Die Weste is ‘mees konsekwente en oudste vyand’

Tafataona Mahoso van Bulawayo24 skryf verlede week hoe die VSA deur beheer van die “burgerlike samelewing” regdeur Afrika, vyandelike aksies borg.

Hy beskryf die “groot demokrasieë” van die Weste as die mees konsekwente en oudste vyand van die Afrika. Tydens slawerny, met die stormloop vir Afrika na afloop van die Berlynse Konferensie, tydens kolonialisme, tydens apartheid, en nou gedurende die huidige poging om Afrika te herkoloniseer, was die Weste sonder uitsondering, die nommer-een-vyand van Afrika, skryf Mahoso.

Die onlangse gebeure in Libië en die Ivoorkus en die huidige “onwettige sanksies” teen Zimbabwe is vir Mahoso alles aanduidings van dié ongevraagde inmenging.

Hy sê swartes is geneig om op te sien na diegene wat hulle dink die wit kundiges is, en wat mbv Westerse hulpbronne en deur opleiding die botoon voer.

Veral joernaliste wat Afrika-leierskap “met ‘n paar verslete clichés afmaak”, het ‘n baie negatiewe invloed op die kontinent want in die proses word swart politiek, ekonomie en die swart gemeenskap se geskiedenis deur die Westerse poniepers “met kinderagtige taal” beledig.

Mahoso meen die sogenaamde “burgerlike samelewing” is geskep as die bobou vir militêre en intelligensie-samewerking met dié organisasies. Die VSA se Africom is veronderstel om sulke samewerking te konsolideer. Volgens hom sal die herkolonisering van die kontinent voltooi wees wanneer Africom dié konsolidasieproses voltrek het.

Lees hier.

люстры потолочные недороготопкарго отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae