In teenstelling met energie in die meeste Afrika-lande, word byna al Libië se olie en aardgas binnelands geproduseer. Dit verminder ontwikkelingskoste, maar verhoog die kanse dat politieke onstabiliteit uitset kan benadeel.
Libië se 1,8 miljoen vate per dag van olie-uitvoere kan opgedeel word in twee kategorieë. Die eerste kom uit ‘n deel naby die land se westelike grens en word uitgevoer vanuit ‘n enkele groot terminaal net wes van Tripoli.
Die tweede bekken is teen die land se oostelike streek en word uitgevoer vanuit ‘n verskeidenheid van fasiliteite in die ooste. Libië se bevolking is dus in twee verdeel: Leier Moammar Gadhafi se magsbasis is in Tripoli in die verre weste, en die opposisie is gekonsentreer in Benghazi in die ooste, met ‘n 600 kilometer-wye en byna leë woestyn tussenin.
Dit het tot gevolg gehad dat die land in twee politieke faksies verdeel is, met twee energieproduksie gebiede, asook twee olie-uitvoerinfrastrukture. Ekonomies ten minste, hou hierdie feit die belofte van ‘n uitgerekte konflik in – ongeag van wat gebeur met Gadhafi of enige politieke veranderinge nadat hy vertrek.
As ‘n burgeroorlog uitbreek, sal elke kant sy eie bron van inkomste hê om die konflik te voed. Daar is dalk nie ‘n aanval op die energiesektor nie, maar die bedreigings vir stabiliteit – openlik en geïmpliseer – is voldoende om meeste internasionale olie-maatskappye wat in Libië is, te laat besluit het om hul personeel te onttrek.
En buitelandse personeel is onontbeerlik. Met 6,5 miljoen mense, kan Libië se klein bevolking eenvoudig net nie die hoeveelheid kundiges en ingenieurs oplewer wat ‘n redelike groot energie-sektor vereis om te kan uitvoer nie. Die Libiërs se arbeidsmag beskik eenvoudig nie oor die nodige diepte nie.
Buitelandse maatskappye besit reeds meeste van die beleggings en doen al die swaar werk. Binne die afgelope 24 uur het ons gesien hoe die eerste verlaging in produksie – ongeveer 100,000 vate per dag – byt, en dis sekerlik nie die laaste vermindering nie.
Dit gaan ‘n kopseer vir die Italiaanse energiereus ENI word. Rome se verhouding met Libië bestaan letterlik sedert die tyd van die Romeinse Ryk. ENI is ingeplant in die Noord-Afrikaanse staat sedert 1959 en het nog nooit sy bedrywighede afgeskaal nie.
Selfs in die donker dae van Libië se twis met die Weste in die 1980’s, het ENI geboor. ENI produseer 250.000 vate per dag in Libië, wat verantwoordelik is vir 15 persent van die Italiaanse firma se wêreldwye uitset.
Italië, via ENI, is ook Libië se enkele grootste olie-verbruiker. Daar lê baie risiko’s en min kanse voor in ENI se toekomstige verhouding met Libië.
