Busse aan die brand gesteek

Pendelaars wat kwaad is oor die gebrek aan openbare vervoer, het Donderdag twee busse in Rustenburg aan die brand gesteek, het die polisie in Noordwes gesê.

Volgens kapt. Adele Myburgh was pendelaars ongelukkig omdat daar nie genoeg busse was om hulle huis toe te neem nie.

“Twee busse het heeltemal afgebrand en een is met klippe bestook.

“Die situasie bly gespanne. Die polisie monitor nog die situasie.”

Lebogang Pule, ‘n pendelaar, het gesê die laaste bus na haar tuisdorp, Manamela, het om 13:00 vertrek.

“Ek het ‘n maandelikse kaartjie vir R600 gekoop en ‘n skolierkaartjie vir R280. Nou kan ek nie huis toe gaan nie, want daar is nie busse nie.

“Ons baklei nie met die busmaatskappy nie. Al wat ons wil hê, is om met respek behandel te word.

“Ek weet nie waar ek vanaand gaan slaap nie,” het sy gesê en bygevoeg dat sy geen alternatiewe vervoer het nie.

Butler Matlapeng, woordvoerder van die Rustenburg-munisipaliteit, het gesê beslag is op 49 busse van die Bojanala-busdiens gelê omdat hulle permitte verval het.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

пескоструйФільчаков Олександр Васильович

Maak 'n opvolg-bydrae