Janne Kristiansen het ook argumente van die verdediging verwerp wat aanvoer dat die vermeende moordenaar, Anders Behring Breivik, kranksinnig is. Kristiansen meen Breivik het ‘n gesonde verstand en dat hy “van die duiwel” is.
“Ek kan in die algemeen vir julle sê dat ons tot dusver geen bewyse het van ander selle nie, nie in Noorweë of in Brittanje nie,” het Kristiansen aan die BBC gesê.
“Ons plaas groot fokus op hierdie vraag (van ander selle) en ons fokus was sedert Vrydag daarop, maar sover, ná vier dae, het ons geen bewyse nie,” het sy bygevoeg.
Die media het die afgelope week berig dat daar in ‘n manifes wat deur Breivik geskryf is vertel word hoe hy bande het met Britse verregses. Hy beweer glo ook hy was in kontak met die English Defence League (EDL).
Volgens Kristiansen kyk hulle na moontlike vergaderings wat hy met die groep gehad het.
Die EDL ontken dat hy enige kontak met Breivik gehad het.
