Suid-Afrikaanse nuus, d.w.s. sowel nuus uit Suid-Afrika én Suider-Afrika.
“Ons onderskryf die Vryheidsmanifes [Freedom Charter] net soos die ANC,” het Zille tydens ‘n onderhoud hierdie week gesê.
Zille verwerp die idee dat die DA in wese ‘n party is wat “wit politiek” bedryf.
Die Vryheidsmanifes stel dit duidelik dat die swart mens se grond van hom “gesteel” is want hulle “besit die geboortereg van grond”.
Voorts is die “wil van die mense” die belangrikste grondslag vir demokrasie volgens die manifes. In daardie opsig, verskil Zille dus nie van iemand soos die gewilde Julius Malema, ANC-jeugleier nie.
Demokratiese Alliansie-leier Hellen Zille en haar voorganger, Tony Leon, is skynbaar ligjare van mekaar verwyder wanneer dit kom by hoe Suid-Afrika die liberale demokrasie wat hulle nastreef, wil laat realiseer.
In 1999 het Leon met sy “Fight Back”-verkiesingsveldtog die DA gered van gewisse ondergang. Leon het aangevoer dat daar ‘n behoefte bestaan om die ANC se wurggreep te beveg. Duisende Afrikaanse kiesers het daarna ingekoop in die DA-veldtog.
Zille het haar veldtog vir die komende munisipale verkiesings van stapel gestuur op die historiese Walter Sisulu-plein in Kliptown, Soweto.
Die DA se swart Johannesburgse burgemeesterskandidaat, Mmusi Maimane, is ‘n gegradueerde van dié party se leierskapsontwikkelingprogram, het Zille uitgewys.
“Met groter staatsbeheer en -deelname en die eienaarskap van minerale hulpbronne, sal ons nasionale begroting die kapasiteit hê om vergroot te word en sodoende om te sien na die maatskaplike verantwoordelikhede van die staat,” het Malema aan die Nasionale Persklub gesê gedurende ‘n praatjie oor die liga se program van aksie vir ekonomiese vryheid.
Hy het gesê die probleem is dat minerale onverwerk uitgevoer word en dan as vervaardigde produkte ingevoer word.
“Ons dink ons moet hierdie kwessie aanspreek, ons moet Suid-Afrika laat voordeel trek uit sy hulpbronne.”
Malema het gesê die ANC se nasionale algemene raad het groter konsensus bereik oor die liga se voorstel om beheer oor die land se myne in die hande van die staat te plaas. ‘n Span is besig om die beste model van nasionalisering te ondersoek wat nie die ekonomie op ‘n ramp sal laat afstuur nie.
“Vergeet maar die dinge wat mense in die openbaar kwytraak. Toe ons na die algemene raad gegaan het, het hulle volgehou nasionalisering is nie op die agenda nie, terwyl dit wel was. Nadat die voorstelle aanvaar is, het hulle steeds gesê daar is geen praatjies oor nasionalisering nie.”
Nog ‘n item op die liga se program is grondondersoeke. Die liga wil hê alle grond, buiten woongebiede, moet aan die staat behoort. Hierdie onteiening sonder vergoeding moet gedoen word met die inagneming van wette en wetgewing.
“Toe hulle ons land oorgeneem het, dié wat dit vandag besit, het hulle nie vir enigiemand vergoed nie. Daarom sal dit verkeerd wees om te eis dat hulle iets van ons kry.
“Ons het nie genoeg geld om hierdie grond te koop nie, en as ons die bietjie geld wat ons het hiervoor gebruik, loop ons die risiko om te faal in baie belangrike diensleweringkwessies soos gehalte onderwys, behuising, sanitasie, krag en water.
“Ons probeer hierdie probleem, wat vir ons deur die koloniseerders geskep is, aanspreek, en daarom kan ons nie omgepraat word nie, omdat ons baie sterk hieroor voel en die krisis wat deur koloniseerders geskep is, moet omkeer.”
