praag.co.za

Zuma stel bruines gerus

Written by

in

Pres. Jacob Zuma het Maandag ná ‘n vergadering met Mildred Oliphant, minister van arbeid, bruines gerusgestel en gesê hule het niks te vrees oor voorgestelde wysigings aan die Wet op Billike Indiensneming nie. Solidariteit het onlangs gesê dié wetgewing kan 80% werkloosheid onder die Wes-Kaap se bruin bevolking veroorsaak.
Die wysigings dien tans voor die Nasionale Ekonomiese, Ontwikkelings- en Arbeidsraad (Nedlac).

Zuma het in ‘n verklaring gesê dit sal voortaan makliker wees vir werkgewers om aan die wetgewing te voldoen, asook makliker om meer werkgeleenthede vir voorheen benadeelde groepe te skep.

“Die wysigings wil werkgewers die vryheid gee om self te besluit of hulle streekdemografie of die nasionale demografie in ag wil neem,” het Zuma gesê.

Die ANC se al­liansievennote, Cosatu en die SAKP, het eweneens kritiek teen voorgestelde wysingings uitgespreek en geëis dat die konsepwysigings onttrek en herskryf moet word.

Dr. Anthea Jeffery van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge, het vroeër gewaarsku dat Indiërs in KwaZulu-Natal ook benadeel sal word deur die nuwe voorstelle.

 

велосипеди дитячиФильчаков прокурор

Comments

Leave a Reply