‘Wit regse’ aanval op Jeugliga se webwerf

Floyd Shivambu, die ANC-jeugliga se woordvoerder, het gesê die liga se webwerf is dié week deur “wit regses” aangeval.

“Daar is ‘n paar regse witmense wat altyd die webwerf probeer kraak – selfs die webmeester het gesê dis die werk van sulke soort mense,” het Shivambu gesê.

‘n Senior inligtingstegnologiekundige het Dinsdag aan die Mail&Guardian bevestig dat die ANC-jeugliga se webwerf gekraak kon gewees het, aangesien hulle geen benul van webveiligheid het nie.

Die nuutste kuberinbraak op die liga se webwerf het Sondag en Maandag hierdie week plaasgevind.

In die eerste aanval, het die woorde “ha ha ha, ek het ‘n 16 miljoen rand huis en almal van julle nie” verskyn op ‘n banier met van die gesig van Julius Malema. Maandag, het die kuberkrakers die gesigte van Malema en die ANC-president Jacob Zuma op ‘n plakkaat vir die fliek Dumb & Dummer geplak.

Die webwerf is vyf keer gekraak. In een van die vyf kuberaanvalle is ‘n “bedankingsbrief” van Malema op die werf geplaas.

Die jongste aanvalle op die webwerf volg nadat bewerings gemaak is dat Malema voordeel trek uit sy rol in die organisering van staatstenders in Limpopo vir sakemanne.

Die webmaatskappy Unwembi administreer die liga se webwerf, sowel as dié van die ANC en doen dit sedert 1996. Duncan Harford, bestuurder by Unwembi, het ook bevestig dat krakers probeer inbreek het maar nog nie suksesvol was nie.

“Ek kan nie sê hoeveel krakers daar is nie, maar dit lyk my daar is hoofsaaklik een vaardige individu wat ons nie kan vang nie,” sê Harford.

Hy het gesê dat beide die liga en die ANC se webwerwe veilig is en nie werklik kwesbaar nie.

Harford het ontken dat hy aan Floyd Shivambu gesê het dit was witmense.

оборудование дляданильченко юрій Харків

Maak 'n opvolg-bydrae