Polisie jaag skoolkinders met rubberkoeëls uitmekaar

Die polisie het met rubberkoeëls op ‘n groep skoolkinders geskiet wat buite ‘n skool in Hazyview amok gemaak het, het ‘n woordvoerder in Mpumalanga gesê.

“Die leerlinge het klasse ontwrig en vensters uitgeslaan by die Bhekiswayo Sekondêre Skool,” het kapt. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, gesê.

“Die polisie het rubberkoeëls gebruik om die skare kinders uitmekaar te jaag. Niemand is in hegtenis geneem nie,” het hy bygevoeg.

Die gr. 11-leerlinge wat in 2010 gedruip het, het glo buite die skool oproerig geraak nadat hulle daarop aangedring het om na matriek deurgesit te word.

“Hulle het ook ander leerlinge gedwing om by hulle aksie aan te sluit.”

Niemand is in die voorval beseer nie.

free online gamesФільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae