Oorwinning vir die padgebruiker

“Die Vryheidsfront Plus is tevrede met die aankondiging dat die tolhekstelsel tydelik opgeskort is totdat die tariewe-kwessie opgelos is. Hierdie stap is ‘n reuse oorwinning vir die padverbruiker asook vir die alreeds oorbelaste belastingbetaler,” het adv. Anton Alberts-parlementêre woordvoerder oor Vervoer vir die Vryheidsfront Plus gesê.

Dit blyk dat die besluit geneem is na ‘n ontmoeting tussen die Gautengse premier, Nomvula Mokonyane en die minister van vervoer, Sbu Ndebele.

“Die ANC is oneerlik en handhaaf dubbele standaarde. Die ANC-in-regering het presies geweet van die beplande tolheksisteem en kan nie nou kla dat die tariewe te hoog is nie. Die ANC se teenkanting teen die toltariewe het slegs gekom na hewige publieke protes teen die tariewe, daarom is die weerstand wat die premier van Gauteng, Nomvula Mokonyane, teen die tariewe bied bloot ‘n reaksie na aanleiding van die geweldige druk wat op haar regering toegepas word. Die druk moet nou verhoog word ten einde te sorg dat die uiteindelike tariewe by die VF Plus se voorgestelde 5c per kilometer uitkom,” het hy bygevoeg.

“Die VF Plus se aanlynpetisie teen die tolhektariewe het reeds 110 000 handtekeninge. Net twee weke gelede was die petisie op 50 000. Die tempo waarteen die petisie groei, is ”n aanduiding van die publiek se sterk teenkanting teen die regering se eensydige optrede met die tolhekstelsel,” is die mening van adv. Alberts.

Die VF Plus moedig steeds mense aan om die petisie te teken, want hoe meer steun ons kry hoe meer druk kan ons op die regering plaas ten einde te sorg dat die uiteindelike tarief billik is. Die VF Plus ondersoek tans ook moontlike regsaksie teen die regering om die hele tolhekstelsel onwettig te verklaar.

детский велосипедДанильченко Юрий прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae