Die VF Plus staan bekend as ‘n kampvegter vir die regte van inheemse tale en was instrumenteel daartoe dat tolkdienste in die nasionale vergadering ingestel is. Indien die amptelike taal van ‘n raad soos Mogale City egter Engels is, is dit onbehoorlik dat die Speaker, rdl S Thupane die betrokke raadslid nie tot orde geroep het nie. Sy het egter die spreker eerder ondersteun deur te sê dat sy geregtig is om haar moedertaal in die raad te gebruik en dat die ander raadslede hul eie tolke moet reël of ‘n derde of ‘n vierde taal moet aanleer.
Die VF Plus en die DA het hierna die raadsaal verlaat. Die Speaker het ná die raadsvergadering geweier om raadslid Snyman te woord te staan en gesê dat sy maar ‘n afspraak moet maak.
Die VF Plus dring egter daarop aan dat die betrokke item as onbespreek geag word en dat die Speaker die saak in ‘n raadsvergadering moet regstel. Die VF Plus gaan ook summier ‘n proses begin om ‘n tolkdiens in die Mogale City munisipaliteit in te stel.
