praag.co.za

ANC distansieer hulself van Malema se susji-uitlating

Written by

in

Die ANC het Maandagaand ‘n haastige verklaring uitgereik waarin hulle hulself distansieer van die president van ANC-jeugliga, Julius Malema, se jongste uitlatings.

Malema is Maandag in die media aangehaal waar hy gesê het; “Helen Zille probeer al die klubs in Kaapstad toemaak, maar dié een behoort aan die ANC”.

Dít kom nadat die skatryk sakeman, Kenny Kunene, die afgelope naweek sy eie nagklub in die stad geopen het.

Nuwe wetgewing in die Wes-Kaap bepaal dat geen alkohol na 02:00 verkoop mag word nie.

JP Smith, die stad se burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, het gemaan dat niemand vir spesiale voorkeur sal kwalifiseer onder die nuutste wetgewing nie.

Malema is aangehaal waar hy sê dat die wetgewing nie van toepassing sal wees by Kunene se nagklub waar susji op semi-naakte vroue bedien word nie.

“Die ANC wil dit duidelik maak dat ons geen belangstelling het in die bestuur van ‘n nagklub nie. Die ANC stel nie belang in klubs en partytjies nie,” het Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris-generaal, in ‘n persverklaring gesê.

“Verder wil ons nie geassosieer word met die gebaar om susji vanaf ‘n vrou se lyf te eet nie. Dit is onsensitief en ondermyn die integriteit van vroue.”

купити іграшкуданильченко юрій броніславович компромат

Comments

Leave a Reply