‘n Man is deur krokodille opgevreet toe hy by ‘n Rustenburgse krokodilplaas in ‘n dam geval het, het die polisie in Noordwes Woensdagaand bekend gemaak.
“Die eienaar van die krokodilplaas was glo besig om ‘n waterpyp reg te maak toe hy in die dam geval het,” het lt. kol. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, gesê.
“Die slagoffer se werknemers was naby en het probeer om die krokodille met vleis weg te lok, maar dit was te laat,” het Mokgwabone bygevoeg.
Volgens Mokgwabone is dit nie duidelik hoeveel krokodille in die dam was toe die voorval gebeur het nie.
