Opstande nadat Britte hulpgeld weerhou

Opstande oor prysverhogings wat deur opposisiegroepe uitgebuit word, het reeds die lewens van 12 mense in Malawi geëis. Kantore en winkels op verskeie plekke is in brande verwoes.

Opposisiepolitici sê dat net “demokrasie” laer pryse sal waarborg.

In Blantyre, die Malawiese hoofstad, is verskeie mense beseer in botsings tussen die polisie en betogers. Inwoners wat die owerhede goedgesind is, het glo die polisie bygestaan.

Betogers is woedend omdat pres. Bingu wa Mutharika skynbaar niks doen aan stygende kospryse nie. Die president se pogings om die optog van Woensdag te verhoed, het glo misluk.

Volgens bronne het die ontevredenheid begin nadat Mutharika Fergus Coch­rane-Dyet, die Britse ambassadeur, in April uitgeskop het omdat hy die Malawiese president as ‘n diktatoriale leier beskryf het.

Die Britse regering het in antwoord daarop Malawi se hulp opgeskort en sý ambassadeur gevra om die land te verlaat.

Malawi is vir 60% van sy begroting op Brittanje aangewese. Kos- en ander verbruikersspryse het daarna die hoogte in geskiet weens die gebrek aan hulpgeld.

 

для насосовДанильченко Юрий прокурор

Shell sê skaliegas is SA se enigste energie-antwoord

Volgens Jan-Willem Eggink, hoofbestuurder van Shell in Afrika, is die ontginning van skaliegas deur hidroliese breking die enigste oplossing om Suid-Afrika se koolstofspoor aansienlik te verbeter. Dit kan ook ‘n antwoord bied op die land se stygende energie-aanvraag.

Suid-Afrika se verbintenis tot die beperking van kweekhuisgasse is reeds deur pres. Jacob Zuma tydens die beraad oor klimaatsverandering in Denemarke bevestig, het Eggink gesê.

Eggink was ‘n spreker by die Afrika-gaskonferensie in Johannesburg.

Shell beplan om dié projek as een van die mees ekologiesvriendelike gasontginningsprojekte ter wêreld te bestuur. Eggink sê Shell sal nie die Karoo se waterbronne aantas nie en bestudeer reeds ander maniere om water in te bring.

Jonathan Deal, voorsitter van die Treasure Karoo Action Group (TKAG), het Shell en ander oliemaatskappye gedurende sy aanbieding by die konferensie nogtans versoek om nie voort te gaan met dié ontginning nie.

Volgens Deal bestaan daar steeds nie genoeg bewyse dat die potensiële voordele die risiko’s van “fracking” of hidrouliese breking oorskadu nie. Suid-Afrika behoort eerder ondersoek in te stel na hernubare energie vanweë klimaatsverandering en ‘n dreigende waternood.

Deal het die minister van energie, Susan Shabangu, gevra om die taakspan wat sy aangewys het om hidrouliese breking te ondersoek, te ontbind. Hy sê daar heers onduidelikheid oor die taakspan se doelwitte.

Die Karoo sal geweldige skade ly indien lisensies vir gasprospektering en gasproduksie toegestaan word omdat die voor- en nadele van die hidroliese breking steeds nie behoorlik opgeweeg is nie, sê hy.

 

купить аксессуары для оск, инструмент и сизлобановский александр дочь

ANC staan byna op 1 miljoen lede

Die ANC is binne trefafstand van sy teiken van een miljoen lede voordat dié party volgende jaar sy honderdste bestaansjaar vier, het President Jacob Zuma Maandag gesê.

Die party se ledetal staan op die oomblik op 914 852 – ‘n groei van 198 057 lede sedert September verlede jaar, toe die party ‘n amptelike ledetal van 749 112 gehad het, het Zuma gesê in ‘n verklaring wat by die Lilliesleaf-plaas in Rivonia, Johannesburg, vrygestel is.

“Ons moet verseker dat ons groei in getalle nie die karakter van die ANC verander nie.

“Die werwingsprogram sal dus geanker wees in twee hoof-rigtings, naamlik ‘n massiewe werwingsveldtog wat nuwe potensiële lede nader aan die een kant en ‘n fokus op politieke opvoeding aan die ander kant,” het Zuma gesê.

“Die veldtog sal ons lede leer om getrou te bly aan die beginsels van eenheid, selflose diens, kollektiewe leierskap, demokratiese sentralisme, interne debatvoering, nederigheid, eerlikheid, harde werk, konstruktiewe kritiek en selfkritiek, dissipline en wedersydse respek. Hierdie maak alles deel uit van die beweging se tradisies.”

Die ANC sal “ure aaneen” werk om die doel van een miljoen lede teen vroeg volgende jaar te bereik, het Zuma gesê.

Hy het gesê die veldtog is Maandag geloods om oudpresident Nelson Mandela te vereer.

“Die ANC is ontsettend trots om Madiba as leier te hê. Ons is trots om vandag sy nalatenskap met al ons mense en met die wêreld te deel.”

slot onлобановский обыск

Die Weste is ‘mees konsekwente en oudste vyand’

Tafataona Mahoso van Bulawayo24 skryf verlede week hoe die VSA deur beheer van die “burgerlike samelewing” regdeur Afrika, vyandelike aksies borg.

Hy beskryf die “groot demokrasieë” van die Weste as die mees konsekwente en oudste vyand van die Afrika. Tydens slawerny, met die stormloop vir Afrika na afloop van die Berlynse Konferensie, tydens kolonialisme, tydens apartheid, en nou gedurende die huidige poging om Afrika te herkoloniseer, was die Weste sonder uitsondering, die nommer-een-vyand van Afrika, skryf Mahoso.

Die onlangse gebeure in Libië en die Ivoorkus en die huidige “onwettige sanksies” teen Zimbabwe is vir Mahoso alles aanduidings van dié ongevraagde inmenging.

Hy sê swartes is geneig om op te sien na diegene wat hulle dink die wit kundiges is, en wat mbv Westerse hulpbronne en deur opleiding die botoon voer.

Veral joernaliste wat Afrika-leierskap “met ‘n paar verslete clichés afmaak”, het ‘n baie negatiewe invloed op die kontinent want in die proses word swart politiek, ekonomie en die swart gemeenskap se geskiedenis deur die Westerse poniepers “met kinderagtige taal” beledig.

Mahoso meen die sogenaamde “burgerlike samelewing” is geskep as die bobou vir militêre en intelligensie-samewerking met dié organisasies. Die VSA se Africom is veronderstel om sulke samewerking te konsolideer. Volgens hom sal die herkolonisering van die kontinent voltooi wees wanneer Africom dié konsolidasieproses voltrek het.

Lees hier.

люстры потолочные недороготопкарго отзывы

Solidariteit se toetrede kan tot chaos lei

Brandstoftekorte kan vererger met skole wat dié week heropen asook Solidariteit wat tot die staking toegetree het.

Die uitvoerende direkteur van die Suid-Afrikaanse petroleumbedryfsvereniging (Sapia), Avhapfani Tshifularo, het gesê Solidariteit se toetrede tot die staking kan ‘n impak op brandstofproduksie hê.

Hy het aan Media24 gesê: “Ek het gehoor daar is sprake dat hulle produksie gaan stop, maar dit is nog nie bevestig nie. ‘n Sekere aantal werkers moet weens veiligheidsredes by die produksieproses betrokke wees.”

Tshifularo het gesê hulle weet nie hoeveel van Solidariteit se lede hulle by die staking gaan aansluit nie, maar indien genoeg lede staak, sal die produksie van brandstof tot stilstand gedwing word. 

Nooddienste se tekorte, soos ambulanse sonder brandstof, kan die situasie in die land kommerwekkend laat versleg en tot chaos lei.

Dr. Dirk Hermann, adjunkhoof van Solidariteit, het gesê die staking van Solidariteit-lede sal hoofsaaklik Sasol en PetroSA raak.

“Ons lede is betrokke by die vervaardiging van brandstof. Waar Suid-Afrikaners tot dusver slegs probleme ervaar het om brandstof by vulstasies te kry, sal ‘n mens nou vind dat daar nie langer brandstof vervaardig gaan word nie.”

Reggie Sibiya, uitvoerende hoof van die brandstofkleinhandelaarsvereniging (FRA), sê meer as 200 vulstasies in Gauteng en 50 vulstasies in KwaZulu-Natal het alreeds drooggeloop. Sommiges is nou vir die sesde dag sonder brandstof.

Motoriste in die binneland het die naweek bontgestaan om hul voertuie se brandstoftenks te vul, maar vulstasies in Johannesburg en Pretoria moes motoriste wegwys omdat daar geen brandstof beskikbaar is nie.

 

 

 

купить тамбов пистолеты продувочныепрокурор харьковской области

ANC te sag oor korrupsie sê Mantashe

Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het in ‘n dokument geskryf ‘n waarskuwing gerig dat die regerende party “te sag” is oor korrupsie, berig die Sunday Independent.

Mantashe het gesê om bewerings [van korrupsie] teen ANC-lede te verwerp, skaad die beeld van die ANC.

“Te veel hoëprofiel sake en bewerings teen ons lede, help glad nie. Ons kan dit verwerp, maar die skade wat dit die ANC se beeld berokken, is groot.”

Mantashe het dié uitlatings in ‘n verslag van 99 bladsye vir die ANC se lekgotla, wat Sondag ten einde geloop het, gemaak.

“Een kwessie wat aanhoudend te voorskyn kom in die verkiesingsnavorsing, selfs onder ons getroue ondersteuners, is dat die ANC te sag is oor korrupsie en na sy eie [lede] kyk,” het Mantashe verder gesê.

“Dít vereis ‘n stelsel om die bewerings te ondersoek en sal ‘n boodskap uitstuur dat die ANC nie korrupsie gaan duld nie.”

Dié waarskuwing kom te midde toenemende druk op pres. Jacob Zuma om teen Gwen Mahlangu-Nkabinde, minister van openbare werke, en genl. Bheki Cele, nasionale polisiehoof op te tree.

Adv. Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, het verlede week bevind dat hulle verantwoordelik is vir wanadministrasie rakende die huurkontrakte vir nuwe polisiekantore in Pretoria en Durban.

Cosatu en opposisiepartye het Cele en Mahlangu-Nkabinde se bedankings geëis.

линейные светодиодные светильникипрокурор Фильчаков

Malema se inkomstebron gaan ondersoek word

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) is versoek om die geldsake van Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga, te ondersoek.

Die DA het die ondersoek aangevra nadat dit aan die lig gekom het dat Malema ‘n huis van R16 miljoen in die Johannesburgse rykmansbuurt Sandown bou.

“Ek sal ‘n brief skryf en vra dat sy finansies ondersoek word. Die tyd het aangebreek. Dit is onmoontlik vir iemand wat ‘n salaris van R25 000 verdien om ‘n banklening van R16 miljoen te kry,” het ‘n woordvoerder gesê.

“‘n Ondersoek moet gedoen word om vas te stel waar die geld vandaan kom. As iemand vir hom geld gee, moet ons weet wie dit is.”

Die Sunday Independent het berig dat Malema ‘n huis op die erf in Sandown, wat hy in 2009 gekoop het, laat sloop het, en ‘n nuwe moderne spoghuis bou.

Die ANC-jeugliga weier om kommentaar te lewer oor Malema se nuwe huis.

