Manuel op dun ys

‘n Beleërde Trevor Manuel, wat blykbaar in die ANC gemarginaliseer word na aanleiding van sy aanval teen die regeringswoordvoerder Jimmy Manyi, staar ‘n verdere terugslag in die gesig.

The Wall Street Journal (WSJ) het Manuel hierdie week aangehaal waar hy bitsig uitvaar teen die Zuma’s.

Manuel, die hoof van die Nasionale Beplanningskommissie, het gesê die ArcelorMittal SA-bemagtigingstransaksie “is die lelikste gesig van (SEB), maar nie die enigste geval nie”.

President Jacob Zuma se seun, Duduzane Zuma, en die omstrede Gupta-broers, goeie vriende van die Zuma-familie, kry die leeue-aandeel as deel van die ooreenkoms.

Volgens ‘n artikel in die Sunday Times, het Manuel ontken dat hy dié kommentaar gelewer het.

Sy kantoor het ook gesê Manuel het nooit iets gesê aan die WSJ oor die ooreenkoms nie.

Maar volgens WSJ se joernalis Peter Wonacott het Manuel beslis die opmerking tydens ‘n onderhoud in Addis Abeba, Ethiopië, in November gemaak.

“Natuurlik het hy die kommentaar gemaak. Hulle kan nie dit doodswyg deur te ontken dat dit gebeur het nie,” het Wonacott gesê.

Die artikel het beweer dat SEB een van verskeie kommerpunte vir buitelandse beleggers is, veral in die mynbedryf.

“Die gevolg is dat een van die wêreld se rykste lande in mineraal-en metaal sukkel om beleggings te lok,” het die WSJ gesê.

Manuel het onder skoot gekom van ‘n aantal ANC-swaargewigte nadat hy Manyi ‘n “ergste graad-rassis” genoem het na aanleiding van Manyi se opmerkings verlede jaar dat daar ‘n “ooraanbod” van die bruin mense in die Wes-Kaap is.

Naspers het intussen probeer om die ongewilde Manuel te red met verwysings na sy goeie “struggle”-verlede en het Manyi se gebrek aan ‘n “struggle”-verlede belig.

casino slotstopcargo кидалы

Wat van Alexkor?

“Die staat se diamant-mynmaatskappy is effektief bankrot. Indien mens ooit ‘n bewys wou hê wat met ons land se myne sou gebeur indien dit genasionaliseer word, hoef mens net na die Alexkor-fiasko te kyk,” het adv. Anton Alberts, die Vryheidsfront Plus se parlementêre woordvoerder oor Mineralebronne gesê.

Volgens die Ouditeur-Generaal se Oudit Uitkomste Verslag vir 2009/2010 het die maatskappy nie genoeg kontantreserwes om aan sy operasionele kontantvloei-vereistes te voldoen nie. Die Ouditeur-Generaal het ook ernstige bedenkinge oor die staatsmaatskappy se vermoë om as ‘n besigheid in die langtermyn voort te bestaan, indien daar nie ‘n vennootskap met die plaaslike gemeenskap aangegaan word en met volhoubare mynaktiwiteite begin word nie.

“Hierdie bevinding moet gelees word teen die agtergrond van sekere elemente in die ANC, veral onder die ‘reuse intellektuele leierskap’ van Julius Malema, wat aan die mense van Suid-Afrika voorskryf dat die nasionalisering van myne in belang van almal sal wees. Malema het verlede naweek weer gesê dat tot 60% van myne genasionaliseer moet word, met spesifieke verwysing na Anglo-American,” het adv. Alberts bygevoeg.

“In teenstelling met hierdie pad na die sosialistiese utopia, is die werklikheid dat die staat nie eens sy oudste mynmaatskappy winsgewend kan bedryf nie. Die vooruitsigte vir die staat se tweede mynmaatskappy, Africa Exploration Mining and Finance Corporation (AEMFC), om ‘n winsgewende toekoms tegemoet te gaan lyk baie donker gegewe Alexkor se kreeftegang. Die staat kan nie eens hulle kerntaak om openbare dienste te lewer naastenby nakom nie, soveel te meer sal die staat misluk met die bedryf van ‘n besigheid op die periferie van die staat se fokus,” meen adv. Alberts.

Die VF Plus glo dat beide nasionalisering en die bedryf van besighede deur die staat verkeerd is. Die staat moet slegs die omgewing skep om besighede te laat gedy. Daarom moet die klem wegskuif van ‘n groot staatsmasjinerie wat oral inmeng, hetsy in die privaatsektor of die privaat lewe, na die ontwikkeling van entrepreneurs en die daarstelling van ‘n omgewing waarin hulle kan innoveer en handel dryf op ‘n gelyke speelveld. Dit is die voorwaarde vir die ontstaan van ‘n volhoubare omgewing waarin permanente werk geskep word.

Die VF Plus het vrae in die Parlement aan die minister van Mineralebronne gestel waarin gevra word hoe die staat se mynmaatskappye befonds word. Indien belastingbetalers se geld gebruik word, sal dit ‘n skande wees en sal die party verdere stappe oorweeg om die vermorsing te staak.

отбеливание зубов москваданильченко юрій броніславович

Swart teaterman uitgeskop oor Facebook-uitlatings

Beeld berig dat die Markteater in Johannesburg ‘n werknemer afgedank het omdat hy op Facebook geskryf het hy is moeg vir wit, veral Joodse mans.

Matjamela Motloung, hoof van die Markteater se Laboratorium, is verlede maand afgedank ná rassistiese en anti-Semitiese opmerkings in Januarie.

Hy het geskryf hy is moeg dat sulke mans swart kunstenaars te na kom en dat hulle armmoedig bly deur sulke toedoen.

“OK: Selfs wanneer ek probeer om gaaf te bly, is daar altyd ‘n Jood wat rondhang en probeer om jou te hiet en gebied. Ek is moeg en geïrriteerd oor hoe swart teaterregisseurs oorgef** moet raak deur WIT mees-tal JOODSE regisseurs in die Suid-Afrikaanse teaterbedryf. Dit maak my selfs hartseerder as SWART skrywers/regisseurs/akteurs voor dié omgekeerde Joodse holocaust swig. Dis hoekom ons die armmoediges bly en hulle legendes is,” sê Motloung.

Lees verder.

оборудование дляФільчаков Олександр Васильович

Brits-inwoners vies oor brugsluiting

Die R512 vanaf Brits / Sonop is reeds vir verkeer gesluit van die 27ste Januarie 2011. Die sluiting het inwoners warm onder die kraag.

Dié brug oor die Krokodilrivier is gesluit oor die Ouvoor,  ‘n kanaal wat in die vorige eeu gebou is. Die pad is sedertdien weggekalwe as gevolg van òf ouderdom òf ‘n gebrek aan instandhouding òf Januarie se vloede.

Hoe dit ookal sy, is daar nie meer kundiges om die brug te herstel nie, en het die kwessie ontaard in ‘n oor-en-weer moddergooiery. In plaas van optrede, beskuldig die paaiedepartment die besproeiingsraad en andersom.

Die hartseer is, sê die inwoners in daardie omgewing, dat hulle nou ‘n 12km ompad moet ry vanweë die sluiting.

Brits se munisipaliteit is in die knyp, want riool spoel volgens belastingbetalers daagliks oor die paaie. Daar is selfs bewerings dat die water vol chloor gegooi word en dat rou riool die Krokodilrivier ongehinderd invloei.

Volgens inwoners het strate nie meer ligte in die dorpsgebied nie, en ‘n ander lewensgevaarlike probleem is nie net die slaggate nie, maar die paaie sonder strepe.

Alhoewel die boere op hulle eie onkoste reeds die kanaal aan die vloei gekry het, sê hulle, is daar geen belastingtoegewings gemaak nie, en moet hulle boonop patrollie ry om die polisie se werk te doen.

Herstelwerk gaan glo binnekort begin, volgens woordvoerders van die munisipaliteit.

 

купить справку 095у в москвеАлександр Фильчаков

Wapenbeheer chaoties

Die Polisie het die afgelope sewe jaar 20 429 (vanaf 2004) vuurwapens as verlore aangeteken en kon slegs 4 810 terugvind. Hierdie inligting is bekend gemaak deur die Polisie aan die portefeuljekomitee van Polisie in die Parlement. Die Polisie het ook bekend gemaak dat hulle 264 845 vuurwapens besit.

“Dit het duidelik na vore gekom dat die Polisie, ten spyte van twaalf kontrole maatstawwe wat onder andere Die Wet op die Beheer van Vuurwapens insluit, min en powere beheer oor hulle wapens het. Die aantal verlore wapens getuig daarvan en dit is ‘n ope vraag of die syfer korrek is en nie dalk baie meer is nie. Die verlies getuig ook van swak dissipline en ‘n argeloosheid in die Polisie betreffende vuurwapens. Daar word van wetsgehoorsame vuurwapeneienaars verwag om absolute beheer en bewaring oor hulle vuurwapens uit te voer, anders word hulle strafregtelik aangekla en vervolg. Die Polisie beskou hulleself blykbaar verhewe bo die reg want lede wat hulle wapens verloor word nie strafregtelik aangekla nie, maar word net weer van ‘n nuwe wapen voorsien. Dit is onaanvaarbaar en lede moet strafregtelik aangekla word en indien skuldig bevind word, ontslaan word. Wapenbeheer in die Polisie is chaoties en daardeur word misdaad bevorder,” sê mnr. Pieter Groenewald (LP), hoofwoordvoerder oor Polisie vir die Vryheidsfront Plus.