Wanneer die staat eienaarskap oor die grond het, het Malema gesê, sal dié wat dit wil gebruik vir lisensies moet aansoek doen.
Huurkontrakte sal nie langer as 30 jaar kan duur nie en aansoekers sal moet verduidelik hoe hulle dit tot voordeel van hul mense sal gebruik.
Die regering sal dié wat die grond vir landbou wil gebruik, voorsien van die hulpbronne om te verseker dat dit produktief bly.
Hy het die stadige pas waarteen grond aan swartmense “teruggegee” word gekritiseer en gesê slegs vyf persent word elke 20 jaar oorgeplaas.
“In 100 jaar sou ons 20 persent oorgeplaas het. Ek is nie bereid om deel van daardie mislukking te wees nie. Daarom het ons hierdie radikale program van aksie en die nood vir politieke wil en leierskap in die ANC.”
Malema het die regering se tenderstelsel bevraagteken en gesê dit het die land in ‘n “politieke krisis” gedompel.
“Die staat maak te veel staat op die tenderstelsel en dit het tot ‘n politieke krisis gelei.”
Swak werksgeleenthede word voorsien deur “korrupte maatskappye, van wie sommige saam met die politieke leierskap werk”.
Volgens kapt. Adele Myburgh was pendelaars ongelukkig omdat daar nie genoeg busse was om hulle huis toe te neem nie.
“Twee busse het heeltemal afgebrand en een is met klippe bestook.
“Die situasie bly gespanne. Die polisie monitor nog die situasie.”
Lebogang Pule, ‘n pendelaar, het gesê die laaste bus na haar tuisdorp, Manamela, het om 13:00 vertrek.
“Ek het ‘n maandelikse kaartjie vir R600 gekoop en ‘n skolierkaartjie vir R280. Nou kan ek nie huis toe gaan nie, want daar is nie busse nie.
“Ons baklei nie met die busmaatskappy nie. Al wat ons wil hê, is om met respek behandel te word.
“Ek weet nie waar ek vanaand gaan slaap nie,” het sy gesê en bygevoeg dat sy geen alternatiewe vervoer het nie.
Butler Matlapeng, woordvoerder van die Rustenburg-munisipaliteit, het gesê beslag is op 49 busse van die Bojanala-busdiens gelê omdat hulle permitte verval het.
Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
Gareth Newham, hoof van die misdaad-en-justisie-program by die Instituut vir Sekerheidstudie, het gister dié onrusbarende inligting bekend gemaak na aanleiding van onlangse voorvalle van polisiehardhandigheid.
Lees verder.
Hy het gesê dit is een van die resolusies wat die Afrika-Unie in 2003 in Maputo aanvaar het.
Nwanze het in Kaapstad tydens die bekendstelling van die 2011 Landelike Armoede-verslag gepraat.
Regerings moet ‘n meer aktiewe rol speel om armoede te verminder en voedselsekerheid te verseker, het hy gesê. Slegs agt Afrika-lande het aan die einde van verlede jaar aan die AU-resolusie voldoen.
Aldo Dell’Ariccia, EU-ambassadeur, het Woensdag gesê die joernaliste se werk kan as “aanhitsing tot haat” beskou word.
Die joernaliste, wat President Robert Mugabe sterk ondersteun, tel onder sowat 200 individue, wat met Mugabe se party verbind word, wat moontlike bank- en reissanksies deur die EU, Amerika en Brittanje in die gesig staar. Die sanksies sal ingestel word uit protes teen jare van menseregteoortredings deur dié land.
Mugabe het vir verkiesings vanjaar gevra om ‘n einde te bring aan ‘n wankelrige koalisie met die voormalige opposisie. Onafhanklike mediagroepe sê daar was sedertdien ‘n toename in aanhitsende beriggewing deur pro-Mugabe-publikasies, wat op hul beurt politieke geweld gepredik het.
