Rou riool besmet dorp se drinkwater

Jagersfontein staar ‘n ernstige krisis in die gesig nadat drinkwater in die dorp deur stinkende riool besoedel is.

Inwoners moet hul dors met duur, gebottelde water les.

In die lokasie Itumeleng, borrel rioolwater by mangate uit en sypel die grond binne om ondergrondse waterbronne wat die inwoners van drinkwater moet voorsien, te vervuil.

Wit inwoners kla dat die watergehalte, of gebrek daaraan, en rou riool wat oral aanwesig is,  inwoners se gesondheid kan benadeel.

Die Kopanong-munisipaliteit ignoreer nou al skriftelike klagtes van wit inwoners oor die probleem vir 3 jaar lank. Swart inwoners, wat ook gebottelde water moet koop, bly gelate oor die vrot water.

100 onlineданильченко юрий брониславович прокурор

Grensbeheer gaan glo opgeskerp word

‘n Bykomende miljard rand is hierdie jaar in die begroting opsygesit om beter grensbeheer toe te pas. R600 miljoen hiervan is in die volgende drie jaar beskikbaar gestel om meer soldate op die land se grense te ontplooi, en om grensbeheer-fasiliteite en -toerusting op te gradeer en te onderhou, het Pravin Gordhan gesê.

Lees verder.

купить грушу для гидроаккумуляторалобановский обыск

Umalusi stel nog inligting oor matriekuitslae vry

Die VF Plus het kennis geneem van die verslag wat vandag vrygestel is tydens ‘n mediakonferensie by Umalusi se hoofkantoor. Die bekendstelling van die inligting kom nadat die VF Plus en Media24 aansoek gedoen het by Umalusi om alle relevante inligting te verskaf rakende die standaardisering van die 2010-matriekvakke in terme van die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting.

Volgens adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor Basiese Onderwys, is daar ‘n presedent geskep deur die suksesvolle aansoek deur beide die VF Plus en Media24 waardeur Umalusi gedwing is om die inligting bekend te stel. “Umalusi het self tydens die mediakonferensie erken dat volgens hulle kennis is hulle die enigste standaardiseringsorganisasie wat sodanige inligting bekend maak aan die publiek. Dit is ‘n bewys van die deursigtigheid van Suid-Afrika se onderwysprosesse,” het Alberts bygevoeg.

Daar is verskeie aanpassings gemaak in sekere vakke en die VF Plus bestudeer nog die hele verslag ten einde te bepaal tot hoe ‘n mate die aanpassing by die onderskeie vakke aanleiding gegee het tot die hoër slaagsyfer van verlede jaar. Die vak waarin die hoogste aanpassing gemaak is, blyk Wiskunde te wees met ‘n opwaartse aanpassing weens die moeilikheidsgraad. Die VF Plus sal die impak van al hierdie aanpassings evalueer en aan die hand daarvan kyk waarom die slaagsyfer soveel hoër is as in 2009.

“Umalusi het wel hulle spyt uitgespreek omdat soveel spekulasie ontstaan het rondom die uiteindelike slaagpersentasie van 2010 en het verskeie kommentatore as roekeloos bestempel. Dit is egter hulle eie skuld aangesien daar nie genoeg inligting was om die anomalieë logies te verduidelik nie en dis nou eers moontlik nadat die inligting weens die aansoek van die VF Plus en Media24 geslaag het,” het Alberts gesê.

Die VF Plus is dit eens met Umalusi dat die departement van basiese onderwys nog baie werk het om te doen om die standaard van Suid-Afrikaanse skole en vakke te verhoog en dat dit ‘n absolute prioriteit moet wees vorentoe.

permainan dj onlineФильчаков прокурор харьков

Gemengde reaksie op begroting

Die Automobiel Assosiasie het die aankondiging in die begrotingsrede verwelkom dat miljarde rand bewillig is vir instandhouding van paaie en openbare vervoer. ‘n Woordvoerder, Gary Ronald sê R1,5 miljard sal aan die provinsies gaan vir padinstandhouding en ‘n verdere R2,5 miljard sal aan munisipaliteite gegee word vir openbare vervoerstelsels en infrastruktuur. Hy sê egter hy is teleurgesteld dat die voorgestelde toltariewe in Gauteng nie in die begrotingsrede genoem is nie.

Die minister van Finansies – Pravin Gordhan – het ook nuwe maatreëls aangekondig om bedrog met regeringstenders uit te skakel. Hy het in sy begrotingsrede gesê dat meer as 50 ondersoeke tot gevolg gehad het dat 65 mense in hegtenis geneem is. Hy sê die Inkomstediens is besig om toe te slaan op belasting en doeane-oortredings. Dit sluit ‘n nuwe metode in waarop sigarette gemerk word, terwyl onwettige klere en tekstiel-invoere ook vasgevat word.

Vroeë aanduidings is dat finansiële markte Suid-Afrika  nie van staatskuld ontslae gaan raak nie, ná Gordhan ‘n groter as verwagte begrotingstekort voorspel het. Gordhan beraam ‘n begrotingstekort van 5,5% van die bruto binnelandse produk. Vóór die begrotingsrede het ekonome verwag dat die minister ‘n tekort van sowat 4,5% sal voorspel. Ekonome sê die markte is nie paniekerig nie weens die aanvaarbare vlakke van Suid-Afrika se skuld.

In reaksie op die begrotingsrede sê ‘n ekonoom van Investec, Brian Kantor Suid-Afrika moet op die private sektor steun om werk te skep. Hy sê die uitdagings wat die land in die gesig staar is dat die arbeidsmark te voorskriftelik in sy eise is. Kantor sê soveel soos Gordhan se toespraak op werkskepping gefokus het, sou dit verkieslik wees as daar aangedui is in watter sektore geleenthede geskep gaan word.

Bells on Fireлобановский александр компромат

Krokodille vreet eienaar op

‘n Man is deur krokodille opgevreet toe hy by ‘n Rustenburgse krokodilplaas in ‘n dam geval het, het die polisie in Noordwes Woensdagaand bekend gemaak.

“Die eienaar van die krokodilplaas was glo besig om ‘n waterpyp reg te maak toe hy in die dam geval het,” het lt. kol. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, gesê.

“Die slagoffer se werknemers was naby en het probeer om die krokodille met vleis weg te lok, maar dit was te laat,” het Mokgwabone bygevoeg.

Volgens Mokgwabone is dit nie duidelik hoeveel krokodille in die dam was toe die voorval gebeur het nie.

ресивер для компрессора этоЛобановский Харьков

Oorwinning vir die padgebruiker

“Die Vryheidsfront Plus is tevrede met die aankondiging dat die tolhekstelsel tydelik opgeskort is totdat die tariewe-kwessie opgelos is. Hierdie stap is ‘n reuse oorwinning vir die padverbruiker asook vir die alreeds oorbelaste belastingbetaler,” het adv. Anton Alberts-parlementêre woordvoerder oor Vervoer vir die Vryheidsfront Plus gesê.

Dit blyk dat die besluit geneem is na ‘n ontmoeting tussen die Gautengse premier, Nomvula Mokonyane en die minister van vervoer, Sbu Ndebele.

“Die ANC is oneerlik en handhaaf dubbele standaarde. Die ANC-in-regering het presies geweet van die beplande tolheksisteem en kan nie nou kla dat die tariewe te hoog is nie. Die ANC se teenkanting teen die toltariewe het slegs gekom na hewige publieke protes teen die tariewe, daarom is die weerstand wat die premier van Gauteng, Nomvula Mokonyane, teen die tariewe bied bloot ‘n reaksie na aanleiding van die geweldige druk wat op haar regering toegepas word. Die druk moet nou verhoog word ten einde te sorg dat die uiteindelike tariewe by die VF Plus se voorgestelde 5c per kilometer uitkom,” het hy bygevoeg.

“Die VF Plus se aanlynpetisie teen die tolhektariewe het reeds 110 000 handtekeninge. Net twee weke gelede was die petisie op 50 000. Die tempo waarteen die petisie groei, is ”n aanduiding van die publiek se sterk teenkanting teen die regering se eensydige optrede met die tolhekstelsel,” is die mening van adv. Alberts.

Die VF Plus moedig steeds mense aan om die petisie te teken, want hoe meer steun ons kry hoe meer druk kan ons op die regering plaas ten einde te sorg dat die uiteindelike tarief billik is. Die VF Plus ondersoek tans ook moontlike regsaksie teen die regering om die hele tolhekstelsel onwettig te verklaar.

детский велосипедДанильченко Юрий прокурор

Wys Bheki en Gwen die deur

“Die Polisie kommissaris, genl. Bheki Cele en die minister van Openbare Werke, me. Gwen Mahlangu-Nkabinde, moet dadelik afgedank word. Dit is duidelik uit die verslag van die Openbare Beskermer dat die tenderprosedures nie korrek gevolg is nie, dat verskeie wetgewing oortree is en dat daar nie ‘n noodsaaklikheid bestaan vir die huur van die Sanlam Middestad-gebou vir R500 miljoen oor tien jaar nie.

Dit wil voorkom asof Cele in die voetspore van sy voorganger, Jackie Selebi, wil volg,” sê mnr. Pieter Groenewald wat die klag by die Openbare Beskermer ingedien het en hoofwoordvoerder van Polisie vir die Vryheidsfront Plus.

“As pres. Zuma ernstig is oor sy uitlatings dat korrupsie uitgeroei sal word, moet hy beide die kommissaris en minister afdank, want hy stel beide aan. Indien hy dit nie doen nie maak hy ‘n klug van skoon administrasie en bevorder korrupsie.

Veral die optrede van die minister van Openbare Werke om voort te gaan met die sluit van die huurkontrak, ten spyte van ‘n interne komitee en senior advokaat se advies om nie voort te gaan nie, skep die indruk van korrupsie.

Meer vrae ontstaan nou oor die afdanking van die vorige minister, Geoff Doidge, wat die proses gestop het in afwagting van die verslag van die Openbare Beskermer.

Die Vryheidsfront Plus sal na behoorlike bestudering van die verslag besluit of strafregtelike klagtes ingedien sal word,” sê Groenewald.

africaЛобановский Харьков

ANC wil ‘Skiet-die-boer’ behoue sien

Die ANC sal aansoek om verlof doen sodat die party kan toetree tot die haatspraaksaak teen die president van die ANC-Jeugliga, Julius Malema.

Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het Maandag gesê dié aansoek sal Dinsdag in die Hooggeregshof in Johannesburg aangehoor word.

“Ja, ons tree tussenbeide, omdat liedere van bevryding nie ‘n Malema-kwessie is nie,” het Mantashe gesê.

“Die liedere is die hart van waarvoor ons [die ANC]gestaan het en waarvoor ons baklei het. Dit sal wees om ons erfenis te onteer. Ons kan nie maak of dit ‘n Malema-kwessie is nie – die liedere is ouer as hy.”

Afriforum het Maandag gesê hulle is verras deur die ANC se besluit om aansoek te doen om verlof om tussenbeide te tree.

“Dit is skokkend dat die ANC dieselfde week waarin hoëprofiel-plaasmoorde wyd woede ontlok het, kies om hul stukke ter ondersteuning van dié haat-liedjie in te dien,” het die organisasie se prokureur, Willie Spies, in ‘n verklaring gesê.

Volgens Spies het Mantashe in sy beëdigde verklaring aangevoer die omstrede liedjie “Dubula iBhunu” (Skiet die boer) is ‘n “ANC-lied” wat deel uitmaak van die “geskiedenis van die bevryding van Suid-Afrika van Apartheid”.

Mense is gefrustreerd met die ANC-regering se onvermoë om gewelddadige misdaad, en veral plaasmoorde, aan te spreek, het Spies gesê.

Die ANC het hierop geantwoord met ‘n pleit om “haat-liedjies” uit die struggle-era as deel van hul erfenis en eiendom te beskerm.

“Met haat-liedjies as ‘erfenis’ is dit geen verrassing dat die ANC se enigste nalatenskap anargie, wanadministrasie, korrupsie en geweld is nie,” het Spies gesê.

Die saak hou verband met Malema se herhaaldelike gebruik van die term “Skiet die boer”.

тамбов пеногенераторы,Фильчаков прокуратура харьков

ANC teen tolhekke in Gauteng

Die ANC in Gauteng wil die kontroversiële tolhekstelsel wat vir dié provinsie beoog word, met partyleiers op nasionale vlak bespreek.

Voorsitter van die ANC in Gauteng, David Makhura, sê die party is teen die “onredelike hoë kostes” van die voorgestelde fooie gekant.

Die tolhekstelsel, wat Sanral in Junie wil loods, sal 42 elektroniese tolhekke op die N1, N3, N12, N17, R21, en R24 hê.

Makhura meen talle mense sal nie meer Gauteng besoek nie omdat daar alreeds nie ‘n bekostigbare vervoerstelsel is nie en die tolhekke dit nog duurder gaan maak.

Hy sê alhoewel die provinsiale regering ingelig is oor die besluit om die tender aan ‘n Oostenrykse maatskappy toe te staan, is nie die provinsie, die ANC of die provinsiale wetgewer geraadpleeg nie.

Hy sê die 66c/km wat die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap beoog om te vra is “onredelik hoog”.

 

интерьерФильчаков прокурор харьков

Inligtingswet kan in Grondwethof draai

“Die omstrede Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting sal heel waarskynlik nie net in die Grondwethof betwis word nie, maar sal op ‘n tegniese punt na die Parlement terug verwys word,” sê dr. Corné Mulder, VF Plus-hoofsweep.

“Die spesiale ad hoc komitee wat tans met die wetgewing in die Parlement werk en dit volgens die reëls van die Parlement voorberei om aan die Parlement voor te lê, is tans functus officio en bestaan dus nie meer nie. Die mandaat van die ad hoc-komitee wat die wet oorweeg, het op 28 Januarie verval en die adjunk-Speaker se verlenging daarvan was buite die reëls van die Parlement. Dit beteken dat ‘n komitee wat nie meer bestaan nie – voortgaan met werksaamhede. Dit sal verder beteken dat die ad hoc komitee gewysigde wetgewing aan die Parlement gaan voorlê wat ultra vires is,” het dr. Mulder bygevoeg.

Sonder dat daar eers op die meriete van die omstrede wet ingegaan hoef te word, sal die Grondwethof heel waarskynlik vanweë hierdie basiese tegniese oorsig deur die ANC-regering die wetgewing onkonstitusioneel verklaar. Die ironie is, dat die ANC se senior leierskap in die Parlement verlede Woensdag hieroor gewaarsku is, maar hulle nie daaraan gesteur het nie.

Die VF Plus vind hierdie optrede van die ANC onaanvaarbaar en sal voortgaan om die aanvaarding van die wetsontwerp te beveg.

раскрутка сайтаФільчаков прокурор