play games online without downloadingалександр лобановский супермаркет класс

Nog polisievoertuie vergader stof

“Splinternuwe polisievoertuie word in ‘n skuur by die Polisie se lugvleuel in Pretoria gestoor. Die meer as sestig voertuie sluit dubbelkajuitbakkies, Nyala’s en gewone bakkies in. Dit blyk dat dit aangekoop is vir die wêreldsokker verlede jaar, maar nooit gebruik is nie. Verskeie polisiestasies het ‘n tekort aan voertuie en plattelandse gebiede sukkel juis om bakkies te bekom. Die vraag wat die Polisie moet beantwoord is hoekom word hierdie voertuie hier gestoor en nie versprei na polisiestasies wat dit benodig nie. Dit gebeur dikwels dat polisielede nie na ‘n misdaadtoneel kan gaan nie, omdat daar nie vervoer beskikbaar is nie. Om nuwe polisievoertuie te stoor en nie te versprei na polisiestasies toe nie, bevorder misdaad,” sê mnr. Pieter Groenewald (LP), hoofwoordvoerder van Polisie vir die Vryheidsfront Plus.

Verlede week is berig dat meer as honderd splinternuwe ongebruikte polisievoertuie by Bainsvlei in die Vrystaat stof opgaar en nie versprei word aan polisiestasies nie. Daar is toe beweer die administrasie vir die verspreiding is omvattend en vertraag die proses

“Die Vryheidsfront Plus het reeds amptelik vrae ingedien by die Parlement aan die minister van Polisie, mnr. Nathi Mthethwa en verwag antwoorde en optrede,” het Groenewald gesê.

фишер прайс купитьДанильченко Юрий отзывы

Stakers vasgevat

Sowat 22 lede van die die munisipale vakbond Samwu is Maandag in Kempton Park in hegtenis geneem vir openbare geweld, intimidasie en aanranding.

Volgens Zweli Dlamini, woordvoerder vir die Ekurhuleni-munisipaliteit, was die verdagtes glo deel van ‘n groep van sowat 100 stakers wat amok in die stad gemaak het.

“Geen voorvalle van boewery of vandalisme sal geduld word nie,” het Dlamini in ‘n verklaring bekend gemaak.

“Die munisipaliteit kan nie net terugstaan en kyk hoe werkers onregmatig optree en ander intimideer wat nie by die stakings betrokke wil wees nie.”

Na bewering is daar verskeie voorvalle aangemeld waar nie-stakende werkers geïntimideer is en vragmotors aan die brand gesteek is.

Dlamini het beklemtoon dat die munisipaliteit bereid is om onderhandelings met Samwu aan te gaan om die stakings te keer.

русская баня #ИМЯ?Олександр Васильович Фільчаков

Zuma stel bruines gerus

Pres. Jacob Zuma het Maandag ná ‘n vergadering met Mildred Oliphant, minister van arbeid, bruines gerusgestel en gesê hule het niks te vrees oor voorgestelde wysigings aan die Wet op Billike Indiensneming nie. Solidariteit het onlangs gesê dié wetgewing kan 80% werkloosheid onder die Wes-Kaap se bruin bevolking veroorsaak.
Die wysigings dien tans voor die Nasionale Ekonomiese, Ontwikkelings- en Arbeidsraad (Nedlac).

Zuma het in ‘n verklaring gesê dit sal voortaan makliker wees vir werkgewers om aan die wetgewing te voldoen, asook makliker om meer werkgeleenthede vir voorheen benadeelde groepe te skep.

“Die wysigings wil werkgewers die vryheid gee om self te besluit of hulle streekdemografie of die nasionale demografie in ag wil neem,” het Zuma gesê.

Die ANC se al­liansievennote, Cosatu en die SAKP, het eweneens kritiek teen voorgestelde wysingings uitgespreek en geëis dat die konsepwysigings onttrek en herskryf moet word.

Dr. Anthea Jeffery van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge, het vroeër gewaarsku dat Indiërs in KwaZulu-Natal ook benadeel sal word deur die nuwe voorstelle.