Die ANC het ook vroeër vanjaar gevra vir ‘n ondersoek nadat dit aan die lig gekom het dat regeringstenders onwettig aan maatskappye, wat aan Malema verbind word, toegeken is.

lego friends купить киевДанильченко Харьков

Gauteng se tenks loop vinnig leeg

“Die Vryheidsfront Plus neem met kommer kennis van die voortslepende staking wat die verskaffingslyne van brandstof na vulstasies belemmer. Volgens berigte is daar net twee dae se brandstofvoorraad oor by vulstasies in Gauteng.
Dit is uiters kommerwekkend dat die unies en werkgewers nog nie ‘n ooreenkoms kon bereik om die staking tot ‘n einde te bring nie. Dit beteken dat die staking tot diep in volgende week kan voortduur en sal effektief vervoer in Gauteng en ander provinsies tot stilstand dwing.
In effek sal die land se ekonomie wesenlik tot ‘n halt geroep word. Hierdie optrede is skandalig en die VF Plus doen daarom ‘n beroep op alle partye om so gou as moontlik ‘n ooreenkoms te bereik,” het adv. Anton Alberts, VF Plus parlementêre woordvoerder oor vervoer gesê.

“Die partye moet so gou as moontlik bymekaar kom en werkgewers moet indringend daarna kyk om die salarisverskille tussen die topbestuur en gewone werkers daadwerklik kleiner te maak, aangesien hierdie ongelykheid een van die grootste geskilpunte is,” het Alberts bygevoeg.

Die VF Plus doen ‘n beroep op alle motoriste en besighede om hulle voertuie vol te maak en spaarsamig met hulle brandstof te werk te gaan.

игри для днвочекФільчаков Олександр Васильович прокурор

Brandstof raak min

Ten minste 150 vulstasies in Gauteng en 50 in KwaZulu-Natal is sonder brandstof, het die Fuel Retailers Association (FRA) gesê.

“Dit was die syfers teen die sluiting gister [Woensdag],” het die uitvoerende hoof, Reggie Sibiya, gesê.

“Maar dit is net gerapporteerde syfers. Sommige vulstasies het nie verslag gedoen nie uit vrees vir intimidasie. Dit kan dus waarskynlik wees dat tussen 200 tot 250 vulstasies sonder brandstof in Gauteng is.”

Sibiya glo raffinaderye het syfers onderspeel.

Hy het gesê die landwye staking het die ekonomie benadeel en “bloei” sakeondernemings.

“Brandstofkleinhandelaars, byvoorbeeld, werk op ‘n vasgestelde marge. Ons kan nie die pomppryse verander nie en ons kan nie die kostes verhaal nie.”

Die gesprekke is deurlopend aan die gang met geen vordering wat gemaak word nie, het hy gesê.

“Ons is magteloos. Ons sien nie enige vordering nie en ons weet nie wanneer die staking sal eindig nie.

“Dit is amper die einde van die week, en ons is sonder resultate.”

Die Automobiel-Assosiasie-woordvoerder Gary Ronald, en Ceppwawu-koördineerder John Appolis het gesê hulle sal later Donderdag kommentaar lewer.

Engen-woordvoerder Tania Landsberg, Sasol-woordvoerder Nothemba Noruwana, en BP-woordvoerder vir Suider-Afrika, Glenda Zvenyika, was nie onmiddellik vir kommentaar beskikbaar nie.

Nagenoeg 70 000 werkers van verskeie unies het Maandag begin staak en eis ‘n minimum salaris van R6 000 ‘n maand plus ‘n 40-uur werkweek.

Geen ooreenkoms is nog bereik nie.

детская одежда летняяОлександр Васильович Фільчаков

N2 buite Kaapstad deur betogers versper

Talle inwoners van Nyanga in Kaapstad is in hegtenis geneem nadat hulle vroegoggend die N2 in Kaapstad met brandende motorbande versper het, het die polisie gesê.

“Ek het nie die presiese getal byderhand nie, maar ek kan bevestig dat ‘n aantal mense vir openbare geweld in hegtenis geneem is,” het ao. November Filander, polisiewoordvoerder, gesê.

Filander het gesê sowat 60 inwoners van die Crossroadslokasie naby die Kaapstadse Internasionale Lughawe het omstreeks 05:30 oor swak dienslewering in die gebied betoog.

Hy het gesê die groep is intussen uitmekaar, maar die polisie patrolleer die gebied.

‘n Gedeelte van die N2 in die rigting van Kaapstad tussen die R300 en die lughawe is vir verkeer gesluit weens die betoging en ongelukke, berig die SAUK.

купить гидробактопкарго отзывы