“Terwyl ons ons eie geskiedenis in hierdie opsig in ag neem, asook dieselfde foute wat ons in die verlede gemaak het, let ons as die NG Kerk met ‘n groeiende sin van bekommernis op onlangse openbare opmerkings deur geestelikes en politieke figure, wat aanspraak maak op God se ondersteuning van hul politieke party,” het Ben du Toit, woordvoerder, in ‘n verklaring gesê.
“Die mees onlangse só ‘n voorval, waarin ‘n pastoor president Zuma gesalf en Romeine 13 op ‘n onverantwoordelike manier ingespan het om kiesers te dwing om die ANC te ondersteun, oorskry werklik die grense van verantwoordelike teologie, die verantwoordelike gebruik van die Bybel en die verantwoordelike werf van ondersteuning vir die betrokke politieke party.”
Die Burger het Maandag berig ‘n pastoor, wat by ‘n werkersdag-saamtrek in Athlone, Kaapstad, gepraat het, het gesê “Jesus was ‘n kommunis”, “God het pres. Jacob Zuma as staatshoof gesalf” en die ANC, Cosatu en die SAKP is die “heilige Drie-eenheid”.
Zuma was by dié saamtrek teenwoordig.
Die NG Kerk het ‘n beroep op Zuma en ander politieke leiers gedoen om die “opportunistiese gebruik van geloof te ontmoedig” en hulself van dié praktyke te distansieër.
“As politieke leiers nie in die openbaar hul teenkanting teen hierdie praktyke in die opbou tot die plaaslike verkiesings aankondig nie, sal die NG Kerk geen ander keuse hê as om sy kommunikasiestrukture so effektief moontlik te gebruik om kiesers aan te raai om politieke partye te ondersteun wat nié geloof vir eie gewin misbruik nie.”
Dut Toit het gesê om “God vir ‘n politieke doel en agenda toe te eien” druis in teen die integriteit van die Christelike geloof en van God self.
“Ons doen ‘n beroep op President Zuma om ware leierskap te toon deur met ons hande te vat in die bewaking teen die misbruik van God se naam op hierdie manier.”
Zuma het al in die verlede onder skoot gekom vir sy gebruik van geloof in politieke toesprake. Hy het onlangs gesê ‘n stem vir die ANC is om die hemel te kies, terwyl ‘n stem vir die opposisie daaraan gelyk is om die “hel” te kies.
Dié opmerking is wyd deur opposisiepartye, kerkgroepe en ander liggame gekritiseer. Sommige het die opmerkings as “lasterlik” beskryf.
Die vrees dat biobrandstof die pryse van voedsel sal laat styg, is ongegrond volgens dr. Mulder. Die stygende oliepryse het tans ‘n ernstiger invloed en laat alle pryse styg.
Die huidige afhanklikheid van buitelandse invoere vir veral stapelvoedsel kan noodlottige risiko’s op die lang termyn vir Suid-Afrika inhou. Daarom behoort ons in Suid-Afrika te strewe na voedselsekerheid uit eie bronne. Biobrandstof uit ons surplus mielies en of suiker kan grootliks hiermee help,” volgens Mulder.
“Wat gebeur byvoorbeeld as buitelandse pryse skielik buitensporig styg en daar intussen, vanweë die invoere van graan, nie meer Suid-Afrikaanse graanboere oor is om binnelands te produseer nie?” het dr. Mulder gevra.
Dr. Mulder het ook gesê dat in die lig van die steeds hoër wordende produksiekoste van wyn, dit belangrik is dat met die minister van Finansies in gesprek getree word om die belasting daarop te verlig.
“Hierdie onteiening is al as die grootste diefstal in die land se geskiedenis beskryf – dit het Suid-Afrika naby aan Zimbabwe se grondgrypbeleid gebring – en tog het die regering bly vasskop dat dit nie onteiening was nie,” sê ds. Theunis Botha, leier van die CDP.
“Ons vertrou dat die regering dié uitspraak sal respekteer, en nie verder belastingbetalersgeld sal mors deur te appelleer nie.”