 

велосипеди дитячиФильчаков прокурор

‘Kry meer swart babas,’ sê Malema

MalemaSuid-Afrika se bekendste jong politikus, Julius Malema van die ANC-jeugbeweging, het oor die naweek ‘n beroep op swartmense gedoen om meer babas te hê. Malema het ‘n stampvol sal by die Ehlanzeni- munisipale gebou toegespreek en hulle aangemoedig om meer babas te kry “om te verhoed dat die revolusie stoom verloor”.

“Om babas te kry, is ‘n revolusionêre idee. U moet voortplant! As ‘n mens ‘n swartman oor sy groot gesin probeer skaam maak, moet jy dadelik jou houding verander,” meen Malema.

Opstand teen blanke mans

Malema wil ook hê dat blanke mans hul aandeel in die ekonomie verder moet verloor. “’n Opstand gaan Suid-Afrika tref en die opstand sal nie teen die ANC gerig wees nie,” het Malema aan sy jillende skare ondersteuners gesê. “Die opstand gaan teen blanke mans en blanke monopolieë gerig wees. Dit sal nie teen blanke vroue gerig wees nie.”

Die leier van die ANC-jeugliga wil die myne nasionaliseer wat steeds deur blanke mans beheer word en nie genoeg van hul rykdom met swartes deel nie. “Deel daardie koek met ons. Moenie dit alles alleen eet nie!” het Malema uitgeroep, waarop hy luid deur die skare toegejuig is. Volgens hom is werkloosheid die oorsaak van onlangse onrus in swart woongebiede en is nasionalisering die enigste manier om dit op te los.

“Miskien is dit tyd vir die jeug om in die bestuurdersitplek van die motor in te skuif,” het Malema gesê. Nie alle blanke ondernemings moet oorgeneem word nie. “Ons wil net ons regverdige deel kry. As ons nie nasionaliseer nie, sal ons altyd arm bly. Die Oppenheimers hoef nie te bekommer nie, want ons wil net 60% van Anglo American se geld hê.”

Malema het die vergelyking met Botswana getref waar 51% van mynboubelange aan swartmense behoort. “Ons kan nie verstaan waarom hulle dit nie in Suid-Afrika wil doen nie. Hulle dink swartmense is idiote en hulle misbruik ons hier in Suid-Afrika.” Swartmense wat nie met die ANC hieroor saamstem nie “verkeer onder die invloed van kapitaliste,” het hy gesê.

“Wat Anglo American met die ander 40% van hulle onderneming doen, is hulle saak,” het hy gesê. “Ons wil net 60% hê,” het die swart jeugleier gesê.

купит справку о болезнитопкарго

Dank Manyi af!

Die VF Plus gaan die Openbare Dienstekommissie vra om Jimmy Manyi se aanstelling as woordvoerder vir die kabinet te ondersoek ingevolge die Wet op Openbare Dienste 103 van 1994. Ingevolge artikels 30(a) en (b) mag staatsamptenare nie enige addisionele werk doen en finansiële vergoeding daarvoor ontvang nie. “Daar is heelwat inligting wat daarop dui dat Manyi ook ander posisies, benewens sy posisie as president van die Black Management Forum, beklee. Die Openbare Dienstekommissie moet hierdie onreëlmatigheid ondersoek en ‘n aanbeveling maak of Manyi se aanstelling buite orde is al dan nie”, het adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor Arbeid, gesê.

“Die minister van Staatsdiens en Administrasie mag wel posisies buite die voltydse pos goedkeur indien die posisie nie inmeng met die wetlike verpligting om voltyds aandag aan die staatsdienspos te wy nie. Ons weet egter nie of dit die geval is met Manyi nie en daarom word die ondersoek gevra,” het adv. Alberts gesê.

Die VF Plus se ondersoek het aangetoon dat Manyi die volgende posisies beklee:

1. President van die Black Management Forum;

2. President van die BMFI (die Black Management Forum se beleggingsvoertuig);

3. President van die Confederation of the Black Business Organisations (CBBO);

4. Nie-uitvoerende direkteur op verskeie maatskappye se direksies, soos IBM South Africa en Meegbank Holdings.

“Die VF Plus het nog altyd volgehou dat Manyi nie geskik is om ‘n openbare pos te beklee nie. Die publieke reaksie op sy rassistiese uitsprake het weereens die party se mening beaam. Indien dit bevind word dat Manyi nie die nodige toestemming verkry het om die verskillende posisie te beklee saam met sy pos as kabinetswoordvoerder nie, moet Manyi afgedank word en ‘n einde gebring word aan die staat se vermorsing van belastingbetalers se geld op hierdie onbevoegde amptenaar,” het adv. Alberts bygevoeg.

italiasvetФильчаков прокурор харькова