praag.co.za

Rou riool besmet dorp se drinkwater

Written by

in

Jagersfontein staar ‘n ernstige krisis in die gesig nadat drinkwater in die dorp deur stinkende riool besoedel is.

Inwoners moet hul dors met duur, gebottelde water les.

In die lokasie Itumeleng, borrel rioolwater by mangate uit en sypel die grond binne om ondergrondse waterbronne wat die inwoners van drinkwater moet voorsien, te vervuil.

Wit inwoners kla dat die watergehalte, of gebrek daaraan, en rou riool wat oral aanwesig is,  inwoners se gesondheid kan benadeel.

Die Kopanong-munisipaliteit ignoreer nou al skriftelike klagtes van wit inwoners oor die probleem vir 3 jaar lank. Swart inwoners, wat ook gebottelde water moet koop, bly gelate oor die vrot water.

100 onlineданильченко юрий брониславович прокурор

Comments

Leave a Reply