Malema is ‘n groen held!

Wie sou ooit kon dink dat Malema in ‘n groen held kan ontpop? Die leier van die ANC-jeugliga het toegetree tot die skaliegas-en-hidrobreking-debat, en dit lyk asof sy toetrede suksesvol was.

Die maatskappy se voorsitter in SA, Jan Willem Eggink, sê hy twyfel of Shell sal voortgaan met investering onder ‘n wolk van nasionalisering.

Eggink het aan Times Live gesê Malema se dreigemente dat hy grond wil nasionaliseer sal investering van miljarde in die skaliegasprojek in die Karoo in gevaar stel.

Dié maatskappy se ontginningsaansoek wat Maart by die staat ingedien is, is nog hangende omdat die regering kort daarna ‘n moratorium op alle gaseksplorasie-aansoeke in die land aangekondig het.

Op die sosiale netwerk Facebook se Chase Shell out of the Karoo-blad het talle witmense Malema ondersteun omdat hy Shell die skrik op die lyf gejaag het.

 

где купить лестницуtopcargo

Maak 'n opvolg-bydrae