Brits-inwoners vies oor brugsluiting

Die R512 vanaf Brits / Sonop is reeds vir verkeer gesluit van die 27ste Januarie 2011. Die sluiting het inwoners warm onder die kraag.

Dié brug oor die Krokodilrivier is gesluit oor die Ouvoor,  ‘n kanaal wat in die vorige eeu gebou is. Die pad is sedertdien weggekalwe as gevolg van òf ouderdom òf ‘n gebrek aan instandhouding òf Januarie se vloede.

Hoe dit ookal sy, is daar nie meer kundiges om die brug te herstel nie, en het die kwessie ontaard in ‘n oor-en-weer moddergooiery. In plaas van optrede, beskuldig die paaiedepartment die besproeiingsraad en andersom.

Die hartseer is, sê die inwoners in daardie omgewing, dat hulle nou ‘n 12km ompad moet ry vanweë die sluiting.

Brits se munisipaliteit is in die knyp, want riool spoel volgens belastingbetalers daagliks oor die paaie. Daar is selfs bewerings dat die water vol chloor gegooi word en dat rou riool die Krokodilrivier ongehinderd invloei.

Volgens inwoners het strate nie meer ligte in die dorpsgebied nie, en ‘n ander lewensgevaarlike probleem is nie net die slaggate nie, maar die paaie sonder strepe.

Alhoewel die boere op hulle eie onkoste reeds die kanaal aan die vloei gekry het, sê hulle, is daar geen belastingtoegewings gemaak nie, en moet hulle boonop patrollie ry om die polisie se werk te doen.

Herstelwerk gaan glo binnekort begin, volgens woordvoerders van die munisipaliteit.

 

купить справку 095у в москвеАлександр Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae