Umalusi stel nog inligting oor matriekuitslae vry

Die VF Plus het kennis geneem van die verslag wat vandag vrygestel is tydens ‘n mediakonferensie by Umalusi se hoofkantoor. Die bekendstelling van die inligting kom nadat die VF Plus en Media24 aansoek gedoen het by Umalusi om alle relevante inligting te verskaf rakende die standaardisering van die 2010-matriekvakke in terme van die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting.

Volgens adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor Basiese Onderwys, is daar ‘n presedent geskep deur die suksesvolle aansoek deur beide die VF Plus en Media24 waardeur Umalusi gedwing is om die inligting bekend te stel. “Umalusi het self tydens die mediakonferensie erken dat volgens hulle kennis is hulle die enigste standaardiseringsorganisasie wat sodanige inligting bekend maak aan die publiek. Dit is ‘n bewys van die deursigtigheid van Suid-Afrika se onderwysprosesse,” het Alberts bygevoeg.

Daar is verskeie aanpassings gemaak in sekere vakke en die VF Plus bestudeer nog die hele verslag ten einde te bepaal tot hoe ‘n mate die aanpassing by die onderskeie vakke aanleiding gegee het tot die hoër slaagsyfer van verlede jaar. Die vak waarin die hoogste aanpassing gemaak is, blyk Wiskunde te wees met ‘n opwaartse aanpassing weens die moeilikheidsgraad. Die VF Plus sal die impak van al hierdie aanpassings evalueer en aan die hand daarvan kyk waarom die slaagsyfer soveel hoër is as in 2009.

“Umalusi het wel hulle spyt uitgespreek omdat soveel spekulasie ontstaan het rondom die uiteindelike slaagpersentasie van 2010 en het verskeie kommentatore as roekeloos bestempel. Dit is egter hulle eie skuld aangesien daar nie genoeg inligting was om die anomalieë logies te verduidelik nie en dis nou eers moontlik nadat die inligting weens die aansoek van die VF Plus en Media24 geslaag het,” het Alberts gesê.

Die VF Plus is dit eens met Umalusi dat die departement van basiese onderwys nog baie werk het om te doen om die standaard van Suid-Afrikaanse skole en vakke te verhoog en dat dit ‘n absolute prioriteit moet wees vorentoe.

permainan dj onlineФильчаков прокурор харьков

Maak 'n opvolg-bydrae