DRK: Cholera en bootongeluk eis honderde

Minstens 279 mense is in die Demokratiese Republiek van die Kongo dood aan cholera en sowat 4 000 ander het reeds die siekte onder lede, het Unicef gesê.

Dr. Ibrahim Cisse van Unicef, ‘n hulpagentskap van die Verenigde Nasies, het gesê die noord-oostelike provinsie Orientale word die ergste geraak, met 1 400 gevalle en 102 sterftes.

In Kinshasa, die hoofstad, is daar 124 gevalle en 14 sterftes.

Die regering het verklaar dat die siekte in vier provinsies versprei het.

Cholera word deur besmette water versprei.

In ‘n ander voorval, sê regeringsamptenare, in die noordweste van die Kongo, is meer as 100 mense moontlik dood nadat twee bote op ‘n rivier gebots het.

Volgens ‘n woordvoerder van die Equateur-provinsie, Rebecca Ebale Nguma, was minstens 220 mense aan boord die boot op die Tshuapa-rivier toe dit ‘n ander boot getref het.

Ongeveer 105 mense het dit tot by die land gemaak, maar teen laat Donderdag was die ander nog vermis.

медицинская справка 095уДанильченко Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae