Gemengde reaksie op begroting

Die Automobiel Assosiasie het die aankondiging in die begrotingsrede verwelkom dat miljarde rand bewillig is vir instandhouding van paaie en openbare vervoer. ‘n Woordvoerder, Gary Ronald sê R1,5 miljard sal aan die provinsies gaan vir padinstandhouding en ‘n verdere R2,5 miljard sal aan munisipaliteite gegee word vir openbare vervoerstelsels en infrastruktuur. Hy sê egter hy is teleurgesteld dat die voorgestelde toltariewe in Gauteng nie in die begrotingsrede genoem is nie.

Die minister van Finansies – Pravin Gordhan – het ook nuwe maatreëls aangekondig om bedrog met regeringstenders uit te skakel. Hy het in sy begrotingsrede gesê dat meer as 50 ondersoeke tot gevolg gehad het dat 65 mense in hegtenis geneem is. Hy sê die Inkomstediens is besig om toe te slaan op belasting en doeane-oortredings. Dit sluit ‘n nuwe metode in waarop sigarette gemerk word, terwyl onwettige klere en tekstiel-invoere ook vasgevat word.

Vroeë aanduidings is dat finansiële markte Suid-Afrika  nie van staatskuld ontslae gaan raak nie, ná Gordhan ‘n groter as verwagte begrotingstekort voorspel het. Gordhan beraam ‘n begrotingstekort van 5,5% van die bruto binnelandse produk. Vóór die begrotingsrede het ekonome verwag dat die minister ‘n tekort van sowat 4,5% sal voorspel. Ekonome sê die markte is nie paniekerig nie weens die aanvaarbare vlakke van Suid-Afrika se skuld.

In reaksie op die begrotingsrede sê ‘n ekonoom van Investec, Brian Kantor Suid-Afrika moet op die private sektor steun om werk te skep. Hy sê die uitdagings wat die land in die gesig staar is dat die arbeidsmark te voorskriftelik in sy eise is. Kantor sê soveel soos Gordhan se toespraak op werkskepping gefokus het, sou dit verkieslik wees as daar aangedui is in watter sektore geleenthede geskep gaan word.

Bells on Fireлобановский александр компромат

Maak 'n opvolg-bydrae