Mosambiek waarsku SAners oor eiendomsreg

Suid-Afrikaners wat vakansie-oorde en -huise in Mosambiek sogenaamd besit, moet onverwyld die toerismevereniging in Gaza kontak. Hulle kan, volgens Mosambiekse wetgewing geen aanspraak maak op volle eiendomsreg nie.

Rogério Gomes, president van die Gaza-toerismevereniging in Gaza, het aan die Volksblad gesê: “Suid-Afrikaners wat dink hulle besit iets, is deur gewetenlose ontwikkelaars mislei.”

Rogério Gomes kan per epos by: rgomes.moz@gmail.com gekontak word.

Duisende vakansiehuise in besit van Suid-Afrikaners word hierdeur geraak. “Buitelanders kan nie grond [in Mosambiek] besit of verkoop nie, hulle kan slegs gebruiksreg verkry,” het Gomes gesê.

Slegs tyddeel-eienaarskap word toegelaat, waar huise of wooneenhede nie eksklusief benut of heeltyds bewoon word nie.

Die Mosambiekse owerhede het sedert hulle op die La Perla-oord van Braam Bruwer aan die Bilene-strandmeer beslag gelê het, skielik wetstoepassing verskerp.

‘n Belegger wat naamloos wil bly het aan Praag gesê dat omkopery dikwels by eiendomstransaksies plaasvind en dat Mosambiekse owerhede graag teen vergoeding allerlei lisensies toestaan en wetsvereistes oorsien. Volgens hom kon die geskil oor eiendomsreg ontstaan het vanweë ‘n rusie oor omkoopgeld.

Mosambiek spog ook deesdae met ‘n florerende en onwettige diamanthandelbedryf wat oorspoel vanaf Zimbabwe.

In een onlangse geval het die plaaslike polisie glo teen betaling twee diewe by ‘n luukse oord in koele bloede doodgeskiet om die eienaar tevrede te stel.

Kwessies soos die onderverdeling en verkoop van grond en huise, kontrakskending, bouregulasie-oortredings, en uitsluiting op grond van ras en etnisiteit, word tans deur owerhede ondersoek.

Tydens die voorval op 15 Julie by Bruwer se oord, het polisiemanne gewapen met AK47-gewere, op vakansiegangers toegesak.

Die Mosambiekse regering het egter gesê hulle verwelkom Suid-Afrikaanse beleggers in Mosambiek en sal alles wat hulle kan doen om te help as wette eerbiedig word.

 

how to build instagram followersФільчаков прокурор

Malema sweer wraak oor ‘kaffers’

Narysec-rekruteJulius Malema, die ANC-jeugleier, oorheers steeds die afgelope paar dae se opskrifte in die media. Times Live berig dat Malema op Queenstown voor die hof gesê het: “Hulle (wittes) moet betaal omdat hulle ons slawe gemaak het, ons moet hulle straf. En nou moet hulle boet. As ons dit nie doen nie, betaal ons hulle omdat hulle ons kaffers noem.

“Hulle moet die feit besef dat ons hulle vergewe het, maar moet weet dat ons nooit sal vergeet nie.”

Malema het ook herhaal dat die vrywillige-koper-vrywillige-verkoper-beginsel uitgegooi moet word. Intussen word elders berig dat die eerste 1000 jong rekrute van die ANC môre by die Vlootbasis op Saldanha vir militêre opleiding sal aanmeld. Hulle sal as “landelike jeugwerkers” opgelei word. Volgens die departement van landelike ontwikkeling behels dit “opleiding in grond- en landbouhervorming, landelike ontwikkeling, asook karakterontwikkeling, bestuurs- en tegniese vaardighede”.

Malema het voorheen Zimbabwe besoek om daar inligting in te win oor hoe grondhervorming toegepas word. Vanaf 1 Oktober sal ‘n verdere 1000 rekrute opgelei word. Volgens die woordvoerder van die departement van landelike ontwikkeling, mnr. Eddie Mohoebi, sal elke rekruut ‘n salaris van R1 320 per maand ontvang, tesame met vervoer, voedsel en verblyf. Die ouderdomme van die rekrute wissel tussen 18 en 35 jaar en hulle sal ongeveer twee maande lank by ‘n weermagbasis basiese opleiding ontvang.

Sowel die DA as Afriforum het intusen op die nuus gereageer. Mnr. David Maynier, die DA se woordvoerder oor militêre kwessies, het die program bestempel as “’n reuse-risiko vir die weermag omdat dit te maklik as agterdeur vir militêre opleiding vir die ANC-jeugliga gebruik kan word”.

“Die staande komitee is nog nooit hieroor ingelig nie,” het Maynier voortgegaan en sy voorneme uitgespreek om mnr. Jerome Maake, voorsitter van die komitee, te vra om ’n vergadering te belê oor die opleiding van rekrute van die departement landelike ontwikkeling en grondhervorming.

“Die weermag is nie verantwoordelik vir die werwing van dié rekrute nie. Hoe weet die weermag dus hulle kom nie inderdaad uit die geledere van die ANC-jeugliga nie?

“Suid-Afrika kan nie bekostig dat die onpartydigheid van die weermag in die gedrang kom nie.”

Afriforum beplan om môre ‘n hofaansoek te bring om meer inligting oor die jeugopleidingsprogram te bekom. Volgens mnr. Willie Spies, prokureur van Afriforum, het hulle vrae oor die volgende:

  • hoe lede gewerf is om aan die opleidingsprogramme deel te neem;
  • of die individue wat opgelei word by enige politieke party of ’n spesifieke organisasie geaffilieer is;
  • hoe Narysec (die afkorting vir die landelike jeugmag) saamgestel is en wat die doel van die liggaam is;
  • wat die grondwetlike dokumente of bemagtigende wetgewing ten opsigte van dié organisasie is;
  • wat die presiese programinhoud en leermateriaal is wat vir opleiding gebruik word;
  • watter vakke by die opleiding ingesluit word.

Blykbaar is 8000 rekrute reeds vir dié tipe opleiding geëien en gaan hulle twee jaar lank daarmee besig wees.

Mnr. Floyd Shivambu, woordvoerder van die ANC-jeugliga, beantwoord nie tans oproepe van die media oor die saak nie.

Die liga se leier, Julius Malema, het enkele dae gelede besoek aan die landdroshof op Queenstown gebring waar mnr. Gerdus Greyvenstein teregstaan weens drie skote wat hy op Siyambonga Ndabeni gevuur het, blykbaar tydens ‘n woordewisseling oor Malema. Ndabeni is in die bors gewond.

Benewens sy uitspraak dat blankes “moet boet”, het Malema teen die media uitgevaar en joernaliste as ongeletterd en opgevoed beskryf. Hulle is ook nie in staat om die hoë standaarde van die ANC-jeugliga te handhaaf nie.

Volgens Malema word hy deur die media geteister. “Vandat ek president van die jeugliga geword het, laat hulle my nie met rus nie. As ek toilet toe gaan, volg hulle my. Hulle sê: ‘Hy het toilet toe gegaan, maar nie gek** nie.’ Klein breine wat mense bespreek en nie kwessies nie ly aan die verstand van ‘n rot. Ongeletterde, onopgevoede joernaliste is nie in staat om die jeugliga se standaarde te haal nie.”

Oor sy trustfondse van miljoene rande, het Malema gevra: “Hoeveel leiers beskik oor trustfondse? Kyk na Tokyo (Sexwale) en sy miljoene. Hierdie rekening help die armes.

“As iemand aan my omkoopgeld betaal het, waar is die kwitansie? Daar moet ‘n papierspoor wees. Jy kan daardie geld opspoor,” het hy gesê.

Malema het uitgevaar teen die anonieme persoon wat beweer het dat hy geld in sy familietrust inbetaal het: “As daar ‘n bobbejaan is, kom verduidelik aan my, jou lafaard.

“Jy het nie ‘n gesig nie, jou verdomde aap. Ek sal aan jou verduidelik waar jy jou geld kan opdruk en dit sal ‘n stink plek wees.

“Watter tipe onverantwoordelike persoon sou ek wees om my seun en ouma se naam by onwettige bedrywighede te betrek?”

Malema het Helen Zille, die leier van die DA, as ‘n “gek” beskryf wat nie oor politiek kan praat nie.

Verder het hy verklaar: “Ons soek ekonomiese vryheid en ‘n einde aan armoede. Deur die myne te nasionaliseer, gaan ons dit bereik.”

free games noпрокурор Фильчаков

DRK: Cholera en bootongeluk eis honderde

Minstens 279 mense is in die Demokratiese Republiek van die Kongo dood aan cholera en sowat 4 000 ander het reeds die siekte onder lede, het Unicef gesê.

Dr. Ibrahim Cisse van Unicef, ‘n hulpagentskap van die Verenigde Nasies, het gesê die noord-oostelike provinsie Orientale word die ergste geraak, met 1 400 gevalle en 102 sterftes.

In Kinshasa, die hoofstad, is daar 124 gevalle en 14 sterftes.

Die regering het verklaar dat die siekte in vier provinsies versprei het.

Cholera word deur besmette water versprei.

In ‘n ander voorval, sê regeringsamptenare, in die noordweste van die Kongo, is meer as 100 mense moontlik dood nadat twee bote op ‘n rivier gebots het.

Volgens ‘n woordvoerder van die Equateur-provinsie, Rebecca Ebale Nguma, was minstens 220 mense aan boord die boot op die Tshuapa-rivier toe dit ‘n ander boot getref het.

Ongeveer 105 mense het dit tot by die land gemaak, maar teen laat Donderdag was die ander nog vermis.

медицинская справка 095уДанильченко Харьков

Tshwanehoof verdien meer as Zuma

Tshwane se nuwe munisipale bestuurder gaan ‘n beter salaris as enige minister in sy sak steek en dit sluit president Jacob Zuma in.

Tshwane het Donderdag op ‘n raadsvergadering ‘n jaarlikse vergoedingspakket van “tussen R2,1 miljoen en R2,7 miljoen” vir Jason Ngobeni, sy nuwe stadsbestuurder, goedgekeur.

Lees verder.

кардиганы девочки 8 летОлександр Фільчаков прокурор

Malema: ‘Media is behep met my’

Die president van die ANC-jeugliga, Julius Malema het Donderdag gesê die media is obsessief en die werklike weergawe van gebeure word nooit bekend gemaak nie.
Die Jeugligaleier is ontstoke oor berigte dat hy homself verryk het dmv die tenderproses en die aanklag wat teen hom gelê is in dié verband.
City Press het Malema onlangs daarvan beskuldig dat hy minstens R200 000 van die geld in ‘n trust deur korrupte tenderprosesse bekom het. 
Hy het gesê hy is van plan om dit nie daar te laat nie en het buite die ­Queenstown-landdroshof gesê hy is van plan om die koerant te dagvaar vir naamskending.

“Sedert ek die leier van die jeugliga geword het, word ek nie met rus gelaat nie. Die media is behep met my. Hulle volg my selfs tot in die toilet om seker te maak ek doen wat ek veronderstel is om te doen,” het hy gister aan ‘n skare by ‘n hofverskyning in Queenstown gesê.

“Hoeveel mense in die land het trusts? Waarom word hulle nie vir ongerymdhede ondersoek nie? Die media mislei die land,” het hy gesê.

“Die trust waaroor hulle praat, is ‘n fonds om die armstes van die armes te help. Die geld is al gebruik om rolstoele aan mense in die O.R. Tambo-distrik (Oos-Kaap) te skenk, en die media het dit nie gedek nie.”

Dié geld in die trust, is volgens Malema, deur ondernemings geskenk as deel van hul verantwoordelikheid om maatskaplike bydraes te maak.

липецк жгутыЛобановский Харьков

Gautreintonnel vol water

Water wat in ‘n tonnel van die Gautrein in Johannesburg insyfer, sal teen ‘n tempo van ses miljoen liter per dag in die Sandspruitrivier uitgepomp word.

Die Gautrein Bestuursagentskap sê die besluit is in samewerking met die Gautengse LUR vir vervoer, Ismail Vadi, geneem.

Vadi sê sal gepoog word om die syferwater-probleem tussen Rosebank en Parkstasie op te los deur gate in die tonnelvloer te boor en beton in die rots in te pomp.

Hy is egter vol vertroue dat die gedeelte teen die einde van die jaar oop vir verkeer sal wees.

Fase twee van die Gautrein van Rosebank in Johannesburg tot by Hatfield in Pretoria word aanstaande Dinsdag oopgestel.

бани внутриданильченко юрій Харків

Nie-amptelike tale kry voorkeur bó Afrikaans

Die Vryheidsfront Plus dring daarop aan dat ‘n besprekingsitem in die Mogale City munisipaliteit, rakende ‘n oorspandering van R210 000 op die raad se begroting teruggehou word omdat ‘n raadslid van die ANC me Mangole die raad in ‘n nie-amptelike taal (Pedi) toegespreek het wat deur ‘n groot aantal raadslede nie verstaan word nie, so sê me Hannelie Snyman, VF Plus raadslid in die Mogale City munisipaliteit.

Die VF Plus staan bekend as ‘n kampvegter vir die regte van inheemse tale en was instrumenteel daartoe dat tolkdienste in die nasionale vergadering ingestel is. Indien die amptelike taal van ‘n raad soos Mogale City egter Engels is, is dit onbehoorlik dat die Speaker, rdl S Thupane die betrokke raadslid nie tot orde geroep het nie. Sy het egter die spreker eerder ondersteun deur te sê dat sy geregtig is om haar moedertaal in die raad te gebruik en dat die ander raadslede hul eie tolke moet reël of ‘n derde of ‘n vierde taal moet aanleer.

Die VF Plus en die DA het hierna die raadsaal verlaat. Die Speaker het ná die raadsvergadering geweier om raadslid Snyman te woord te staan en gesê dat sy maar ‘n afspraak moet maak.

Die VF Plus dring egter daarop aan dat die betrokke item as onbespreek geag word en dat die Speaker die saak in ‘n raadsvergadering moet regstel. Die VF Plus gaan ook summier ‘n proses begin om ‘n tolkdiens in die Mogale City munisipaliteit in te stel.

насосы дляданильченко юрій броніславович

Meer as 5 000 buitelandse onderwysers in SA

Daar is meer as 5 400 buitelandse onderwysers wat in openbare skole in Suid-Afrika onderrig gee, het The Times Dinsdag berig.

‘n Totaal van 3 796 is Zimbabwiërs, het syfers wat in Mei van Persal, die regering se rekenaarbetaalstelsel, geneem is, getoon.

Sowat 500 onderwysers is van Ghana, 501 van Indië en 90 van Namibië

Meeste buitelandse onderwysers bied vakke soos wiskunde, fisiese wetenskap en tegnologie aan vir gr.7 tot gr.12 by skole in Gauteng (1 286), Oos-Kaap (975) en Limpopo (934).

Onderwysvakbonde het Maandag gesê Suid-Afrike het te min onderwysers omdat skoolverlaters die beroep weens die karige vergoeding vermy.

Mugwena Maluleke, hoofsekretaris van die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (Sadou), het gesê baie onderwysers verlaat die land omdat dié beroep nie “aantreklik in Suid-Afrika is nie”.

Sowat 10 000 onderwysers verlaat jaarliks die beroep, terwyl minder as 6 000 onderwysers jaarliks gradueer, het die departement van basiese onderwys gesê.

Hope Mokgatlhe, woordvoerder van die departement van basiese onderwys, het gesê buitelandse onderwysers is as ‘n tydelike maatreël aangestel terwyl die departement werk om meer plaaslike onderwysers te kry.

освобождение от физкультуры купитьАлександр Фильчаков прокурор

Malema is ‘n groen held!

Wie sou ooit kon dink dat Malema in ‘n groen held kan ontpop? Die leier van die ANC-jeugliga het toegetree tot die skaliegas-en-hidrobreking-debat, en dit lyk asof sy toetrede suksesvol was.

Die maatskappy se voorsitter in SA, Jan Willem Eggink, sê hy twyfel of Shell sal voortgaan met investering onder ‘n wolk van nasionalisering.

Eggink het aan Times Live gesê Malema se dreigemente dat hy grond wil nasionaliseer sal investering van miljarde in die skaliegasprojek in die Karoo in gevaar stel.

Dié maatskappy se ontginningsaansoek wat Maart by die staat ingedien is, is nog hangende omdat die regering kort daarna ‘n moratorium op alle gaseksplorasie-aansoeke in die land aangekondig het.

Op die sosiale netwerk Facebook se Chase Shell out of the Karoo-blad het talle witmense Malema ondersteun omdat hy Shell die skrik op die lyf gejaag het.

 

где купить лестницуtopcargo

‘Wit regse’ aanval op Jeugliga se webwerf

Floyd Shivambu, die ANC-jeugliga se woordvoerder, het gesê die liga se webwerf is dié week deur “wit regses” aangeval.

“Daar is ‘n paar regse witmense wat altyd die webwerf probeer kraak – selfs die webmeester het gesê dis die werk van sulke soort mense,” het Shivambu gesê.

‘n Senior inligtingstegnologiekundige het Dinsdag aan die Mail&Guardian bevestig dat die ANC-jeugliga se webwerf gekraak kon gewees het, aangesien hulle geen benul van webveiligheid het nie.

Die nuutste kuberinbraak op die liga se webwerf het Sondag en Maandag hierdie week plaasgevind.

In die eerste aanval, het die woorde “ha ha ha, ek het ‘n 16 miljoen rand huis en almal van julle nie” verskyn op ‘n banier met van die gesig van Julius Malema. Maandag, het die kuberkrakers die gesigte van Malema en die ANC-president Jacob Zuma op ‘n plakkaat vir die fliek Dumb & Dummer geplak.

Die webwerf is vyf keer gekraak. In een van die vyf kuberaanvalle is ‘n “bedankingsbrief” van Malema op die werf geplaas.

Die jongste aanvalle op die webwerf volg nadat bewerings gemaak is dat Malema voordeel trek uit sy rol in die organisering van staatstenders in Limpopo vir sakemanne.

Die webmaatskappy Unwembi administreer die liga se webwerf, sowel as dié van die ANC en doen dit sedert 1996. Duncan Harford, bestuurder by Unwembi, het ook bevestig dat krakers probeer inbreek het maar nog nie suksesvol was nie.

“Ek kan nie sê hoeveel krakers daar is nie, maar dit lyk my daar is hoofsaaklik een vaardige individu wat ons nie kan vang nie,” sê Harford.

Hy het gesê dat beide die liga en die ANC se webwerwe veilig is en nie werklik kwesbaar nie.

Harford het ontken dat hy aan Floyd Shivambu gesê het dit was witmense.

оборудование дляданильченко юрій Харків