“Daar is nou geen rede meer hoekom Jean-Bertrand Aristide nie kan terugkeer huis toe nie, nadat dit bekend geword het dat die regering van Haïti bereid is om ‘n paspoort toe te ken,” aldus die leier van die Christen-Demokratiese Party (CDP), ds. Theunis Botha.
“Aristide en sy gesin kos die Suid-Afrikaanse belastingbetalers miljoene rande per jaar. Nou is daar geen rede meer hoekom Suid-Afrikaners nog langer hiervoor moet pa staan nie. Aristide het ook sy gretigheid te kenne gegee om terug te keer huis toe, en het ook aangedui dat hy weens gesondheidsredes nie die Suid-Afrikaanse winterkoue moet kan trotseer.
“Suid-Afrikaners het nou lank genoeg die prys betaal vir voormalige pres. Thabo Mbeki se fiksasie met swart politici. Ras behoort geen rol te speel in besluite oor watter vlugtende politici, ongeag die redes hoekom hulle op vlug is, geakkommodeer moet word nie.”
