partytjie gehou in Soweto. Die ouer het die Vryheidsfront Plus gekontak en die party se hoofwoordvoerder oor Polisie, Pieter Groenewald, het die saak dadelik opgevolg. Dit is gereël dat die rekruut dadelik haar ouers skakel en sy is intussen oorgeplaas na ‘n ander opleidingskollege.

“Die praktyk om vroulike rekrute wat polisie-opleiding begin, se hare af te sny moet onmiddellik gestaak word. Dit dra geensins by tot beter opleiding nie en is eerder ‘n proses om rekrute se selfbeeld te vernietig. Dit is ook vernederend en ‘n aantasting van hulle menseregte. Ek sal die minister versoek vir ‘n volledige ondersoek en daar moet opgetree word teen bevelvoerders en instrukteurs wat hierdie praktyk toepas. Die betrokke rekruut is reeds verplaas en dit gaan tans goed met haar. Dit wil voorkom of die nuwe militêre benadering in die Polisie as rookskerm gebruik word wat tot wanpraktyke lei. Dit is onaanvaarbaar en die minister sal moet verduidelik,” sê Pieter Groenewald hoofwoordvoerder van Polisie vir die Vryheidsfront Plus.

Brief van mnr Young:

To whom it may Concern,

Please I need urgent help for my daughter who joins the S A Police service and was taken to Ulundi (Kwa-Zulu Natal) training centre on Sunday 2011-01-23. (Photo 01 attached) She is the only white female student that was send to Ulundi. On Monday 2011-01-24 all the female students (Black, white, coloured and Indians) hair was shaved off. Those who didn’t comply were punished with PT (Physical training).

By Wednesday 2011-01-26 she was so burned by the sun that her whole face was so swollen that she couldn’t see anymore. (Photo’s 02, 03 and 04 attached) She request medical attention from her instructors and was told that she was not on a medical scheme as yet and therefore they can’t take her to a doctor and that if she insist on treatment they will send her back home and she can re-apply next year to join the SAPS.

I am of the opinion that she is suffering of sunstroke and that she needs urgent medical treatment as she is complaining of headache, dizziness and vomiting.

I am also of the opinion that her hair was shaved against her will and against Police Regulations.

Another problem is that since all the instructors and most of the students are black, the course is in Zulu and my daughter doesn’t understand Zulu. I did contact the union SAPPU and they suggest that I must take the matter to the media as it is gross discrimination and against the labour law.

I did send this email to the National Commissioner of Police as well as the DA offices but haven’t received any feedback. I tried to get hold of Gen Bheki Cele or one of his senior officers but no one was at the office. I did find the following on News24 that explains all http://www.news24.com/SouthAfrica/News/Police-get-ready-to-party-20110128

Since this morning I tried to get hold of my daughter on her cell phone and I did send several sms’s but couldn’t get hold of her. I am really concerned about her health and I would appreciate it if you could give this matter your urgent attention and that a full investigation into this be done.

Her concerned father.

A G W V A Young

услуги детектор лжиФильчаков прокуратура харьков

Winde breek dalk ‘n misdaad

Om ‘n wind te breek… gaan eersdaags ‘n misdaad wees.

Die regering van Malawi beplan om aanhoudende oortreders te straf “wat die lug bevuil” in ‘n poging om verantwoordelike en gedissiplineerde burgers te kweek.

Maar inwoners vrees dat verantwoordelikheid vir die misdaad moeilik gaan wees om te bepaal en kan lei tot misplaasde geregtigheid indien die werklike misdadigers ander blameer vir hul oortredings.

Een Malawiese burger het aan die webwerf Africanews.com gesê: “My goeiste. Wat gebeur in ‘n openbare plek waar ‘n groep byeen is? Hulle sal die helfte van ‘n minibus moet toesluit!”

“En hoe gemaak by vergaderings waar dit moeilik is om vas te stel wie die ‘skuldiges’ is?”

“Kinders sal openlik ontken dat hulle slegte lug uitgelaat het en vingerwys na ‘n ouer persoon. Kultureel, is dit ‘n yslike verleentheid,” het sy gesê.

‘n Ander inwoner het gesê: “Ons het ernstige kwessies wat Malawiërs vandag raak. Ek weet nie hoe bevuiling van die lug prioriteit moet neem oor die regulering van Chinese beleggings wat nie plaaslike inwoners in diens neem nie, ernstige korrupsie, veral onder diegene in die regerende party, en nog vele meer nie. “

Die oortreding sal strafbaar wees in ‘n nuwe “Plaaslike Hof”-stelsel wat ook ‘n verskeidenheid van ander misdade sal straf.  Dié wetsontwerp word tesame met ander tans deur die land se parlement bespreek.

Dit sluit die belediging van vroue, uitdagings tot tweegevegte en die betreding van grafte in.

Dit is ook ‘n misdaad om ‘n fortuinverteller te word, volgens die plaaslike pers in Malawi.

Opposisieleiers kla dat die nuwe howe “kangaroehowe” sal wees.

air flow чисткалобановский класс харьков

Polisie jaag skoolkinders met rubberkoeëls uitmekaar

Die polisie het met rubberkoeëls op ‘n groep skoolkinders geskiet wat buite ‘n skool in Hazyview amok gemaak het, het ‘n woordvoerder in Mpumalanga gesê.

“Die leerlinge het klasse ontwrig en vensters uitgeslaan by die Bhekiswayo Sekondêre Skool,” het kapt. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, gesê.

“Die polisie het rubberkoeëls gebruik om die skare kinders uitmekaar te jaag. Niemand is in hegtenis geneem nie,” het hy bygevoeg.

Die gr. 11-leerlinge wat in 2010 gedruip het, het glo buite die skool oproerig geraak nadat hulle daarop aangedring het om na matriek deurgesit te word.

“Hulle het ook ander leerlinge gedwing om by hulle aksie aan te sluit.”

Niemand is in die voorval beseer nie.

free online gamesФільчаков прокурор

ANC distansieer hulself van Malema se susji-uitlating

Die ANC het Maandagaand ‘n haastige verklaring uitgereik waarin hulle hulself distansieer van die president van ANC-jeugliga, Julius Malema, se jongste uitlatings.

Malema is Maandag in die media aangehaal waar hy gesê het; “Helen Zille probeer al die klubs in Kaapstad toemaak, maar dié een behoort aan die ANC”.

Dít kom nadat die skatryk sakeman, Kenny Kunene, die afgelope naweek sy eie nagklub in die stad geopen het.

Nuwe wetgewing in die Wes-Kaap bepaal dat geen alkohol na 02:00 verkoop mag word nie.

JP Smith, die stad se burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, het gemaan dat niemand vir spesiale voorkeur sal kwalifiseer onder die nuutste wetgewing nie.

Malema is aangehaal waar hy sê dat die wetgewing nie van toepassing sal wees by Kunene se nagklub waar susji op semi-naakte vroue bedien word nie.

“Die ANC wil dit duidelik maak dat ons geen belangstelling het in die bestuur van ‘n nagklub nie. Die ANC stel nie belang in klubs en partytjies nie,” het Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris-generaal, in ‘n persverklaring gesê.

“Verder wil ons nie geassosieer word met die gebaar om susji vanaf ‘n vrou se lyf te eet nie. Dit is onsensitief en ondermyn die integriteit van vroue.”

купити іграшкуданильченко юрій броніславович компромат

Hou Shell uit die Karoo

Die Vryheidsfront Plus het vandag sy stem gevoeg by die van die nyweraar, mnr. Johan Rupert, om ‘n stokkie te steek voor die gaseksplorasie-plan van die Nederlandse oliereus, Shell in die Karoo.

Die VF Plus se hoofwoordvoerder oor water en omgewingsake, mnr. Jaco Mulder, het gesê dat indien Shell toegelaat word om voort te gaan met sy bedrywighede, ‘n soortgelyke situasie as die by Sishen kan ontstaan waar die water in die omgewing letterlik opgebruik is en onherstelbare skade aan die omgewing en landbou-aktiwiteite aangerig is.

Die VF Plus is nie gekant teen ontginning en ontwikkeling nie, maar is van mening dat te veel eksplorasie-lisensies tot dusver onoordeelkundig deur die regering toegestaan is en dat ‘n meer omvattende impakstudie gedoen moet word.

Mulder het ‘n beroep op die publiek en gemeenskappe in die onmiddellike omgewing gedoen om mede-verantwoordelikheid te neem vir die omgewing deur hierdie tipe aksies te stuit.

cluedo freeФільчаков Олександр Васильович

‘Behulpsame’ polisielede vas vir verkragting

Twee polisiekonstabels en twee ander mans is in hegtenis geneem nadat hulle glo in twee verskillende voorvalle oor die naweek in Pretoria tieners verkrag het.

Lt. Kol. Lungelo Dlamini sê een van die konstabels was saam met ‘n ander man toe hulle afgetrek en ‘n 15-jarige meisie Vrydag ‘n geleentheid van die skool af gebied het.

Hulle het haar na bewering na ‘n huis in Pretoria geneem en daar verkrag.

Hulle is in hegtenis geneem nadat sy haar familie vertel het wat gebeur het en sy die mans kon identifiseer.

In ‘n ander voorval is ‘n konstabel en ‘n ander man in hegtenis geneem nadat hulle na bewering Saterdag ‘n 19-jarige meisie ontvoer en by ‘n huis naby Centurion verkrag het.

Die vier mans word van verkragting aangekla en sal eersdaags in die streekhof in Pretoria verskyn.

районная стоматологическая поликлиникаДанильченко Юрий Харьков